Die mislukte militêre staatsgreeppoging in Turkye oor die naweek onderstreep die ongelukkigheid met die bewind van die Turkse regering. Turkye se president, Recep Tayyip Erdoğan, die diktator van Istanboel, het die afgelope paar jaar die hele magsbalans in Turkye, die Midde-Ooste en Europa versteur deur sy verstommende swak keuses en besluite.
Alles vir Maandag 18 Julie 2016
Luister: ʼn Nuwe klank vir Liza Brönner
Die sangeres Liza Brönner se jongste album Dans op jou eie is pas bekendgestel en sy meen dis ʼn nuwe klank wat aanhangers sal geniet.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 18 Julie
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
[Resep] Lemoenmarmelade
Dit is belangrik dat marmelade nie te soet moet wees nie, maar eerder die kenmerkende smaak moet hê van die vrug waarvan dit gekook is.
Brexit is goed vir die Weste en vir klein gemeenskappe
Vir Afrikaners is Brexit en sy nadraai van baie groot belang. Brexit wys dat Afrikaners se stryd om erkenning as gemeenskap te midde van ander gemeenskappe en sy strewe na demokratiese selfregering, sy plek inneem as deel van ’n wydlopende internasionale beweging, meen prof. Koos Malan.
Entrepreneurskap: Vervoer vir werkers is ʼn droom
Jacques Basson gesels met die entrepreneur Iaan van Niekerk van Skitterblink-skoonmaakdienste. Die volledige onderhoud waar Iaan sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag om 10:00 gepubliseer.
ToekomsVenster: Genees ons land
Ons hande is reeds hemelwaarts uitgesprei. “Here, kom red ons van hierdie boosaardige bestel. Raap ons en skraap ons, maar kom haal ons net. Die res, wel hulle kry wat hulle verdien. Die onverskillige klomp swape het gesaai op die akker van ongeloof en moet nou maar sien kom klaar.
Pendoring 2016: Opskud, inskrywings sluit binnekort
Die gesogde Pendoring-toekennings is om die draai en advertensies wat van 1 Augustus 2015 tot 31 Julie 2016 uitgesaai/gepubliseer is, kan nou ingeskryf word.
Nuuskommentaar: Solidariteit-DKD-saak wys wie het ruggraat
Oor ’n hele wye politieke spektrum is steun toegesê aan die konstitusionele hof se uitspraak in die Solidariteit-DKD-saak, maar tog, so kort voor ’n belangrike verkiesing, is partye, ook partye waarvan dit nie verwag is nie, besonder swygsaam hieroor.
Nóg drie polisiebeamptes in VSA doodgeskiet
Drie polisiebeamptes is dood en drie gewond nadat ʼn gewapende aanvaller Sondag in Baton Rouge, die hoofstad van Louisiana, op hulle losgebrand het.
So gaan Zuma en sy se trawante voort
Dit lyk asof dit nie tot Suid-Afrika se President Jacob Zuma deurdring dat Zimbabwe bankrot is nie. Sy insolvensie is hoofsaaklik te wyte aan die regerende elite, onder die leierskap van Robert Mugabe, wat die nasionale tesourie gebruik as sy persoonlike kitsbank.
Kom kyk rugby en kry `n pastei!
Die Australiërs is baie lief vir hul vleispasteie, so lief dat die Brumbies dit as `n lokmiddel sal gebruik om meer toeskouers deur die hekke te laat stroom vir Vrydagaand se Superrugby-kwarteindstryd tussen die Brumbies en Highlanders in Canberra.
Vrou kritiek ná perd skrik
ʼn 52-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg geneem nadat sy Sondagmiddag van ʼn perd afgeval het.
‘HKGK’ – Snotkop
As jy nog jonk van gees is en van harde laatnagpartytjies hou, is hierdie album vir jou. Snotkop hou die vloei van die album besonders goed met die partytjietema en wyk nie daarvan af nie. Die liedjies wat mooi rym en maklik saamsing, handel oor meisies, vinnige motors, harde partytjies en lekker tye saam met vriende.
Beplande wateronderbrekings in Pta uitgestel
Die stadsraad van Pretoria het besluit om die geskeduleerde instandhouding en opgradering van die waterverskaffingsnetwerk in die oostelike voorstede van Pretoria onbepaald uit te stel.
Grondwet lei besluit oor Tafelberg-skoolgrond, sê Zille
Daar is nog geen besluit geneem oor die verkoop van die ou Tafelberg-skoolperseel in Seepunt in Kaapstad nie, het premier Helen Zille Sondag gesê.
Vrou tydens KZN-huisroof geskiet
ʼn Vrou is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat sy Sondagmiddag tydens ʼn huisrooftog in La Lucia, KwaZulu-Natal, geskiet is.
22 beseer in Limpopo-busongeluk
Minstens 22 persone is Sondagaand beseer tydens ʼn ongeluk tussen twee busse op die R36 buite Tzaneen.
Gedagte vir die dag: As jy deur diep waters gaan
Van bo af het Hy sy hand na my toe uitgestrek en my gegryp, my uit geweldige waters uitgelig. (Psalm 18:17)