Karen Zoid kraai vandeesweek weer koning in die Maroela Media Top 20.
Alles vir Maandag 8 Augustus 2016
Luister: “Die swaarste dag van my lewe”
Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending met Sandra Strydom van Polokwane. Sy en haar man is beide Christene wat by die kerk ontmoet het. Maar in hul huwelik het ’n klomp goed dramaties verander, sodanig dat hulle al vêrder van God en mekaar af weggedryf het.
Entrepreneurskap: Telefoniese dienste in Afrikaans
Jacques Basson gesels met die entrepreneur Magdaleen Kleynhans, eienaar van Senbel, wat sy vier jaar gelede begin het nadat sy, haar man en kinders hulle in Orania kom vestig het. Senbel fokus daarop om telefoniese dienste in Afrikaans te lewer.
Oudste kanker ter wêreld in SA gevind
“Moderne medisyne is geneig om te aanvaar dat kanker en gewasse in die mens veroorsaak word deur moderne leefwyse en -omgewings. Ons navorsing toon hierdie siektes het miljoene jare gelede voor die moderne industriële samelewing in ons voorsate onstaan”.
Die vreemdste Google-soektogte
Die wêreldwye soekenjin, Google, is bekend daarvoor dat hy ingespan word om antwoorde op ingewikkelde en soms eenvoudige vrae te verskaf. Die internet is nou op hol oor die vreemdste vrae wat maandeliks op dié soekenjin gesoek word. Die webwerf Digitaloft het die vrae onlangs bekendgemaak.
Vrystaat-vrou glo per ongeluk in kop geskiet
ʼn 30-jarige vrou is Sondag in die vroeë oggendure in Ladybrand in die Vrystaat doodgeskiet deur twee mans wat glo met ʼn vuurwapen gespeel het.
Verminkte liggaam uit see gehaal
Die liggaam van ʼn man, wat skynbaar deur ʼn haai verskeur is, is Sondag uit die see naby Durban gehaal.
VF Plus ‘koningmaker’ in talle munisipaliteite
Die VF Plus meen hy het landwyd stewig gegroei in 2016 se munisipale verkiesing en het veral beïndruk deur groot deurbrake te maak in provinsies waar daar histories feitlik geen VF Plus-voetspoor was nie.
Man deur polisiekar doodgery
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waarin ʼn 44-jarige man oor die naweek in die Vrystaat glo opsetlik deur ʼn polisiebeampte in ʼn polisievoertuig doodgery is.
Video: Ure se reddingspoging om walvis te red
ʼn Reddingspan van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en die Suid-Afrikaanse Walvisbevrydingsnetwerk (SAWBN), moes die afgelope naweek sewe ure lank spook om ʼn jong boggelrugwalvis te bevry wat in visnette verstrengel geraak het.
ToekomsVenster: Die tempel van God
Daar was uiteraard ook die tempel in Jerusalem. Dit is interessant om daarop te let dat Paulus in die teksvers ons daarop wil wys dat ons gesamentlik die tempel van die Heilige Gees is. Ons leef in ʼn tydvak waarin mense op hulself ingestel is, die sogenaamde individualisme.
Olimpiese Spele: Ys gebreek – so lyk Maandag se program
Die ys is gebreek! Kyk hier watter Suid-Afrikaners vandag deelneem.
Agt sterf in trompop botsing
Agt mense, waaronder twee kleuters, is Sondagaand in ʼn trompop-botsing naby Malmesbury in die Wes-Kaap dood.
Man in Pietermaritzburg doodgeskiet
Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man Sondagaand by ʼn huis in Pietermaritzburg doodgeskiet is.
Polisieman skiet sy vrou glo 14 keer
ʼn Polisiebeampte verbonde aan die Germiston-polisie se georganiseerde misdaadeenheid aan die Oos-Rand, is in hegtenis geneem nadat hy glo oor die naweek sy vrou 14 keer met sy diensvuurwapen geskiet het.
Nuuskommentaar: Is dit nou die einde van die politiek van die middelvinger?
Vir koalisiepolitiek om voortaan te slaag, sal die middelvinger tuis gehou moet word en meer van die kleiner partye sal beduidend moet groei om die…
Olimpiese Spele: SA se eerste medalje in die sakkie
Suid-Afrika is amptelik op die medaljetabel by die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro.
Drie vas kort na moord op verkeersbeampte
Twee mans en ʼn vrou is in die Vrystaat in hegtenis geneem, kort na die moord op ʼn verkeersbeampte in Standerton, Mpumalanga.
Twee in hof vir verkiesingverwante misdade
Twee mans wat in Mpumalanga in hegtenis geneem is op aanklag van verkiesingsverwante misdade, sal Maandag in die hof verskyn.
Gedagte vir die dag: Laat ons nie in versoeking kom nie
Moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: ‘Wie is die Here?’ nie, en sodat ek nie te arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie. (Spreuke 30:8–9)