Baie van die werkers by die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga is by die myn weg nadat hulle vrywillige skeidingspakkette aanvaar het.
Lees meerAlles vir Sondag 14 Augustus 2016
Bekende wildboer, nog twee vas oor renosterhorings
ʼn Bekende wildboer en twee ander mans is deur die Valke in Pretoria in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om vyf renosterhorings aan ʼn geheime agent te verkoop.
Pretorianers spring in om skool vir gestremdes te help
Goedhartige Pretorianers het dié naweek moue opgerol om ʼn plaaslike skool vir gestremdes wat deur ʼn moontlike waterkrisis in die gesig gestaar word, te help.
Seun (6) slaan pasgebore baba dood; ma aangekla
ʼn Sesjarige seuntjie van Florida in die VSA het na bewering sy pasgebore babasussie doodgeslaan nadat hul ma hulle vir meer as ʼn halfuur alleen in ʼn motor gelos het.
Ekurhuleni-burgemeester dié week aangewys
“Ekurhuleni wil inwoners verseker dat die afwesigheid van ʼn duidelike meerderheid by enige party in die stad nie dienslewering sal beïnvloed nie.”
Ma en seun (2) dood gevind; twee vas
Twee mans, onderskeidelik 18 en 25 jaar oud, sal Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn 21-jarige vrou en haar tweejarige seun.
Man kritiek ná inwoners hom glo aanrand
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Saterdagaand glo deur inwoners van ʼn nedersetting in Imbali, Pietermaritzburg, erg aangerand is.
Man vas oor ‘vervalste’ medisynevoorskrif
ʼn Man is in Lydenburg, Mpumalanga, in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vervalste voorskrif vir medisyne by ʼn apteek ingedien het.
Skietgeveg toe polisie ‘rowers’ verras
ʼn Skietgeveg het Saterdag in Isipingo, KwaZulu-Natal, ontstaan nadat polisiebeamptes vier vermeende rowers op heterdaad betrap het.
Paneel bekyk minimumloon
Die presidensie het Sondag aangekondig dat adjunk-president Cyril Ramaphosa ʼn paneel aangestel het om ʼn gepaste nasionale minimum loon vas te stel.
ANC Vroueliga kap media oor Caster Semenya
Die ANC Vroueliga (ANCVL) het Saterdag uitgevaar teen “ongevraagde bespiegeling” deur internasionale media oor die geslag van die Suid-Afrikaanse top-atleet Caster Semenya.
Video: Afrikaanse Taaldag: Wat is jóú gunstelingwoord?
Afrikaanse Taaldag word jaarliks op 14 Augustus gevier, en dié dag is elke jaar ʼn bewys dat Afrikaans ʼn taal is wat in die harte van mense bestaan, en nie net in wetboeke nie.
Olimpiese Spele: Só naby, só ver vir Manyonga
Toe Suid-Afrikaners Saterdagaand gaan slaap het, het baie min mense geweet wie Luvo Manyonga is, maar nadat hy vroeg Sondagoggend byna die land se eerste goue medalje in die verspring op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen het, sal hy op almal se lippe wees.
Universiteit is meer as taal
Die huidige taaldebat by universiteite is geen taaldebat nie, maar ʼn debat oor idees. Die debat anderkant die taaldebat word gevoer omdat daar baie goed besef word dat die student nie deur taal gevorm word nie, maar deur die volle akademiese en nie-akademiese kurrikulum.
Olimpiese Spele: Luvo spring silwer los
Die verspringer Luvo Manyonga het Saterdag vir Suid-Afrika se sesde medalje op die Olimpiese Spele in Rio gesorg toe hy met ʼn silwermedalje weggestap het.
Wenk lei polisie na daggavonds
ʼn Man is Saterdag in Khayelitsha in Kaapstad in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het dat hy dagga in sy besit het.
Gedagte vir die dag: Skatte in die hemel
Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. (Matteus 6:20–21)