Het jy dalk nie besef dat daar geen onderskeid tussen jou geestelike en sekulêre lewe bestaan nie; dat God in alles wat jy dink, kies en doen saam met jou is? Maak nou ʼn bewuste keuse om heeltyd vanuit God se teenwoordigheid te leef.
Alles vir Donderdag 4 Augustus 2016
Nuuskommentaar: Vroeë lesse uit verkiesing
Vroeë aanduidings is dat die ANC agteruit geboer het, die DA gegroei het, en die EFF die spreekwoordelike muis gebaar het (hoewel ’n redelike fris knaaggedierte), en dat die wegblystem ’n groot impak kan hê. Dit lyk selfs of, bloot statisties gesproke, die ANC met ’n volgende verkiesing tot onder 50 persent kan daal.
[Verkiesingsuitslae] ANC steeds voor met 50% van stemme nasionaal getel
Die ANC loop steeds voor met 50% van die stemme wat nasionaal reeds getel is.
[Verkiesingsuitslae] Só lyk Gauteng sover
In die munisipale verkiesing was 33% van die stemme in Gauteng teen 09:00 getel.
[Video] Skool gesluit ná brand
Die Wynberg Boys’ High School in Kaapstad sal vir die res van die week gesluit wees nadat ʼn brand in die vroeë oggendure by die skool uitgebreek het.
Boer beseer in wegholbrand
ʼn 56-jarige boer is Woensdagmiddag in ʼn wegholveldbrand op ʼn plaas buite Newcastle in KwaZulu-Natal beseer.
Vrou sterf toe verskeie motors haar tref
ʼn Vrou is Donderdagoggend dood nadat sy deur verskeie motors op die N7 in Philadelphia in die Wes-Kaap getref is.
[Entrepreneurskap] Mense moet goeie goed oor jou sê
ʼn Effektiewe sosialemedia-strategie hou die pot aan die kook, nietemin bly dit belangrik dat mense goeie goed oor jou sê, meen Marlene Oosthuizen, stigter en mede-eienaar van North West School of Design, ʼn private mode-kollege in Klerksdorp.
Voetganger raakgery ná onderonsie by kiespunt
ʼn Voetganger is Woensdag deur ʼn polisiewa getref nadat ʼn onderonsie tussen kiesers en polisiebeamptes by ʼn stemstasie in Malamulele, Limpopo, ontstaan het.
Ma vas wat baba ‘lewend begrawe’
ʼn Vrou wat glo haar pasgebore baba lewend begrawe het, sal Donderdag in die landdroshof in Tseki naby Clarens in die Vrystaat verskyn.
ANC neem voorlopig die voortou
Die ANC was teen vroeg Donderdagoggend die voorloper in die 2016 munisipale verkiesing met meer as 1,1 miljoen stemme wat reeds ten gunste van die regerende party getel is.
Gedagte vir die dag: Laat u wil geskied
So sê die Here vir Israel: Vra na my wil, dan sal julle lewe! (Amos 5:4)
‘Moenie Polisie in Goue Bekerreeks afskrywe nie’
Pretoria Polisie kan geensins in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker afgeskryf word nie.