ʼn Warmlugballon met 16 mense het Saterdag in sentraal Texas, VSA, neergestort en daar is waarskynlik geen oorlewendes nie.
Alles vir die maand Julie 2016
Buiteperd Quins klop Despatch uit Grootuitdaag
In ongetwyfeld een van die grootste verrassings in SA klubrugby in baie jare het die onderskatte Port Elizabeth Harlequins Saterdag die hoogaangeskrewe Despatch `n uitklophou in die kwarteindronde van die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks toegedien.
ʼn Stem is nie ʼn tatoe nie, sê Maimane
Maimane het gesê ʼn onselfsugtige struggle is vervang met selfsugtige opgaring. “Nie-rassisme is vervang met rasse-politiek. Hartspolitiek is vervang met maagpolitiek.”
Een persoon sterf in brand by DBV
Een persoon is Saterdagoggend dood toe ʼn brand omstreeks 03:00 by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Highveld Ridge in Evander, Mpumalanga, uitgebreek het.
Taxibestuurder ʼn barmhartige Samaritaan ná ongeluk
ʼn Taxibestuurder het Saterdag twee seuns, 11 en 12 jaar oud, bygestaan wat deur ʼn motor getref en waarskynlik gesleep is in Pinetown, KwaZulu-Natal.
Pikitup-lid doodgeskiet ná Samwu met lyfwagte bots
ʼn Lid van Pikitup is Vrydagmiddag in Johannesburg se middestad doodgeskiet en ʼn tweede het kritieke beserings opgedoen ná lede van die vakbond Samwu met vakbondamptenare se lyfwagte gebots het.
Sterftes by twee AngloGold-myne
Twee mynwerkers is in afsonderlike voorvalle by twee AngloGold Ashanti-myne in Gauteng oorlede, het die maatskappy Saterdag gesê.
Meer as 60 000 Kaapstad-seweskaartjies Vrydag verkoop
Meer as 60 000 kaartjies vir die 2016 HSBC Kaapstad-sewesrugbytoernooi, wat op 10 en 11 Desember plaasvind, is op die eerste dag van verkope deur die publiek opgeraap.
Verkiesing sal verdelingslyne in Amerika verder verdiep
Die probleem is egter dat Amerika se diepe verdelingslyne eerder deur hierdie verkiesing versterk gaan word. Nie Trump of Clinton beskik soos John F. Kennedy of Ronald Reagan oor die vermoë om Amerika te laat verenig nie, meen Jaco Kleynhans.
Kolwyntjie-kleuterskool: Saak teen Lesufi vorder
Kriminele klagtes van aanhitsing tot geweld en intimidering teen die Gautengse LUR vir basiese onderwys, Panyaza Lesufi, word ondersoek.
Man kritiek ná klein ontploffing
ʼn 48-jarige man is Vrydag ernstig beseer toe die kragopwekker waaraan hy werk het, op ʼn plaas buite Fochville in Gauteng ontplof het.
Vier vas wat glo diesel steel
Vier mans is Vrydag by Bona Bona naby Morokweng in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, diefstal en poging tot sakeroof.
Valke keer kitsbankbedrog-verdagte aan
Die Valke in die Wes-Kaap het Vrydag ʼn 34-jarige man, wat al sedert 2014 voortvlugtig is in verband met ʼn bedrogsaak in Queenstown, in hegtenis geneem.
Nóg ʼn skool in Noordwes afgebrand
Ses klaskamers is by Setilo Secondary School naby Mafikeng in Noordwes afgebrand weens politieke geweld in die gebied, het die departement van onderwys Vrydag gesê.
Verkiesingshof sê oor NFP-aansoek
Die verkiesingshof het Vrydag uitspraak gelewer oor die National Freedom Party (NFP) se tweede aansoek om aan die munisipale verkiesing op 3 Augustus deel te neem.
Gedagte vir die dag: God praat met mense
Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: ‘Waar is jy?’ (Genesis 3:8–9)
Griffonsliga: Rovers pak Welkom in eindstryd
Die Griffons-kampioen, Rovers, pak sy stadsgenoot Welkom die komende twee Saterdae in die eindstryde van die Griffons-Luiperdsoorgrensliga.
Man gevonnis ná hy saam minderjarige verdwyn
Riaan Venables (54) is Vrydag in die Cradock-streekhof gevonnis in verband met die verkragting van ʼn meisie (toe 13 jaar oud). Dié saak het die land in 2014 aan die praat gehad.
EFF-man gediskwalifiseer ná FB-inskrywing
ʼn Raadslidkandidaat van die EFF is deur die verkiesingshof gediskwalifiseer om in volgende week se munisipale verkiesing te staan weens ʼn rassistiese inskrywing op Facebook.
Tuinier in hof na moord op Bloem-vrou
ʼn 48-jarige man het Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn 86-jarige vrou, wie se lyk Woensdag in haar huis in Gardeniapark gevind is.