“Dit is net ongelooflik hoe ʼn mens se hele lewe in een oomblik handomkeer kan verander.”
Alles vir Donderdag 4 Augustus 2016
Curriebeker (en OP) nou éérs deurmekaar
Die Curriebekerreeks, net 26 uur voor die 2016-afskop, is nog ʼn warboel van onsekerheid. En nog olie op die vuur in Suid-Afrikaanse (of is dit Kings?) rugby is die likwidering van die OP Rugby-unie (Edms) Beperk.
Bekende omroeper se broer al jare vermis
“My suster, wat ook in Pretoria woon, het hom in 2013 as vermis by die polisie gaan aanmeld, maar ons het nog niks gehoor nie. Ek dink ek sal enige nuus kan hanteer, solank hy nie swaarkry nie.”
Houe val glo ná polisieman hondjie doodry
ʼn Rustige Saterdag-uitstappie het in ʼn traumatiese ervaring vir ʼn gesin van Villiers uitgedraai, nadat ʼn polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, glo hul Basset-hondjie doodgery en dit tot ʼn onderonsie gelei het.
Helikopterongeluk: Pa, seun onder oorledenes
ʼn Pa en seun en nog twee mense is Woensdag in ʼn helikopterongeluk in Lusikisiki in die Oos-Kaap dood.
Apple-emotikons nou ‘veiliger’
Apple-gebruikers kan eersdaags uitsien na ʼn beduidende verskil in dié vervaardiger se emotikons, wanneer die jongste iOS 10 beta 4-sagteware afgelaai kan word.
Taalgebruik: marine, mariene, maritieme
Die homofone “marine” en “mariene” word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik. Taaltoffie stel ondersoek in.
[Resep] Outydse soetkoekies
Hierdie resep klink soos iets wat jou ouma sal bak – ruik jy al die naeltjies?
Oom Herrie se Kerrie: Hemelruim werk toe heel anders
Bykans 500 jaar nadat Galileo Galilei en die Roomse kerkvaders haaks was oor die samestelling van die hemelruim, en of die aarde die middelpunt van die heelal sou wees waarom alles sou wentel, bring nuwe “navorsing” aan die lig dat albei partye dit heeltemal verkeerd gehad het.
Nuwe politieke skeidslyn: ‘Oop’ teenoor ‘geslote’
In die ou Suid-Afrika was die begrippe links en regs bepalend. Links (dieselfde as “liberaal”) was ’n vloekwoord; regs (of “konserwatief”) ’n towerwoord.
Kultuur swaai die Weste na regs
Die afgelope tyd dui politieke gebeure dat daar in die gevestigde Westerse demokrasieë ’n politieke grondverskuiwing na regs is. Hoewel die meeste kommentators die verswakkende ekonomie as rede voorhou, wys die omvang van die politieke swaai dat daar meer agter die verskynsel sit.
OVK het 7 dae om uitslag te verklaar
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdagoggend tydens ʼn mediakonferensie gesê slegs ʼn handjievol kiesstasies se stemme moet nog getel word.
Olimpiese Spele: Banyana verloor; Amaglug-glug vol hoop
Die Suid-Afrikaanse vrouesokkerspan, Banyana Banyana, is Woensdagaand in die Olimpiese stadion in Rio de Janeiro 1-0 deur Swede in die eerste wedstryd by vanjaar se Olimpiese Spele geklop.
Video: Agter die skerms van ‘Sy klink soos lente’
Maroela Media het agter die skerms gaan kuier om meer te wete te kom oor die romantiese komedie, ‘Sy klink soos lente’.
Afrigters het almal gryshare
Is hy te vroeg vir die wolwe gegooi, of was dit `n fratsbesering?
Vier in Pta met petrolbomme betrap
Vier mans is Woensdagmiddag in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem nadat petrolbomme in hul besit gevind is.
Ses borgtog geweier ná skietgeveg met Valke
Ses verdagtes wat Sondag in hegtenis geneem is ná ʼn skietgeveg met beamptes van die Valke in Kriel in Mpumalanga, is borgtog geweier.
[Verkiesingsuitslae] Só lyk sake in SA se agt metro’s
Dit is in veral vier van die land se agt metromunisipaliteite waar ʼn fel stryd tussen politieke partye woed ná die plaaslikeregeringsverkiesing op 3 Augustus.
Luister: Nuwe Snotkop-album: ‘Pret van begin tot einde’
Die bekroonde sanger Snotkop, het pas sy jongste album vrygestel, en sê aanhangers moet hulself regmaak vir “groot konsternasie”.
[Verkiesingsuitslae] Só lyk Wes-Kaap sover
In die munisipale verkiesing was 72% van die stemme in Wes-Kaap teen 09:57 getel.