Die wêreld se oudste lewende tweeling, Pieter en Paulus Langerock van België, het pas 103 jaar oud geword.
Lees meerAlles vir Sondag 10 Julie 2016
[Video] Sagte botter in ʼn japtrap
Het jy vergeet om die botter uit die yskas te haal en nou sukkel jy om dit sag te kry? Probeer gerus dié wenk!
50 ANC-lede loop oor na DA in Ekurhuleni
Die Demokratiese Alliansie het Saterdag 50 lede van die ANC, wat na die DA oorgestap het, in Ekurhuleni aan die Oos-Rand verwelkom.
Polisie gryp gou in om swanger vrou te help
Beamptes van die Morokweng-polisie in Noordwes het vandeesweek gou ingespring om ʼn 36-jarige vrou te help wat voor die stasie begin kraam het.
Simonstad-kuslyn gesluit vir rooikat wat pikkewyne vang
ʼn Gedeelte van Simonstad naby Kaapstad se kuslyn is tot verdere kennisgewing gesluit vir die publiek.
Wetenskaplikes sê Australië het Vigs geklop
Topwetenskaplikes in Australië het “die einde van Vigs” as ʼn openbaregesondheidskwessie in Australië aangekondig.
Matador sterf tydens stiergeveg
ʼn Matador is Saterdag dood toe ʼn bul hom tydens ʼn stiergeveg in Spanje deurboor het.
Polisie onderskep R2,5 miljoen bier bestem vir onwettige myners
Lede van die misdaadvoorkomingseenheid het ʼn wenk ontvang wat daartoe gelei het dat daar beslag gelê is op miljoene rand se bier in Odendaalsrus in die Vrystaat.
SAUK stel geskorste werknemers se verhore onbepaald uit
Die SAUK het die drie geskorste werknemers, Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter se dissiplinêre verhoor onbepaald uitgestel. Die verhoor sou op Maandag 11 Julie begin het.
13 beseer toe bus aan die brand slaan
Minstens 13 persone is beseer toe ʼn bus Saterdag op die M19 voor die N2-wisselaar aan die brand geslaan het.
18-jariges het glo Greytown-boer vermoor
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Sarel David Theron (49) wat op sy plaas in Seven Oaks in Greytown, KwaZulu-Natal vermoor is.
Turnbull se konserwatiewe party wen in Australië
Australië se eerste minister, Malcolm Turnbull, het Sondag verklaar dat sy konserwatiewe koalisie die verkiesing gewen het.
Vrou beseer toe sy in berg vasry
ʼn 24-jarige vrou is Saterdagoggend beseer toe sy met haar nutsvoertuig in ʼn berg vasgery het in die Outeniekwapas in George, Wes-Kaap.
Gedagte vir die dag: Woorde
Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. (Psalm 19:8)