Die staat het Vrydag ʼn beëdigde verklaring by die Johannesburg-landdroshof ingedien waarin ‘bewyse’ uiteengesit word vir die saak teen die sogenaamde “terreurtweeling”.
Alles vir die maand Julie 2016
Daling in brandstofpryse aangekondig
Motoriste kan ʼn effense sug van verligting slaak nadat dit bekend gemaak is dat brandstofpryse van Woensdag af daal.
[Video] Soektog na vrou wat in Durban-vloede verdwyn
ʼn Volskaalse soektog duur voort na Brenda Lynn Scriven (62) wat Maandag vermis geraak het tydens vloed in Durban weens swaar reën.
[Video] Luislang verorber reuse krokodil
ʼn Krokodil in Queensland, Australië, het onlangs sy moses teëgekom toe ʼn luislang van sowat drie meter hom ná ʼn stoeiery van vyf ure heel ingesluk het. Die internet is behoorlik op hol oor dié beeldmateriaal.
Een dood ná rowers op juwelierswinkel toeslaan
Een mens is doodgeskiet nadat gewapende rowers Vrydagoggend op ʼn juwelierswinkel in Port Elizabeth toegeslaan het.
[Verkiesing] Konflik, geweld kan bepalend wees in KZN
Die DA het tydens die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014 amptelik die opposisie geword in KwaZulu-Natal, histories ʼn IVP-vesting. Met die EFF se opkoms en die NFP wat volgens alle waarskynlikheid nie aan die verkiesing gaan kan deelneem nie, kan dinge heelwat anders daaruit sien ná 3 Augustus.
Spesiale leerbehoeftes? Dalk is tuisonderrig die antwoord
Volgens “Human Rights Watch” woon meer as ʼn halfmiljoen kinders met gestremdhede in Suid-Afrika nie skool by nie. Een van die hoofredes daarvoor is dat daar minder as 500 staatskole is wat toegerus is om na dié kinders se behoeftes om te sien. Dit is dus geen verrassing dat ouers toenemend die rol van “onderwyser” begin speel nie.
[Video] Ma waarsku: ‘Hou jul kinders dop’
“My instink het net heeltyd vir my gesê daar is iets baie verdag aan die saak. Ek dink hy het my kind probeer vat.”
[Video] ‘My Father’s War’: Sterre praat oor onontbeerlikhede vir ʼn première
Die amptelike première van die tweetalige fliek My Father’s War was Donderdagaand ʼn sterbelaaide geleentheid in Cedar Square in Johannesburg.
Man tydens kapingsdrama doodgeskiet
ʼn Vermeende kaper is Donderdag by ʼn vulstasie buite Oos-Londen in die Oos-Kaap doodgeskiet deur ʼn polisiebeampte wat toevallig daar brandstof ingegooi het.
Dokter weer in hof ná beweerde verkragting
Die mediese dokter van Limpopo wat daarvan verdink word dat hy ʼn tienermeisie in die Lebowakgomo-hospitaal verkrag het, sal na verwagting Vrydag weer in die Thabamoopo-landdroshof verskyn.
‘Ice Bucket’-uitdagings: Deurbraak vir MNS
Die webwerf Health het Woensdag berig wetenskaplikes het ʼn beduidende deurbraak in navorsing oor motorneuronsiekte (MNS) gemaak nadat meer as bykans R1,4 miljard vir navorsing met die Ice Bucket-uitdagings ingesamel is.
Nzimande uitgejou oor #FeesMustFall
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is Donderdag by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit deur studente uitgejou nadat hy gesê het gratis onderrig vir almal is nie ʼn volhoubare konsep nie en is slegs haalbaar in ʼn sosialistiese land.
Bokpaadjie vol dorings
Hoe weeg jy Francois Louw teen Jaco Kriel op? Hoe kies jy Duane Vermeulen bo Warren Whiteley? Op grond waarvan verdien Steven Kitshoff `n plek in die Springbokspan? Wat nou gedoen met die aansprake van Bryan Habana, Johan Goosen en Francois Hougaard?
ToekomsVenster: “Hier is ek! Stuur my!”
Somtyds is die boodskap maklik. In Jesaja se geval, net soos vir talle van die ou testamentiese profete, was dit moeilike boodskappe. Feit van die saak is dat Jesaja beskikbaar raak.
Vyf jaar van Maroela en een miljoen lesers later
Mense ontvlug so ’n bietjie na Maroela toe. Om hulle woed ’n dolle gejaag, maar Maroela is jou boom, jou plek waar jy wel ’n koeksister mag eet en sê dit is deel van wie ek is. Só skryf Dirk Hermann, voorsitter van Maroela Media
Zuma: ‘Voorvaders draai op dié wat ANC verlaat’
Die ANC se voorvaders sal hul rug draai op diegene wat die party verlaat, het pres. Jacob Zuma gesê.
[Entrepreneurskap] Bekommernis los nie probleme op nie
Ek het nou al geleer die hoeveelheid bekommernis wat ek in ʼn probleem insit, het nog nooit regtig bygedra om die probleem op te los nie, sê Mias van Vuuren, die eienaar van Soapbox Promotions & Gifts.
Woord: verjaar
Spesiaal ter viering van Maroela se vyfde verjaarsdag op vandag, 29 Julie 2016, ondersoek Taaltoffie die woord “verjaar” en “verjaarsdag”
NFP nader weer verkiesingshof
Die National Freedom Party (NFP) sal die verkiesingshof Vrydag vir ʼn tweede keer probeer oorreed dat die party aan volgende week se munisipale verkiesing mag deelneem.