Gebruikers van Afrikaans gebruik soms verkeerdelik die woord “regoor” wanneer hulle wil verwys na iets wat oor die land of landswyd plaasgevind het. Taaltoffie stel ondersoek in.
Alles vir Donderdag 21 Julie 2016
[Video] Roerende oomblik toe ‘7de Laan’-span Paula groet
Die gewilde sepie 7de Laan, het Donderdagoggend ʼn video op sy amptelike Facebook-blad gedeel waarin mede-akteurs en die produksiespan die aktrise Diaan Lawrenson tydens haar laaste verfilming as hoofkarakter verras het met ʼn afskeidspartytjie.
Luister: HallelujahSA – Ons wil liefde vir lofprysing bevorder, sê sangers
Suid-Afrikaners “smag na die teenwoordigheid van God”, sê die sangers Adam Barnard en Henri Scott, en daarom het dié duo die landwye lofprysingsprojek HallelujahSA begin om die boodskap van liefde met behulp van hul musiek te versprei.
Afrikaans moet by Kovsies bly, sê hof
Die Vrystaatse hooggeregshof het Donderdag beslis dat die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besluit oor sy nuwe taalbeleid ter syde gestel word.
Nuwe leeskringe laat Afrikaans voortleef
Nuwe en jonger leeskringe is nodig om Afrikaanse leeskringe te laat voortleef, het Leana Lategan, hoofvakkundige van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), by vanjaar se ATKV Feesviering van Lees by die Vrystaat Kunstefees gesê.
SAUK-joernaliste: Saak uitgestel
Die regspanne van die SAUK en die agt joernaliste wat in ʼn omstrede besluit van die uitsaaier afgedank is, het Donderdag vlugtig in die Arbeidshof verskyn.
Oom Herrie se kerrie: Groot Herrie word toebetrou
In die boek, Fiela se kind, vertel Fiela gereeld die Here het die wit vondelingseuntjie aan haar toebetrou. Die kind is as baba voor haar huisie se deur gelaat. Nou trek ons oudste, Groot Herrie, of te wel Nic, Boland toe, waar hy ʼn pos op ʼn vrugteplaas gekry het. Met die mooiste huis in die Kaap-Hollandse styl.
[Resep] Tuna-en-mieliepoffertjies
Hierdie resep het ook ʼn eiervrye, glutenvrye en suiwelvrye opsie.
Die Onteieningswet en die Christen
Die emosie rondom grond en besitreg in Suid-Afrika vier tans hoogty. Vandag is wysheid nodig om die regte keuse te kan maak voor al die uitdagings wat ons nou en ook in die toekoms gaan ervaar.
Hlaudi Motsoeneng v. Suid-Afrika se demokrasie
“Die land is op die vooraand van een van die mees omstrede plaaslike verkiesings en in dié tyd word joernaliste geskors, ontslaan en die hele SAUK word geïntimideer deur ’n kultuur van vrees.”
SAUK-joernaliste: Saak vandag in hof
Die vakbond Solidariteit gaan Donderdag in die arbeidshof vra dat die besluit om agt SAUK-joernaliste af te dank ter syde gestel word en dat die dissiplinêre proses algeheel opgeskort word.
[Entrepreneurskap] Moenie vergeet om dit te geniet nie!
Iaan van Niekerk is die stigter van Skitterblink Skoonmaakdienste, ʼn konsessiegewer van binnelandse kommersiële skoonmaakdienste in Pretoria, Suid-Afrika.
Seun (8) dood nadat taxi vlam vat
ʼn Agtjarige seun is Woensdag dood nadat die minibus-taxi waarin hy was, vlam gevat en hy “onherkenbaar verbrand” het.
Vrou tydens huisroof in gesig gesteek
ʼn Bloemfonteinse vrou in haar 50’s het haar Woensdag teen ʼn rower verdedig deur kookwater oor hom te gooi.
Sondagmaal met net een braaistuk
Dis alles in die gene, het dr Danie Craven altyd gesê wanneer hy na rugbygesinne verwys het.
Is my kind kreatief genoeg?
Wanneer ons al die vaardighede wat ’n kind nodig het om akademies suksesvol te wees in ag neem, dink ons aan lees, skryf, konsentrasie, wiskunde ens. En tog, een van die belangrike vaardighede wat kinders nodig het, is kreatiwiteit. Dis kreatiwiteit wat hulle aanwend om stories te skryf, probleme op te los, musiek te maak, kuns en kunsvlyt te geniet en selfs om ingewikkelde wiskundige bewerkings te doen.
Penny Sparrow in hof oor crimen injuria-aanklagte
Penny Sparrow, eiendomsagent van KwaZulu-Natal, het Woensdag vlugtig in die Scottburgh-landdroshof verskyn.
Zulu was nie sy gewone self nie, sê ekspedisie-dokter
Die renjaer Gugu Zulu, wat op Kilimandjaro in Tanzanië gesterf het, het ʼn paar dae voor die ekspedisie gekla oor ʼn seer keel, het die span se mediese dokter, Roxanne Schutte, Woensdag gesê.
Ritueelmoord: Beskuldigde laat vaar borgtogaansoek
Een van die beskuldigdes wat glo ʼn vrou vir haar liggaamsdele vermoor het, het sy aansoek om borgtog laat vaar. Sy medebeskuldigde voer egter aan hy het slegs die liggaamsdele vervoer, onbewus van dit wat in die sak was.
Gedagte vir die dag: God sorg vir alles
So lank as die aarde bly bestaan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, ook nie koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie. (Genesis 8:22)