Polisiebeamptes in Rome, Italië, het tot ʼn egpaar se “redding” gekom deur vir hulle ʼn ete voor te berei.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Augustus 2016
Nóg ʼn verdagte vas ná moord op sakeman
ʼn Vierde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn Durbanse sakeman.
Nuwe monument op Vrouedag onthul
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag ʼn nuwe monument op Lillian Ngoyi–plein (voorheen Strijdom-plein) in Pretoria onthul ter viering van Vrouedag.
Tereza Troskie-Herbst: ‘God het hom vir ses dae vir ons geleen’
“Dit is seker die grootste ding: Ons verstaan nie.” Só het Tereza Troskie-Herbst (47), Mev. Suid-Afrika van 1999, aan Maroela Media gesê nadat haar en haar tweede man, Bennie (36), se babaseuntjie, Jayden Ben, oorlede is.
Herdenk ook die vroue in die geskiedenis
Graag wil ek vra dat ons vandag ook die rol van ander vroue in die geskiedenis herdenk as net die rol van die ANC se Vroueliga
OB-onderhoude regstreeks uitgesaai
Die onderhoude met die 14 kandidate wat meeding om as die volgende openbare beskermer (OB) aangestel te word, gaan almal op een dag plaasvind en word regstreeks uitgesaai.
Wag doodgeskiet tydens Ballito-rooftog
Drie mense is geskiet tydens ʼn rooftog by ʼn sakeperseel in Ballito in KwaZulu-Natal.
Jong pa in hof ná dood van baba
Die patoloog het getuig die veelvuldige skedelfrakture is waarskynlik veroorsaak deur die baba se kop teen ʼn muur te slaan of haar teen die kop te skop.
“My droom vir elke meisie is gehalte onderrig”
My droom is vir elke meisie in ons gemeenskap en in ons land om toegang tot gehalte onderrig te hê en dat sy die meeste maak van elke geleentheid wat sy kry. My oortuiging is dat dit die enigste manier is vir ons om waarlik die wêreld te verander.
Departement ontken rotavirus-uitbraak in Gauteng
Die departement van gesondheid in Gauteng het ontken dat daar ʼn uitbraak van die rotavirus in die provinsie is.
Vrouedag: Is vroue die sterker geslag?
Ter viering van Vrouedag het Maroela Media gaan ondersoek instel om te kyk of vroue dalk die sterker geslag is…
Bokke moenie soos `n langspeelplaat vashaak
Nadat die Lions in Saterdag se Superrugby-eindstryd teen die Hurricanes vasgeval het, het daar die afgelope twee dae stemme uit die Kaap opgegaan dat die Springbokafrigter, Allister Coetee, nie die Lions se speelpatroon moet navolg nie.
Olimpiese Spele: Só lyk Dinsdag se program
Die Blitsbokke speel Dinsdag twee keer, die middag teen Spanje en Dinsdagaand teen Frankryk.
ToekomsVenster: Maak die mense Sy dissipels
Om te probeer gehoorsaam wees aan die groot opdrag van die Here, sonder die bemagtiging van sy Gees, is futiel en sonder impak. Juis daarom begin Jesus hierdie opdrag met die woorde “alle mag in die hemel en op aarde is aan my gegee”… en sluit Hy hierdie gedeelte af met die woorde “en weet, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”
Nuuskommentaar: Vrouedag – deur die glasplafon
Is dit gepas dat iemand wat tien jaar gelede suksesvol owerspel as verweer teen ’n aanklag van verkragting in die hof kon aanvoer, nou die…
Twee vermiste kinders dood gevind
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat die lyke van twee kinders in ʼn ongebruikte gebou in Germiston gevind is.
Vrouwees vandag
Omhels jou vrouwees, jy hoef nie soos ʼn man op te tree wanneer jy jou in ʼn manswêreld bevind nie. Jou vrouwees is juis dit wat jou anders maak, dit wat jou uniek maak. Wees verseker jy maak ʼn impak en ʼn verskil.
Olimpiese Spele: Nóg ʼn silwermedalje vir SA
Suid-Afrika spog nou met twee medaljes by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro – weer ʼn silwermedalje en weer in die swembad.
Gedagte vir die dag: Maar verlos ons van die Bose
Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. (Efesiërs 5:8)