Altesaam 21 onwettige vuurwapens is Woensdag in ʼn huis in Bellair in Durban gevind.
Lees meerAlles vir Donderdag 21 Julie 2016
Twee vas na kitsbankontploffing
Twee verdagtes is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem ná ʼn mislukte kitsbankrooftog in Mitchells Plein buite Kaapstad.
Repokoers bly onveranderd
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het Donderdag aangekondig die repokoers sal dieselfde bly en gesê onsekerheid oor die langtermynmarkte en globale implikasies van Brexit vertroebel die vooruitsigte.
Reeva se ouers ondersteun ‘stryd vir geregtigheid’
Reeva Steenkamp, wat op Valentynsdag 2013 deur die voormalige paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, doodgeskiet is, se ouers het Donderdag gesê hulle ondersteun die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se “stryd vir geregtigheid” vir hul dogter.
Jhb-man in oprit geskiet
Die Gautengse polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn 68-jarige man Donderdagoggend tydens ʼn kaping in sy huis se oprit geskiet is.
Hof sê oor Pretoria-straatname
Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak gelewer in die saak tussen AfriForum en die Tshwane-metroraad oor die verandering van Pretoria se straatname.
Een sterf, twee beseer in skietgeveg met polisie
Een mens is dood en twee mense ernstig beseer ná ʼn skietgeveg met die polisie Donderdagmiddag in William Nicolrylaan in Randburg, Johannesburg.
Akademia stel bekend: BCom in Ekonomie en Regte
Akademia het gisteraand sy nuwe Bcom-graad in ekonomie en regte, ontwikkel in samewerking met en onderskryf deur die Vereniging van Regslui vir Afrikaans, by ʼn dinee in Pretoria bekendgestel.
Kry jou dosis teater met die ATKV-Tienertoneel
Die Potchefstroom-streeksfees van ATKV-Tienertoneel word vanjaar van 1 tot 6 Augustus by die Sanlam-ouditorium in dié dorp aangebied en teaterliefhebbers kan ʼn hele rits verhoogproduksies gratis gaan kyk.
‘Bankrowers’ skiet polisieman dood
ʼn 32-jarige polisiebeampte van die Hartbeesfontein-polisie in Noordwes, is Woensdag in die vroeë oggendure doodgeskiet terwyl hy aan diens was.
Een dood, twee beseer na motor voetganger tref
Een mens is dood en nog twee mense, waaronder ʼn driejarige kind, is ernstig beseer na ʼn voertuig ʼn voetganger vroeg Donderdagoggend getref het toe hy ʼn besige snelweg in Durban probeer oorsteek het.
Jou gesig spreek boekdele
ʼn Mens se gesig spreek boekdele oor jou persoonlikheid. Met die regte vaardighede is dit moontlik om baie inligting van ʼn persoon te gesig te bekom, deur bloot na hom te kyk.
Moet-lees: Juffrou se hartroerende brief aan outistiese seun
“ʼn Baie belangrike stukkie inligting wat ek wil hê jy moet verstaan, is dat die toetse slegs ʼn klein deel van jou en jou vaardighede toets.”
Nuuskommentaar: In die pylvak na die verkiesing
Die komende munisipale verkiesing is in die finale pylvak en kiesers moet hulle staal vir ʼn verbete aanslag van partye se eindpogings. Die ANC is bekend vir sy sterk eindpogings, maar hoe lyk dit vir ander partye, van wie sommige skielik as “verkiesingspartye” ontpop nadat dit skynbaar sedert die vorige verkiesing met reses was?
Afslag vir goeie maniere
Moet liewer nie jou maniere by die huis vergeet wanneer jy vinnig by ʼn restaurant indraf nie! Restaurante in Amerika probeer nou om hul klante goeie maniere te leer deur afslag aan te bied aan diegene wat asseblief en dankie sê.
Drie vas ná dwelmklopjag in Limpopo
Drie vermeende dwelmhandelaars is Woensdag in Limpopo in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike poging deur die Westenburg-polisie en die provinsie se dwelm- en taktiese reaksie-eenheid.
Die wêreld in foto’s – 21 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag
[Video] ‘Afrikaans is die mooiste taal wat bestaan’
Hierdie advertensie in die Afrikaans.com-veldtog raak Afrikaanssprekendes se harte landswyd en word wyd op sosiale media gedeel.
Staat sal ‘skokkend ligte’ Oscar-vonnis appelleer
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag bekendgemaak dat hy teen Oscar Pistorius se moordvonnis sal appelleer.
Vrou tydens aanval op kleinhoewe aangerand
Die polisie is op soek na agt gewapende mans wat Woensdagaand op ʼn kleinhoewe naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, toegeslaan en ʼn vrou aangerand het.