Dit mag dalk nie op fynproewersvlak wees nie, maar die opstelronde van die Curriebekerreeks het die afgelope naweek volop aanskoulike rugby opgelewer wat die toeskouers nie teleurgestel het nie.
Lees meerAlles vir Saterdag 9 Julie 2016
Byna R160 000 vir ʼn trossie druiwe
ʼn Vrugtehandelaar het Donderdag ʼn trossie druiwe met 30 korrels vir R159 000 gekoop by ʼn vrugteveiling in Japan.
[Video] SA’ner in bul-stormloop beseer
‘n 73-jarige Suid-Afrikaner is een van die 14 mense wat Vrydag beseer is tydens die jaarlikse stormloop van die bulle in Pamplona, Spanje.
Soettande dalk binnekort bitter oor nuwe belasting
Die voorgestelde belasting kom teen ʼn agtergrond van ʼn toenemende wêreldwye kommer oor vetsug as gevolg van ʼn hoë suikerinname.
Tandheelkunde-vleuel beskadig tydens brand
Toerusting en medisyne is verwoes toe ʼn brand by die tandheelkunde-kliniek van die OR Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg uitgebreek het.
Pasgebore baba dood aangetref in Jhb
ʼn Pasgebore baba is Saterdagoggend dood aangetref in ʼn veld in Lenasia, Johannesburg.
Optog na Mugabe se huis is ‘hoogverraad’
ʼn Groep wat glo ʼn optog sou organiseer om Saterdag na pres. Robert Mugabe van Zimbabwe se staatshuis op te ruk om sy bedanking te eis, het ontken dat hulle op sosiale media ondersteuning vir dié aksie versoek het.
Man vas oor ongeslypte diamante
ʼn 48-jarige man van Eersterivier is in hegtenis geneem toe hy met ongeslypte diamante betrap is.
Boek: Boudebiljoenêr
Ontmoet Joe Spud, die wêreld se rykste twaalfjarige. Joe het alles wat sy hart kan begeer, maar daar’s een ding wat hy regtig nodig het…
Boer se ‘moordenaars’ en ander steeds soek ná ontsnapping
Die polisie in Noordwes is nog steeds op soek na agt van die 10 verhoorafwagtendes wat byna ʼn maand gelede, op 17 Junie, uit die Mogwase- korrektiewe sentrum ontsnap het.
Sewe in hof oor aanlyn-vlerksleep bedrog
Die staatsaanklaer het versoek die saak oorgedra moet word na die landdroshof in Pretoria-Noord.
Modi se besoek verstewig handelsbande tussen SA, Indië
Handelsvennootskappe tussen Suid-Afrika en Indië is Vrydag verstewig toe die twee lande minstens ses memoranda van verstandhouding onderteken het.
MRK moet Malema-uitsprake ondersoek, vra VF Plus
Die VF Plus het die SA Menseregtekommissie (MRK) versoek om klagte te ondersoek teen die EFF-leier, Julius Malema, nadat hy mense onder meer aangehits het om onwettig grond van wittes af te neem en te beset.
Ontploffing by Pta-steengroef: Ondersoek duur voort
Die bestuurspan van AfriSam het Vrydag met lede van die gemeenskap en beseerde besoekers vergader ná ʼn ontploffing by ʼn oop steengroef in Pretoria skeefgeloop het.
Cosatu ruk op na departement oor Lily-myn
Die vakbondfederasie Cosatu en die vakbond NUM sal volgende week na die departement van minerale hulpbronne opruk om te eis dat die regering die probleme by Lily-myn in Barberton, Mpumalanga sal oplos waar drie werkers al sedert Februarie ondergronds vasgekeer is.
Gedagte vir die dag: Die ewige lewe
Toe sê Jesus vir haar: ‘Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?’ (Johannes 11:25–26)