ʼn Kamma-berig wat beweer dat twee mense in Tembisa, tussen Pretoria en Johannesburg, in hegtenis geneem is weens die besit van 80 000 stembriewe wat reeds ten gunste van die ANC gemerk is, is deur die Gautengse polisie verwerp.
Alles vir Dinsdag 2 Augustus 2016
[Resep] Tuna-wieletjies
Maklike en vinnige resep vir smullekker Tuna-wieletjies.
Trane rol in die Baai, maar nie oor verkiesing
Dis `n ramp vir Suid-Afrikaanse rugby, maar dink die rugbybase ook so?
Ma vas wat glo baba in nek steek
ʼn Vrou van Macassar in die Wes-Kaap sal Dinsdag in die Somerset-landdroshof verskyn nadat sy na bewering haar pasgebore baba met ʼn mes gesteek het.
Sanger se mylpaal: ‘Vandag een jaar nugter’
“Dankie, Here, dat U hierdie saadjie in sy hart geplant het en dat hy die krag gekry het om dit deur te voer.”
ToekomsVenster: Die doop met die Heilige Gees
Kan ons ooreenkom om nie oor die naam van ʼn roos te argumenteer terwyl ons sy lieflike geur kan geniet nie? Die vraag is eenvoudig: Is die Heilige Gees se buitengewone werk al ʼn werklikheid in jou lewe?
[Verkiesing] Ontnugtering bepalend in Noord-Kaap
Die rassedemografie in die Noord-Kaap en ontnugterde kiesers sal moontlik ʼn groot rol speel in dié provinsie met die uitkoms van die munisipale verkiesing op 3 Augustus.
Olimpiese Spele se eerste skote klap Woensdag
Die Rio Olimpiese Spele begin reeds Woensdag wanneer die eerste sokkerwedstryde vir vroue gespeel word, twee dae voor die amptelike opening op Vrydag 5 Augustus.
Onwettige immigrante tydens soektog gevind
Twee vragmotorbestuurders sal Dinsdag in die Marble Hall-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van mensesmokkel nadat 59 Malawiese immigrante agter in hul vragmotors gevind is.
Nuuskommentaar: Zuma versus Anti-Zuma?
Nie lank terug nie het dit gelyk of pres. Jacob Zuma met die verkiesing ’n ramp vir die ANC gaan wees, maar nou trek hy vol pawiljoene in gebiede waar hy nie lank terug nie uitgejou is, of baie mense die verrigtinge verlaat het voor hy nog aan die woord gekom het. Of Zuma nou ’n positiewe of negatiewe invloed vir die ANC gaan wees, die goeie naam van grondwetlike demokrasie is op die spel as die ANC nie vir Zuma gestraf word nie.
Verkiesing 2016: ‘Probleemgebiede’ as ANC verloor
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die publiek gewaarsku om besonder veiligheidsbewus te wees tydens die verkiesingsproses, veral in gebiede waar die ANC volgens voorspellings moontlik beheer kan verloor.
[Wen] Kom sing saam met die krone
Die land se top Afrikaanse kunstenaars is slaggereed vir die derde aflewering van Suid-Afrika se gunstelingkonsert, Krone 3, wat as “ʼn moewiese saamsing-jol” beskryf word.
EFF se besoek aan Mbeki ‘niks spesiaals’, sê ANC
Die ANC het gesê daar is niks spesiaals aan Julius Malema en ander leiers van die EFF se besoek aan oudpres. Thabo Mbeki nie.
Spioenasiebande-saak: ‘Appèlaansoek bestem om te misluk’
“Dit is maklik vir die staat om te litigeer wanneer hulle ander mense se geld gebruik.”
Zephany se ouers: ‘Letsels sal nooit genees’
Zephany Nurse se biologiese ouers het in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig van die invloed van haar ontvoering op hul familie en huwelik.
Gedagte vir die dag: Laat u Naam geheilig word
Toe sê God vir Moses: ‘Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: “Ek is” het my na julle toe gestuur.’ (Eksodus 3:13–14)