DA-lede het Maandagaand gedans en gesing toe die party se burgemeesterskandiaat, Herman Mashaba, tydens die eerste sitting van die Johannesburgse stadsraad tot burgemeester verkies is.
Lees meerAlles vir Maandag 22 Augustus 2016
Ma, twee kinders in KZN vermoor
ʼn Ma en haar twee kinders is die afgelope naweek wreed in Ndwedwe in KwaZulu-Natal vermoor.
Moord op DA-raadslid: Verdagte glo ANC-raadslid
Zonisele Magawu (29) het Maandag in die Postmasburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op Johannes Baatjies (49), ʼn DA-raadslid van Daniëlskuil in die Noord-Kaap.
BBRU se Carlton-B-wenner wil vlerke wyer sprei
Die nuwe wenner van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga B wil sy vlerke ook na Limpopo en Mpumalanga sprei.
Werk- en loonsekerheid steeds swak
Werk- en loonsekerheid het in die tweede kwartaal van 2016 swak gebly, vasgevang binne ʼn arbeidsomgewing van dalende werk- en loonsekerheid wat sedert 2011 al byna ses jaar lank voortduur.
VF Plus-raadslid glo gedreig ‘vrou, kind sal verdwyn’
Die VF Plus het Maandag gesê Franco de Lange, die party se raadslid vir Johannesburg, is kort voor die metro se eerste raadsvergadering gedreig dat sy vrou en kind sal “verdwyn” indien hy saam met die opposisie teen die ANC stem.
Man tydens rusie met byl doodgekap
Vier mans het Maandag in die Groblershoop-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn nadat hulle glo oor die naweek ʼn man met ʼn byl doodgekap het.
Tienjarige hoor glo hoe ouers doodgeskiet word
Die seun se klere was met bloed bevlek en hy het vertel dat hy gehoor het hoe sy ouers langs die pad doodgeskiet word.
Aanlynregistrasie: Net meer as 60% Gauteng-leerders sover geplaas
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het bekend gemaak 63% van die provinsie se leerlinge is reeds vir die 2017 skooljaar geplaas.
[Foto’s] 94 verdagtes vas in KwaZulu-Natal
Die polisie het Maandag ontken dat foto’s van tientalle verdagtes wat oor die naweek in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is lede van ʼn “georganiseerde misdaadsindikaat” is.
Nuwe Jhb-speaker aangewys
Die Johannesburgse stadsraad het Maandag tydens sy eerste sitting en verskeie onderbrekings ʼn nuwe speaker verkies.
Man op kleinhoewe in plaasdorpie doodgeskiet
Met sy laaste asem het Johan van Rensburg (62) verbete teen ʼn groep aanvallers geveg om sy verloofde, Dina, op hul kleinhoewe in die plaasdorpie, Sundra, in Mpumalanga te beskerm.
Joey Haarhoff was my ma …
Die verhaal van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff is ʼn bekende een. Tussen 1988 en 1990 het dié paartjie van Pretoria ses meisies ontvoer. Vandag, jare later, is daar steeds geen spoor van die meisies nie en die saak bly onopgelos. Maar die verhaal eindig nie daar nie…
Boek van die maand (resensie): ‘Tuisland’ deur Karin Brynard
“Tuisland” is 574 bladsye uiters boeiende, hoogs leesbare vermaak. Hoogs aanbeveel. Koop hierdie boek gerus vir jou versameling Afrikaanse boeke, skryf Ilse Salzwedel.
Klasse weer by UKZN opgeskort
Lesings op al vyf kampusse van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) is Maandag weereens opgeskort.
Voetganger, passasier sterf in botsing
Twee mense is dood en drie beseer toe ʼn motor en ’n Nissan Drifter-bakkie vanoggend op die R25 naby die M3 in Welbekend, Gauteng, gebots het.
Driejarige se byna-verdrinking: ‘God is groot’
“Daar was niks wat ons kon doen nie. Ons het net gebid en gesmeek vir sy lewe. Ek het geweier om te aanvaar dat my kind dood is, ten spyte van dokters wat ons gemaan het om die ergste te aanvaar. Toe kom die nuus, dokters kon hom bybring.”
Amptenare aangekla ná meisie (8) doodskok
Charlie Jacobs, die meisie se pa, beweer hy is ʼn dag ná sy dogtertjie se dood by die polisiekantore én munisipaliteit op Secunda weggewys toe hy die voorval wou aanmeld.
Uitdrukking: ʼn Bloutjie loop
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “‘n bloutjie loop”
Luister: ‘Dis koue kos, skat’ leer oor vergifnis
Die nuwe Afrikaanse fliek, Dis koue kos, skat, wat geskoei is op ʼn roman deur Marita van der Vyver met dieselfde titel, gaan leer oor vergifnis en aanvaarding, maar nie sonder om ʼn stekie of twee in te kry nie.