Die ANC se voorvaders sal hul rug draai op diegene wat die party verlaat, het pres. Jacob Zuma gesê.
Alles vir Vrydag 29 Julie 2016
[Entrepreneurskap] Bekommernis los nie probleme op nie
Ek het nou al geleer die hoeveelheid bekommernis wat ek in ʼn probleem insit, het nog nooit regtig bygedra om die probleem op te los nie, sê Mias van Vuuren, die eienaar van Soapbox Promotions & Gifts.
Woord: verjaar
Spesiaal ter viering van Maroela se vyfde verjaarsdag op vandag, 29 Julie 2016, ondersoek Taaltoffie die woord “verjaar” en “verjaarsdag”
NFP nader weer verkiesingshof
Die National Freedom Party (NFP) sal die verkiesingshof Vrydag vir ʼn tweede keer probeer oorreed dat die party aan volgende week se munisipale verkiesing mag deelneem.
Botsing op Mabopane-snelweg: 3 sterf
Drie mense is Donderdagaand laat in ʼn gru-botsing op die Mabopane-hoofweg naby Bremerstraat, noord van Pretoria, dood.
Redakteursbrief: Vyf jaar later: Mylpale wat mens nie kan meet nie
Die waarheid is, vyf jaar en 1 miljoen lesers beteken niks as dit nie mense se lewe geraak het nie, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief aan jou.
Sakeforum sal Nkandla-geld terugbetaal
Die Madibeng-sakeforum sal pres. Jacob Zuma help deur die R7,8 miljoen terug te betaal wat gebruik is om opgraderings by sy private Nkandla-woning in KwaZulu-Natal te doen.
Twee erg beseer in gru-botsing
Twee mense is ernstig beseer toe ʼn minibus-taxi Donderdagmiddag met twee motors gebots en agter in ʼn vragmotor vasgery het.
Hiep-hiep hoera! Maroela Media is vyf jaar oud
Maroela Media het vandag, presies vyf jaar gelede op 29 Julie 2011, sy digitale deure oopgegooi om die lekkerste kuierplek in Afrikaans op die internet bekend te stel. Ons sê vandag ook aan jou baie geluk met ons verjaardag – jy maak van Maroela Media die lekkerste kuierplek op die internet!
Fransman laat hofaansoek vaar
Marius Fransman, voormalige voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, het sy hofaansoek om terug in sy pos aangestel te word laat vaar nadat hy ingelig is dat dissiplinêre stappe teen hom gedoen gaan word.
Gedagte vir die dag: Glo jy nou?
Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom. (Josua 21:45)