Meyerton en Edenvale pak mekaar Saterdag in die eindstryd van die Valke se Kestrelliga.
Lees meerAlles vir Donderdag 11 Augustus 2016
Video: SA mesmaker in VSA bekroon
Bertie Rietveld, ʼn Suid-Afrikaanse mesmaker van Magaliesburg in Gauteng, se kunsmes is onlangs bekroon as die beste ter wêreld.
Eskom-staking: ‘Bedrywighede word nie beïnvloed’
Die onbeskermde staking, waaraan nagenoeg 15 000 Eskom-werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM) by kragstasies landswyd deelneem, het geen uitwerking op bedrywighede nie, het die kragverskaffer Donderdag gesê.
Marathon onderhoude met OB-kandidate duur voort
Die parlement se ad hoc-komitee is steeds besig om onderhoude te voer met die 14 kandidate op die kortlys vir die pos van openbare beskermer (OB), wat na verwagting nog tot laatnag sal voortduur.
Sonuitbarstings veroorsaak amper Derde Wêreldoorlog
Die aarde is op 23 Mei 1967 byna in ’n Derde Wêreldoorlog gedompel, toe ’n sonvlam verskeie van die VSA se radarinstallasies buite werking gestel het.
Isis reeds swaar verliese toegedien
Die militêre veldtogte in Irak en Sirië teen Isis is ʼn sukses, altans dis wat die Amerikaanse leier van die koalisie, generaal Sean MacFarland, in ʼn video vanuit Bagdad te kenne gee. Volgens hom is 45000 Isis-vegters die afgelope twee jaar doodgemaak.
Ses ontsnap uit polisie-aanhouding in Limpopo
Ses verhoorafwagtende gevangenes het Donderdag uit die aanhoudingselle van die Witpoort-polisiestasie in Limpopo ontsnap.
Ackers kies 15 nuwes in beginspan teen Pumas
Die Goue Leeus se afrigter Johan Ackermann het letterlik 15 veranderinge aangebring aan die beginspan wat die Lions verlede week in die eindstryd teenwoordig het om Saterdag (15:00) op Ellispark teen die Pumas te speel.
Tien polisiebeamptes vas oor dwelmsmokkelary
Tien polisiebeamptes het Donderdag in die Bergville- en Ladysmith-landdroshowe verskyn op aanklag van korrupsie.
Olimpiese Spele: Nog ʼn silwermedalje vir SA
Suid-Afrika het pas sy derde medalje by die Olimpiese Spele in Rio verower.
Nestlé ontken babakos word herroep
Nestlé Suid-Afrika het Donderdag gewaarsku ʼn valse boodskap doen die ronde dat die maatskappy se piesangbabakos herroep word omdat dit glas in het.
[Foto’s] VSA se oudste winkelsentrum nou oulike woonstelle
The Arcade Providence, Amerika se oudste binnenshuise winkelsentrum in Rhode Island, New England, is pas in 48 lae-koste woonstelle omskep om te verhoed dat dié gebou verder verinneweer word.
Twee vas vir moord op Noordwes-kleinhoewe
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vrou, wie se liggaam Woensdag in haar huis op ʼn kleinhoewe by Silkaatsnek, naby Hartbeespoortdam in Noordwes gevind is.
De Lille bly burgemeester
Die DA se Wes-Kaapse leier, Patricia de Lille is, soos verwag, Donderdagoggend tydens ʼn verkiesing van die Kaapstad-metroraad weer tot burgemeester verkies.
Die wêreld in foto’s – 11 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Bejaarde vrou met byl doodgeslaan
ʼn 75-jarige vrou is Woensdagmiddag in Limpopo vermoor deur gemeenskapslede wat haar van heksery beskuldig het.
Tietjens se dae is getel
Daar is ʼn tyd vir enige rugbyspeler en -afrigter om te kom en te gaan.
Video: Pa se hart stap saam met haar na kansel
Tien jaar nadat Jeni Stephien van Pennsilvanië in Amerika se pa oorlede is, het die man wat haar pa se hart ontvang het, saam met haar na die kansel gestap.
Zephany Nurse-saak: Staat eis tronkstraf
Die staat het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevra die 52-jarige vrou, wat skuldig bevind is aan die ontvoering van Zephany Nurse byna 20 jaar gelede, moet direkte tronkstraf opgelê word.
Vragmotor beland bo-op motor tydens lisensietoets
Twee mans is dood en nog een beseer nadat ʼn vragmotor Donderdag bo-oor ʼn motor gery het in Atlantis in die Wes-Kaap.