Groot tellings en wegholseges het Saterdag die eerste ronde van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se uitklopreeks om die Murraybeker gekenmerk.
Lees meerAlles vir Maandag 25 Julie 2016
Geen bom op die Puk gevind nie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat hulle nie enige bom op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit kon vind nie, ná ʼn bomdreigement Maandagmiddag ontvang is.
Staking in chemiese bedryf beplan
Ceppwawu, die vakbond vir chemiese en verwante bedrywe, het ʼn 48 uur-kennisgewing aan werkgewers in die chemiese bedryf, nasionale petroleumwerkgewersvereniging en die nasionale onderhandelingsraad vir die chemiese bedryf, oorhandig.
Prins Harry wens hy het vroeër oor sy ma gepraat
Engeland se prins Harry het gesê hy wens hy het vroeër oor die afsterwe van sy ma, prinses Diana, gepraat.
Gedenkdiens by Kyalami vir Gugu Zulu
ʼn Gedenkdiens ter ere van die renjaer Gugu Zulu, wat verlede week Maandag op Kilimandjaro in Tanzanië gesterf het, word Dinsdag by die Kyalami-renbaan in Johannesburg gehou.
Nóg ‘n klag teen Zuma by MRK ingedien
Die VF Plus het Maandag nóg ʼn klag van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK) teen pres. Jacob Zuma ingedien na sy aanval op wittes die naweek.
Speaker moet besluit oor SAL-jaarverslag
Die dooiepunt tussen finansies-minister Pravin Gordhan en Dudu Myeni, voorsitter van die Raad van die SAL, dryf die SAL tot algehele ineenstorting en dit kan eenvoudig nie toegelaat word om met die nasionale lugredery te gebeur nie, het Alf Lees, adjunkwoordvoerder oor finansies vir die DA, gesê.
Zuma doen navraag oor Onteieningswetsontwerp
Pres. Jacob Zuma het die parlement versoek om hom in te lig oor die proses wat gevolg is om die Onteieningswetsontwerp goed te keur.
Bomdreigement op die Puk
Die Drakenstein-restaurant op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is Maandag ontruim ná ʼn bomdreigement ontvang is.
Jongman op Pta-kleinhoewe vermoor
ʼn 25-jarige man is Maandag op ʼn kleinhoewe buite Pretoria vermoor. Die voorval het by ʼn onderneming wat vee verkoop, langs die R511 in Laezonia in die weste van Centurion, plaasgevind.
KSA moet Proteas se ‘geldjagters’ nou vasvat
Hoekom sal jy net in Suid-Afrika krieket speel as jy elders soveel as tien keer meer as die gemiddelde Protea-toetsspeler kan verdien? En as niemand boonop ʼn stokkie daarvoor steek nie?
‘Terreur-tweeling’ se borgtogverhoor wéér uitgestel
Die borgtogverhoor van Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie (23), die tweeling wat op terreuraanklagte in hegtenis geneem is, is Maandag in die Johannesburg-landdroshof uitgestel.
[Video] Selfoon of sleutels al weer soek? Hier is jou antwoord!
Die hardeware-vervaardiger, Pebblebee, het pas met ʼn flink idee vorendag gekom om ʼn toestel te ontwikkel wat jou sal help om jou sleutels, selfoon of enige ander item op te spoor wanneer jy dit verlê het.
Michael Caine verander naam weens lughawe-sekuriteit
Die Britse akteur Michael Caine, het die afgelope week amptelik sy naam laat verander, omdat hy glo dikwels ‘probleme’ ondervind wanneer hy reis.
Drie silwer medaljes SA se skrale junior-oes
Die Suid-Afrikaanse atlete by die IAAF se o.20-Wêreldkampioenskappe in Bydgoszcz, Pole, het vanjaar net drie silwer medaljes gewen.
Mugabe se einde dalk in sig
Die einde mag dalk in sig wees vir Zimbabwe se president, Robert Mugabe, nadat sy getrouste ondersteuners, die oorlogsveterane, glo teen hom gedraai het.
Weerdiens waarsku oor bibberweer, sneeu en swaar reën
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir swaar reën en sneeu vir Maandag en Dinsdag in talle provinsies.
Ma beken glo moord op haar dogter
Die ma van Michelle Koekemoer, die negejarige meisie wat in Junie dood aangetref is in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark, het glo aan die polisie erken sy het haar dogter vermoor.
Die wêreld in foto’s – 25 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Oos-Kaap-plaasmoord: Boer se naam bekend
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn Oos-Kaapse boer Sondagaand op ʼn plaas in die Steynsburg-gebied doodgeskiet is nie.