Die Springbokke het hulle openingswedstryd in die Rugbykampioenskap in die laaste tien minute beklink toe hulle Argentinië Saterdag 30-23 in Nelspruit geklop het.
Lees meerAlles vir Saterdag 20 Augustus 2016
OL Polisie verras in Goue Beker-uitspeelronde
Oos-Londen Polisie (Grens) het vir die grootste verrassing gesorg in die eerste reeks uitspeelwedstryde om die laaste twee plekke in die oop klubs se internasionale Goue Bekerrreeks te vul.
Wits is beste universiteit in Afrika
Die ministerie van hoër onderwys en opleiding het die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gelukgewens nadat dié universiteit as die beste in Afrika aangewys is.
70 onwettige myners in Welkom aangekeer
Altesaam 70 onwettige myners, almal uitlanders, sal Maandag in die landdroshof in Welkom in die Vrystaat verskyn op aanklag van poging tot gouddiefstal, onwettige betreding en die oortreding van die immigrasiewet.
Ritueelmoord: Borgtogaansoek afgekeur
ʼn Man van Limpopo, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn vrou vir haar liggaamsdele vermoor het, se aansoek om borgtog is Vrydag in die Mokerong-landdroshof in Limpopo afgekeur.
Boer in hospitaal ná besoedeling in Noordwes
Gideon Nieman (59) is in die Brits- provinsiale hospitaal opgeneem en is een van verskeie persone wat naby Roodekoppies-dam blootgestel is aan vermoedelik besoedeling.
Griekwas skok die Leeus in Kimberley
Die Griekwas het Saterdag op Griekwapark in Kimberley herbevestig hoe moeilik dit is om hulle daar te klop toe hulle hulle die verdedigende Curriebekerkampioen, die Goue Leeus, se wensiklus verbreek en hulle 30-24 geklop het.
All Blacks se skitter-wegspring kelder die Wallabies
Die tweede helfte van die eerste wedstryd in vanjaar se Rugbykampioenskap het miskien ʼn bietjie moed vir die ander spanne gegee dat die All Blacks geklop kan word. Hulle het die Wallabies 42-8 geklop na hulle rustyd al 32-3 voor was.
Video: Die skoolvideo waaroor almal praat
Die projek is deur ʼn besondere leerling van die skool geïnspireer. “Hierdie leerder het, ten spyte van sy fisiese gestremdhede vir ons gewys dat ‘impossible’ slegs ʼn woord is en dat dit maklik in ‘I’mPOSSIBLE’ verander kan word.”
Video: Spele: Paralimpiese atlete op hete kole
Die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro skop op 7 September af. Suid-Afrikaanse atlete oefen hard in die aanloop tot vanjaar se skouspel.
Video: Ronan Keating is mal oor SA
Die sanger en musiekskrywer, Ronan Keating, is in Suid-Afrika vir sy jongste albumtoer.
Vier vas oor KZN-gesin se moord
Vier persone is in hegtenis geneem nadat drie gesinslede, insluitend ʼn swanger vrou, wreed vermoor is.
Vrystaat-hof sê oor skoolgaande ouderdom
’n Hofgeding rondom ’n aansoek om ’n vyfjarige tot Graad 1 aan die Laerskool St. Helena in Welkom toe te laat, het Vrydag in die Vrystaatse hooggeregshof tot ’n einde gekom.
Lasbrief vir Dramat se inhegtenisneming uitgereik
Die Pretoriase landdroshof het ʼn lasbrief vir inhegtenisneming uitgereik vir Anwa Dramat, voormalige hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) nadat hy versuim het om Vrydag by die hof op te daag.
Olimpiesie Spele: Twee dae, een medalje
Nog net een medalje! Dít is waarna die Suid-Afrikaanse Olimpiese span Saterdag en vroeg Sondagoggend streef om by tien medaljes uit te kom.
Golden Gate-ongeluk word ondersoek
ʼn Span kenners wat ongelukstoneelrekonstruksie kan doen, is ontbied om die weermagbusongeluk in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat te ondersoek wat die lewe van 11 vroue geëis het.
Bedrieglike aptekers in Limpopo aangekeer
ʼn Verpleër is in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en dat hy ʼn apteek bedryf het sonder ʼn lisensie.
Pta-vrou vas oor Gumtree-advertensie
Roxanne van Wyk (23) het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.
Gedagte vir die dag: Vreugde in Jesus
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! (Filippense 4:4)