Drie vermeende rowers wat glo beplan het om ʼn casino te beroof, is in ʼn skietgeveg met die polisie in Welkom in die Vrystaat doodgeskiet.
Lees meerAlles vir Maandag 8 Augustus 2016
Vroue by Zuma-toespraak ‘geplant’
“Hulle het al dikwels vantevore probeer om die president te ondermyn, maar tot vandag toe is hy steeds staande. Hulle sal nie suksesvol wees nie. Ons gaan saam met hom 2019 tegemoet.”
Skoolhoof wat skolier glo verkrag in hof
ʼn Oos-Kaapse skoolhoof het Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag dat hy glo ʼn 13-jarige leerder van sy skool verkrag het.
Man op sypaadjie in Durban doodgeskiet
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn man Maandag helderoordag op ʼn sypaadjie in Durban doodgeskiet is.
Eskom ontken werkers staak
Eskom het Maandag ontken dat werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM) Maandag begin staak het nadat voortslepende loononderhandelings by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vasgeval het.
Nyakane in Springbok-groep vervang
Die stut Trevor Nyakane sal nie betyds vir die eerste twee toetse fiks wees nie, en is onttrek aan die groep wat tans in Sandton vir die eerste toets in die Rugbykampioenskap voorberei.
Polisieman in hof vir vrou se skietdood
Die polisiebeampte verbonde aan die Germiston-polisie se georganiseerde misdaadeenheid aan die Oos-Rand wat na bewering sy vervreemde vrou Saterdag 14 keer met sy dienspistool geskiet het, het Maandag in die hof verskyn.
Luister: Solidariteit maak geskiedenis by die VN
Solidariteit en AfriForum het vandag sy verslag oor die regering se beleid van rassekwotas by die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie aangebied.
Video: Voel jou liefie se hartklop deur dié ring
Is jy in ʼn langafstandverhouding? Die vervaardiger The Touch het nou ʼn ring ontwerp wat jou in staat stel om jou maat se hartklop op enige spesifieke tydstip te voel deur middel van draadlose verbinding via Bluetooth.
[Foto’s] Amerikaner gee nuwe betekenis aan ‘baard’
Wat is ʼn baard? As jy dié vraag aan die internet-sensasie Incrediblebeard sou vra, sou hy sonder huiwering antwoord dat ʼn baard ʼn kunswerk behoort te wees.
Moorddossier geopen ná vrou se dood op wynlandgoed
Jason Rohde (47), uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, het ontken dat hy sy polisieverklaring teruggetrek het nadat ʼn moorddossier geopen is om sy vrou, Susan (47), se dood te ondersoek.
Eenjarige in oprit raakgery
ʼn 18 maande oue baba is in ʼn kritieke toestand na ʼn KwaZulu-Natalse hospitaal geneem nadat die kind in die oprit na ʼn huis deur ʼn motor raakgery is.
Australië ‘skuif’ noord
Australië gaan sowart 1,8 meter noordwaarts “skuif” op Nuwejaarsdag volgende jaar.
[Resep] Hoenderkrokette
Hierdie lyk soos ʼn resep wat ʼn smulpaap sal geniet!
Is oorsese Bokke die antwoord?
Dit help nie meer om verskonings te maak of verduidelikings te gee nie, daar moet die een of ander tyd oop kaarte gespeel word wanneer dit by die kies van die Springbokspan kom.
Talle Pta-strate gesluit op Vrouedag
Talle strate in Pretoria se middestad sal Dinsdag gesluit wees vir Vrouedagvieringe. Die Tshwane-metropolisie het gesê die strate sal van 05:00 tot laat gesluit wees…
“My seun het my lewe gered”
Ek wil graag my getuienis met julle deel, omdat ek glo dit sal ook ander mense help om te weet Jesus los ons nooit nie. Hy kom haal ons op plekke waar gewone mense nie sal gaan nie. Hy maak ons vry en sement ons voete vas op die Rots. Jesus gee nie net hoop nie, Hy is ons Hoop, ons Verlosser en ons Saligmaker. Hy is die middelpunt van alles.
Malmesbury-botsing: Dodetal styg
ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Seldsame-defek: ‘My seuntjie verdien om te lewe’
“Ons kon nie vir die ambulans wag nie. Ek en my man en my skoonpa het in die motor gespring om hospitaal toe te jaag. Wayne het die kardiopulmonêre-resussitasie toegepas op sy skoot. Caylum het egter begin blou word en het nie meer tekens van lewe getoon nie. My man het geskree ‘my kind is dood! My kind is dood! Bid net asseblief’.”
Skietgeveg ná rooftog by Kolonnade
Die Sinoville-polisie is warm op die spoor van twee gewapende mans, na ʼn rooftog en motorkaping Sondagaand by die Kolonnade-winkelsentrum, noord van Pretoria.