Sy liggaam is op 3 Desember verlede jaar in ʼn veld in Magaliesburg gevind.
Alles vir Donderdag 18 Augustus 2016
‘Diakens se span’ OP se nuwe kampioen
`n Span wat deur `n kerk se diakens op die been gebring is, het Woensdag die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagbeker gewen – teen `n span wat die afgelope jaar `n merkwaardige ommekeer in sy rugbykrag teweeg gebring het.
ANC: ‘Ons staan (en val) by ons leier’
Terwyl ek werk toe ry, tref die reklamebord met die slagspreuk “ANC-NUK besluit om by Zuma te staan” (heeltemal te verwagte) my. Sekretaris-generaal Gwede Mantashe verklaar dat die ANC gesamentlik verantwoordelikheid aanvaar vir die afname in kiesersteun vir die ANC. Dit behoort hulle dan ook te doen.
Athol Trollip is NMB se nuwe eerste burger
Athol Trollip van die DA is Donderdag amptelik tot burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro verkies.
[Entrepreneurskap] My potlode was my eerste modelle
“My potlode was my eerste modelle. Ek het hulle met sneesdoekies aangetrek en modeparade gehou,” vertel Gert-Johan Coetzee, een van Suid-Afrika se gewildste en mees suksesvolle modeontwerpers. Van sy beroemde kliënte sluit die wêreldbekende Kardashian-familie in.
Kind glo op leeuplaas doodgebyt
ʼn Kind is glo Donderdagoggend op die Otavileeuplaas buite Parys in die Vrystaat doodgebyt.
Video: Is Eskom-hofuitspraak goeie nuus vir verbruikers?
Kragverbruikers juig na die uitspraak deur die Noord-Gautengse hooggeregshof dat Eskom se prysverhogings onregmatig was.
[Foto’s] Trane toe verlamde bruid na kansel stap
“Ek het na my ma gekyk en gevra: ‘Gaan ek dan vir ewig in ʼn rolstoel gekluister wees?’ Sy het gehuil, en vir my gesê as God wil hê ek moet loop, dan sal ek weer loop.”
Vrou by Bfn-winkelsentrum ontvoer, beroof
Die Bloemfonteinse polisie is steeds op die spoor van ʼn verdagte wat ʼn vrou in die parkeerterrein van ʼn plaaslike winkelsentrum ontvoer en later beroof het.
Luister: Marno van der Merwe spog met debuutalbum
Aanhangers ken Marno van der Merwe nou wel vir sy akteursvernuf, maar dié Modder en Bloed-akteur vertel hy sing al sedert hy in die babadoeke was, en het nou eindelik ook sy debuutalbum uitgereik.
OB-kortlys vandag verklein
Die 14 kandidate se onderhoude is verlede week tydens ʼn marathonsessie in die parlement gehou.
Twee sterf op gru-ongelukstoneel
Twee vroue is dood en nege mense beseer nadat die kant van ʼn minibustaxi heeltemal oopgeruk is tydens ʼn botsing Donderdagoggend naby Pietermaritzburg.
ToekomsVenster: Elkeen moet ʼn geskenk bring
Ons gee somtyds goedbedoelde dog waardelose geskenke. Dit word deel van ʼn versameling van oulike maar lastige rondstaan-items waarvoor daar nie plek is nie. Spreekwoordelik land daardie items op die gemeente se tombola-tafel waar dit as pryse uitgedeel word vir veral kinders wat aan speletjies deelneem.
[Resep] Pistasieneut-en-bosbessienougat
Jy benodig ʼn suikertermometer vir hierdie resep.
Man vermoor ná hy van rowers vlug
ʼn Man is Woensdagaand deur rowers vermoor nadat hulle hom en sy vrou beroof het.
Staking in petroleumbedryf ná weke verby
Die weke lange staking in die petroleumbedryf het Woensdag tot ʼn einde gekom nadat ʼn ooreenkoms tussen die vakbond en werkgewers bereik is.
Saterdag se heerlike feesmaal
Dis een van daardie skaars geleenthede in sport, wanneer `n rugby- en kriekettoets op dieselfde dag in `n land plaasvind.
Nuuskommentaar: Koalisies en samewerking
Sou die nuwe situasie daartoe lei dat Suid-Afrika ook professionele politieke brugbouers kry, gaan hulle, met die EFF in die prentjie, hare op hul tande nodig hê om die wa op sy spore te hou. Tensy natuurlik die EFF vir ’n slag besluit om volwasse politiek te bedryf.
Opgradering van Pta-waterpype suksesvol afgehandel
Die watertoevoer in Pretoria is Woensdag omstreeks 23:00 herstel, maar dit sal nog ʼn ruk duur voordat dit heeltemal terugkeer na normaal.
Oud-koerantredakteur in hof vir laster
Ferial Haffajee, voormalige redakteur van City Press, moet Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van laster.