College Rovers en Oos-Londen Polisie verwag strawwe teenstand wanneer hulle Saterdag onderskeidelik in Durban en op Uitenhage vir die Goue Beker in aanmerking probeer kom.
Lees meerAlles vir Vrydag 19 Augustus 2016
Raap-en-skraap Kings laat Bulle groot skrik
Sewe verdoelde drieë vertel nie die volle verhaal van die Blou Bulle se Curriebeker-oorwinning Vrydagaand teen die raap-en-skraap span van die OP Kings op Loftus nie. Die telling was 49-45.
WP verloor sy tweede uit twee wedstryde
Die Westelike Provinsie begin seker nou die druk voel na hulle tweede opeenvolgende Curriebeker-neerlaag. Hulle het Vrydagaand 25-32 teen die Vrystaat Cheetahs op Nuweland verloor.
110 000 bye uit hospitaal verwyder
Ongeveer 110 000 bye is uit ʼn hospitaal in Cardiff, Wallis verwyder nadat heuning teen die mure begin afdrup het.
Dodetal styg in Golden Gate-busongeluk
Die dodetal van ʼn busongeluk wat Vrydag in die Golden Gate-natuurreservaat plaasgevind het, het tot 11 gestyg.
Sharks sal moet veel beter teen die sterker spanne
Dit het vroeg in die wedstryd gelyk of die Sharks die vloer met die Boland Kavaliers in Wellington sou smeer, maar met ʼn stotterende vertoning, veral ná rustyd, was die eindtelling ʼn onindrukwekkende 41-20 vir die Durbaniete.
ANC behou Rustenburg in naelbytstryd
Die ANC het Vrydag op ʼn dramatiese wyse mag behou in die plaaslike raad in Rustenburg, Noordwes.
Man oorleef 8 m-val
ʼn Konstruksiewerker het Vrydag ernstige beserings opgedoen nadat hy agt meter ver geval het by ʼn perseel in Ormonde, suid van Johannesburg.
Leeuplaas reageer ná 12-jarige se dood
Louis Pulzone, uitvoerende hoof van die Otavi Game Lodge waar ʼn 12-jarige seun Donderdagoggend deur ʼn leeu aangeval is, het Vrydag in ʼn verklaring gesê hulle sal nog jare lank die afsterwe van die kind betreur.
Inkleur help vir die seer
“Die inkleur van mandalas is reeds in Freud se tyd gebruik as ʼn praktiese terapeutiese manier om pasiënte te help om uiting te gee aan emosies wat hulle onbewustelik ervaar.”
Tshwane-burgemeester verkies
Die Demokratiese Alliansie se Solly Tshepiso Msimanga is Vrydag deur die nuwe Tshwane-raad as uitvoerende burgemeester verkies.
[Foto’s] Vrystaat-ongeluk eis tien
Tien mense is Vrydag dood en talle beseer nadat ʼn bus met sowat 42 insittendes verskeie kere in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het.
Usain Bolt: ‘Sonder Hom is ek niks’
Usain Bolt van Jamaika, oftewel “die vinnigste man wat leef”, het vandeesweek sy agtste goue Olimpiese medalje verower nadat hy by vanjaar se spele vir die derde agtereenvolgende keer goud in die mans 100 m- en 200 m-items losgehardloop het. Dit is egter die atleet se openlikheid oor sy geloof en verhouding met God wat harte verower.
Video: Uitdrukking: ‘n Voël in die hand is beter as 10 in die lug
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “’n Voël in die hand is beter as 10 in die lug” beteken.
Nóg ʼn terugslag vir ‘terreur-tweeling’
ʼn Dringende aansoek deur Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die sogenaamde terreur-tweeling, om Maandag se hofuitspraak te betwis wat bevind het hul inhegtenisneming was regmatig, is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof van die hofrol geskrap.
Masjinis sterf toe treine reg van voor bots
ʼn Masjinis is Donderdag dood nadat ʼn wegholdiesellokomotief reg van voor teen die trein waarin hy was, gebots het.
Lekker verjaar, ATKV!
Die ATKV vier op 19 Augustus sy 86ste bestaansjaar en is beslis geen “outydse taalorganisasie” nie! Die organisasie kyk vandag terug op dit wat die ATKV in 86 jaar bereik het.
Zuma stel afskopfase van 50/50-boerderybeleid bekend
Die 50/50-boerderybeleid is die eerste keer in 2014 voorgestel as deel van pogings om te verseker dat plaaswerkers voordeel trek deur aandele te besit in die plase waarop hulle werk en hulle die sekuriteit van verblyfreg te gee.
Die wêreld in foto’s – 19 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Oom Herrie se kerrie: Oom Herrie speel weer albasters
Oom Herrie het weer begin albasters speel. Nee, nie “oumens-marbles” (rolbal) nie – dis gans te gevaarlik.