Die halfeindstryd Saterdag in die Griffons-Luiperdsoorgrensliga tussen Welkom en Vaal Reefs in Welkom kan `n rillerstryd oplewer.
Lees meerAlles vir Donderdag 14 Julie 2016
SWD-Liga: Groot-Brak byt nog `n grote
Groot-Brakrivier het Saterdag met nog een van die voorlopers in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga afgereken en klop hard aan die deur om in die halfeindronde te speel.
OP: Despatch looi Polisie; hofsaak gaan voort
Despatch, wat Port Elizabeth Polisie se deelname aan die internasionale reeks om die Goue Beker teenstaan, het die Bobbies Dinsdag oortuigend 40-22 in die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks geklop.
KZN-liga: Rovers, Collegians in `eindstryd’
Saterdag se wedstryd in die KwaZulu-Natalse Premierliga tussen College Rovers en Durban Collegians is in wese `n eindstryd omdat die wenner as die bond se Moorbeker-kampioen gekroon sal word.
Hare waai oor president se buitensporige haarrekening
Die Franse president Francois Hollande lyk nie soos iemand wat €10 000 (ongeveer R158 000) per maand aan sy hare spandeer nie.
Renosterstroper weer aangekeer
ʼn 43-jarige verdagte wat in 2015 vrygelaat is op borgtog maar nie by daaropvolgende hofverskynings weer opgedaag het nie, is weer aangekeer en het vandag in die Pinetown-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.
Vyf motors by Rustenburg-sportterrein aan die brand gesteek
Vyf voertuie, insluitend ʼn ambulans, is Woensdagaand in Sunrise Park naby Rustenburg in Noordwes aan die brand gesteek.
Vuilspel word nie vermoed by kinderhuis-brand
Die polisie in KwaZulu-Natal het Donderdag gesê geen vuilspel word in hierdie stadium vermoed ná agt persone, waaronder sewe kinders, tydens ʼn brand by ʼn kinderhuis gesterf het nie.
Australiër in Pta-hof oor bedrog
Luke David Bracken (55) van Australië het Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van bedrog.
Publiek gewaarsku oor misdaad by begraafplase
Die polisie in die Vrystaat is op soek na twee verdagtes, tussen 20 en 25 jaar oud, ná ʼn verkragting by die Botshabelo-begraafplaas in Bloemfontein.
Geen planne om Tesla se selfbestuur af te skakel nie
Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla Motors, het nog geen planne om die selfbestuurfunksie af te skakel ná ʼn noodlottige ongeluk met een van dié motors nie.
[Foto’s] Betoging ruk Meyerton tot stilstand
Besighede in Meyerton, Gauteng, moes noodgedwonge Donderdagoggend hul deure sluit, nadat ʼn gewelddadige betoging uitgebreek het en minstens tien mense in hegtenis geneem is.
[Resep] Piesangdriehoekies
Jou baba is reg vir vingerkos wanneer hy al iets in sy vuis, of tussen sy vingers kan vashou en as hy al koubewegings maak. Die meeste babas van tussen 8 en 9 maande sal vingerkos geniet.
Zuma: ‘Skok oor rand van korte duur’
Zuma het wel toegegee die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het meer as R99 miljard in die nadraai van Nene se afdanking verloor.
[Wen] ‘Daa’ gaat die bruid!’ gaan jou laat skater
Die klugkoning, Frans Swart, se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa’ gaat die bruid!, is vanjaar by die Suid-Afrikaanse Staatsteater in Pretoria te sien tussen 19 en 24 Julie.
[Video] Selfies vir die voëls!
Bryson Lovett van Los Angeles in Kalifornië, ʼn kranige voëlkyker, het ʼn spesiale foto-hokkie vir voëls geskep om unieke foto’s vas te vang.
Olifant vertrap vrou in KZN-reservaat
ʼn Olifant het ʼn 47-jarige vrou Dinsdagoggend in die Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat in KwaZulu-Natal doodgetrap.
Meisie in Zuma-foto’s ‘familievriend’
Die jong meisie wat in foto’s verskyn saam met pres. Jacob Zuma, wat haar onder meer op die wang soen, is glo ʼn familievriend wat hy help grootmaak het, volgens bronne na aan die presidensie.
[Video] Meisies verstom met fietsry-ballet
Dié meisies kan fietsry. Met hul tweewielfietse ry hulle agteruit, vleg hulle tussen mekaar deur en verstom hulle die skare met hul balans.
Trotseer yskoue seewater vir liefdadigheid
ʼn Ysbeertjie-swemprojek word op 6 Augustus by Victoriabaai in die Wes-Kaap aangebied om komberse en ander warm goed vir die winter in te samel vir haweloses en behoeftiges in Oudtshoorn.