ʼn Gr. 9-leerder aan die Hoërskool Garsfontein is ernstig beseer nadat sy Dinsdagoggend voor die skool in Pretoria raakgery is.
Alles vir Dinsdag 26 Julie 2016
OP-liga: agteros skok voorloper met sege
Die agteros in Groep A van die Top10 in die Oostelike Provinsie se reeks om die Grootuitdaagbeker het Saterdag vir `n groot skok gesorg deur die voorloper in Groep B tot oorgawe te dwing.
Nostalgieroete: Soeweniers uit die verlede
Die geslag uit die jare veertig, dié wat met die “ooievaar” aangekom het, is besig om oud te word en daar bly slegs terugflitse oor om op te roep. Reis saam op ʼn roete wat slegs in gedagtes bestaan.
Talle dood in Tokio-mesaanval
Minstens 19 mense is dood en 25 beseer ná ʼn mesaanval in Tokio, Japan.
Minstens 50 kinders van mensehandel gered
Minstens 50 kinders, vermoedelik tussen agt en 18 jaar oud, is uit die kloue van vermeende mensehandelaars gered.
SAUK-joernaliste: Uitspraak in Jhb verwag
Die uitspraak in Solidariteit se hofsaak teen die SAUK oor die afdanking van vier joernaliste sal Dinsdag in die arbeidshof in Johannesburg gelewer word.
Allister se tameletjie al hoe taaier
Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, se gryshare word al hoe meer namate die Lions in die Superreeks vorder.
Twee gered toe gebou oorstroom
Twee vroue is Maandagmiddag uit ʼn oorstroomde gebou in die Amanzimtoti-sakesentrum in KwaZulu-Natal gered.
PE-skool kry lening om onnies te betaal
Ouers en leerders van ʼn skool noord van Port Elizabeth in die Oos-Kaap sal na verwagting Dinsdag weer betoog oor die voortdurende tekort aan onderwysers.
ANC ontken Fransman is terug in sy pos
Die ANC het Maandag gesê Marius Fransman het nie die party se goedkeuring om terug te keer na sy pos as Wes-Kaapse leier nie en die ANC sal sy hofaansoek in die verband teenstaan.
Gedagte vir die dag: Die omkeer
Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. (Klaagliedere 3:22–23)