Sy loting in `n sterk groep in die internasionale reeks om die Goue Beker skrik Worcester Villagers (Boland) geensins af nie.
Lees meerAlles vir die maand Augustus 2016
GB: Brakpan moes twee keer die pyp rook
Die feit dat Brakpan (Valke) “twee keer” vir die internasionale reeks om die Goue Beker in aanmerking moes kom, dien as `n groot aansporing vir die span.
GB: kampioen maak hom geen illusies oor wat wag
Die houer van die Goue Beker, Durbanville-Bellville (Westelike Provinsie), maak hom geen illusies oor wat vanjaar in die oop klubs se nuwe internasionale reeks op hom wag nie.
Griekwas ná skrik teen OP nou derde op puntetelys
Die OP Kings het Woensdag met hul ‘tweede span’ verras toe hulle rustyd 17-14 voor was teen Griekwas in Kimberley, maar ná vyf drieë deur die tuisspan in die tweede helfte het Griekwas 47-24 gewen.
Man gevonnis wat 79-jarige verkrag
ʼn 21-jarige man is Dinsdag gevonnis vir die verkragting van ʼn 79-jarige vrou van Nongoma, oos van Vryheid, in KwaZulu-Natal.
KZN-polisie vind talle onwettige vuurwapens
Die polisie in KwaZulu-Natal het in minder as ʼn maand op altesaam 119 onwettige vuurwapens beslag gelê.
Video: Vrystaatse skool los haarprobleem vinnig op
In dieselfde week wat die Pretoria High School for Girls onder skoot gekom het oor sy beleid, het ‘n Bloemfonteinse pa hom óók tot sosiale media gewend oor wat hy beskryf as onaanvaarbare praktyke by sy dogter se skool.
Aankondiging oor studiefooie dan verwag
Blade Nzimande, die minister vir hoër onderwys en onderrig, het Woensdag gesê besprekings om ʼn oplossing te vind vir die omstrede #FeesMustFall-kwessie is steeds aan die gang.
Uitspraak binnekort gelewer ná 5-jarige se ontvoering, moord
Anovuyo se kaal liggaam is saam met haar klere in ‘n vullissak agter iemand se huis gevind, sowat drie huise vanaf die beskuldigde se huis.
PE-studente aangeval: Nog ʼn verdagte vas
ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die kaping van ʼn studentepaartjie by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), waartydens die man doodgeskiet en die vrou verkrag is.
[Foto’s] Elke soettand se droom: 300 soorte KitKat-sjokolade
As jy ʼn soettand het, moet jy sommer dadelik planne maak om Japan te besoek. Suid-Afrikaners ken KitKat-sjokolade as ʼn lekkerny met ʼn wafel in wat bedek is met wit-, melk- of donkersjokolade, maar die Japannese is so mal oor dié sjokolade, dat dit nou al in meer as 300 verskillende variasies te koop is.
Die wêreld in foto’s – 31 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Nuwe universiteit vir Oos-rand beplan
Mzwandile Masina, die nuutverkose burgemeester van Ekhurhuleni, het Woensdag gesê die metro sal binnekort sy eie universiteit kry.
Man vermoor toe hy ‘perdediewe’ betrap
Agt verdagtes, wat moontlik deel is van ʼn bende wat gemeenskappe in die suide van Mpumalanga terroriseer, is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn man op ʼn plaas in die gebied.
Wiskunde-onnie deel kennis gratis
Danny Jacobs (52), ʼn wiskunde-onderwyser van Bellville in die Wes-Kaap, het ʼn webblad begin met gratis inligting vir Graad 7 en 8-leerlinge wat bietjie hulp nodig het met wiskunde.
Gratis werkswinkel op Clanwilliam wil vaardighede opskerp
ʼn Gratis maarskalk-werkswinkel word op 17 September op Clanwilliam aangebied deur Rooibos Bpk. om plaaslike inwoners die geleentheid te gee om vaardighede aan te leer en sodoende in aanmerking te kom vir meer werksgeleenthede.
In mekaar se hare!
Ek is nie oortuig dat hierdie protes net oor hare-reëls gegaan het nie. Daar is veel meer agter die haredos en die hele manier waarop ons skole bestuur word, word bevraagteken. Staan ons op reëls of staan ons op waarde?
Skok oor merke op baba: ‘Ek wil keer dat dit met iemand anders gebeur’
“Ek het hierdie foto’s op sosiale media gedeel om ander ouers te waarsku. Ander ouers moet weet om op die uitkyk te wees vir tekens dat hul kinders dalk nie goed behandel word by die skool nie.”
WhatsApp-gebruikers vies oor data-uitruiling
WhatsApp-gebruikers is warm onder die kraag nadat dié app vroeër vandeesmaand aangekondig het dat hy gebruikers se persoonlike inligting met sy moedermaatskappy, Facebook, gaan uitruil.
Eskom-hoof: ‘Guptas het niks verkeerd gedoen’
Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdag ontken dat die kragvoorsiener nie sy samewerking aan die Tesourie gegee het in ʼn ondersoek na die staatsentiteit se steenkoolkontrakte nie.