Kyk, Oom Herrie weet met rasseverhoudinge wat so delikaat is, is die manier waarop onse mense destyds politiek bedryf het, iets van die verlede.
Veral die dae toe die Natte en Sappe so aanmekaar was. Ladybrand se stadsaal het pas die deftigste deure gekry, toe daar so ’n woeste geveg tussen die Sappe en Natte in die saal uitbreek, dat daai nuwe deure met kosyn en al uit die muur uit baklei is.
Alles vir Donderdag 11 Augustus 2016
[Entrepreneurskap] “Ek is opgewonde oor die toekoms”
Jacques Basson gesels met die entrepreneur Magdaleen Kleynhans, eienaar van Senbel, wat sy vier jaar gelede begin het nadat sy, haar man en kinders hulle…
Vegter Potties ná 16 jaar uit as tot kampioen
Potgietersrus het `n merkwaardige veggees getoon deur uit die as op te staan en boonop van agter te kom om Saterdag ná 16 jaar weer die Limpopo Blou Bulle se Boet Fick-liga te wen.
Staking in petroleumbedryf verskerp
Lede van die vakbond Ceppwawu sal vandag buite brandstofdepots en sommige farmaseutiese maatskappye in vier provinsies betoog as deel van die vakbond se landwye staking.
Berugte bendelid gevonnis vir moorde
ʼn 28-jarige man wat in 2013 twee mans in ʼn oop veld in Bethelsdorp in die Oos-Kaap in ʼn bendegeweldvoorval doodgeskiet het, is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.
Nog #FeesMustFall-betogings dalk op pad
“Ons is baie teleurgesteld en ons stel dit op rekord dat ons massas mense agter ons het. Ons sal in die strate ontmoet.”
Griffonsliga: Rovers moes dié keer uithaal
Anders as verlede jaar, moes Rovers van Welkom vanjaar uithaal om as die Griffons se ligakampioen gekroon te word.
KZN-liga: geel kaarte laat Hillcrest hard werk
Twee geel kaarte het veroorsaak dat Hillcrest Saterdag tuis hard teen Westville Old Boys (WOB) moes werk om sy wedstryd in die halfeindstryd van die Junior Murraybeker te wen.
Gedagte vir die dag: Julle sal ontvang
Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome sal wees. (Johannes 16:24)