Die Goue Leeus, houer van die Curriebeker, se eerste wedstryd in vanjaar se reeks is uitgestel weens die afwesigheid van hul 25 voorste spelers wat vir die Super-eindstryd in Nieu-Seeland is.
Lees meerAlles vir Maandag 1 Augustus 2016
Dogtertjies sterf in huisbrand
Twee meisies, onderskeidelik vier en ses jaar oud, is Sondagoggend dood ná ʼn brand in hul plakkershuis in Senekal in die Vrystaat uitgebreek het.
Nuwe gedenktuin vir Diana beplan
Die hertog van Cambridge en sy broer, prins Harry, ondersteun planne vir ʼn nuwe gedenktuin vir hul ma, wyle prinses Diana.
Betogings, ongelukke ontwrig spesiale stemme
Die eerste stemme in die munisipale verkiesing is Maandagoggend uitgebring deur persone wat vir ʼn spesiale stem geregistreer het, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.
Zephany Nurse-ontvoering: ‘Sielkundige is gemanipuleer, onervare’
Die getuienis van ʼn kliniese sielkundige, ter versagting van die vonnis van ʼn vrou wat daarvan beskuldig word dat sy baba Zephany Nurse byna twee dekades gelede uit haar hospitaalbed ontvoer het, is Maandag deur die staatsaanklaer uitmekaar geruk.
Deurbraak in Randfontein-moordsaak
Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in die ondersoek ná die liggame van vier mense, onder wie die negejarige Kayla Meyer, op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wes-Rand gevind is.
‘Terreur-tweeling’ voer aan hulle wou emigreer
Die tweeling van Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle beplan het, se regspan het Maandag in die hof aangevoer die hoofondersoekbeampte, Wynand Olivier, mislei die hof.
Die wêreld in foto’s – 1 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Video] Boot, waterponie binne agt minute gesteel
“Hierdie mense het presies geweet wat hulle hier kom doen en wat hulle kom steel.”
[Verkiesing] ANC wil steun in Vrystaat vergroot
Die ANC hoop om sy steun in die Vrystaat te vergroot te midde van spanning oor kandidatelyste en met van die swakste munisipaliteite in die land.
Lekker verjaar, Radio Namakwaland!
“Ons is ʼn stasie úit die gemeenskap, vír die gemeenskap, wat mense wil vermaak, inlig en onderrig,” sê Bernard Lamprecht, stasiebestuurder van Radio Namakwaland in Vredendal in die Wes-Kaap.
Man by Edenvale-winkelsentrum doodgeskiet
ʼn Man is doodgeskiet terwyl nog ʼn man in hegtenis geneem is by ʼn winkelsentrum in Edenvale aan die Oos-Rand.
Vakbond volstaan by eise terwyl vulstasies opdroog
Ceppwawu, die vakbond vir chemiese en verwante bedrywe, het Maandag gesê hy volstaan by sy eis van ʼn 9%-salarisverhoging te midde van brandstoftekorte in sommige gebiede.
‘Leier’ van $60 miljoen se aanlynslenters vas
Die beweerde leier van ʼn internasionale organisasie, wat verantwoordelik is vir duisende aanlynslenters, is Maandag deur Interpol, met die hulp van die Nigeriese owerhede, in hegtenis geneem.
Ondersoek ná pedofiel se dood in polisiesel
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek steeds die omstandighede rondom Brian Shofer (58) se selfmoord in die Lentegeur-polisiestasie in Kaapstad.
[Video] Boere peper Zuma met vrae
President Jacob Zuma moes behoorlik bontstaan toe hy die naweek met boere in die Vrystaat en Noord-Kaap vergader het.
All Blacks laat Chiefs-uitblinker uit RK-groep
Die grootste verrassing in die All Blacks se groep van 32 spelers vir die eerste toetse in die Rugbykampioenskap (RK) is die weglating van een van die Chiefs se grootste sterre in die Superreeks.
Skietslagoffer ry met bakkie by brug af
Die Tongaat-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man Maandag in die vroeë oggendure noord van Durban geskiet is, waarna hy met sy Colt-bakkie by ʼn brug afgery het.
Entrepreneurskap: Die toekoms lê in volhoubaarheid
Die entrepreneur Marlene Oosthuizen, stigter en mede-eienaar van North West School of Design, meen die toekoms lê in die volhoubaarheidsbedryf.
Vlootbasis-inbraak: Nóg ʼn verdagte vas; inligting glo verkoop
Die Valke het ʼn derde verdagte in hegtenis geneem in verband met die inbraak verlede maand by die vlootbasis in Simonstad.