Die nuwe Afrikaanse fliek, Noem my Skollie, wat gegrond is op ʼn ware lewensdrama, gaan leer oor hoop, aanvaarding en vergifnis. Dié fliek begin op 2 September landwyd in teaters draai, en Maroela Media deel nou eksklusief ʼn tweede kykie agter die skerms van die fliek.
Alles vir Dinsdag 23 Augustus 2016
Op die altaar van ‘politieke korrektheid’
Verlede week is die Duitse historikus Ernst Nolte in Berlyn oorlede. Die gemiddelde leser sal sy naam nie ken nie – maar moenie ophou lees nie, want al was dit slegs by implikasie, was sy werk nogal van belang vir Suid-Afrika.
[Resep] Veselryke biltongpoffertjies
Iets heerliks vir die kosblik!
Luister: Joshua na die Reën oor die wêreld binne hom
Sy musiek is in wese ʼn openbare manier van leef, daarom is dit ook eg. “Baie mense vra my of dit nie vir my moeilik is om my hart so te deel nie. Ons moet mekaar liefhê en mekaar se stories ken. Dit wat ek skryf, is nie noodwendig ek nie, maar dis waarna ek streef om te wees.”
ToekomsVenster: Ek is die weg en die waarheid
Ons is bekend met hierdie frase: “die weg, die waarheid en die lewe”. Jesus inkorporeer al drie hierdie momente in sy Persoon. Wie in Hom glo, ontdek die weg (pad) na die ware lewe.
Verdagte vas na vrou se dood op wynlandgoed
Susan Rohde se liggaam is die oggend van 24 Julie in ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch gevind.
Nelspruit-botsing eis twee
Twee mense is dood en 14 beseer nadat ʼn minibustaxi Dinsdagoggend teen ʼn vragmotor in Nelspruit gebots het.
Maroela Motors-padtoets: Opel Adam S is lekker wintie!
Die Opel Adam S lyk jonk en verfrissend en dra sy sportiewe bedoelings op sy mou. Krag en karakter het hy in oorvloed en die uitleg van die kajuit laat jou veilig voel, skryf Brendon Staniforth.
Nuuskommentaar: Om Die Stem uit volkslied weg te laat
Kort ná die EFF die huidige koalisiepolitiek probeer kompliseer het met ’n eis dat Die Stem uit die volkslied verwyder word, steek die rubriekskrywer Max du Preez weer sy kop in ’n byenes hieroor. Dis egter ’n proses wat veel komplekser is en baie meer sensitiwiteit na alle kante benodig as wat Max aanbied.
Baba se lyk in Wes-Kaap gevind
Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Sondag gevind waar dit naby Sir Lowry’s Pass in die Wes-Kaap gestort is.
Tienerseun skok dood
Paramedici het die seun op die toneel dood verklaar.
[Foto’s] Vyf dood ná mislukte transitorooftog
Vyf mense, onder wie vier verdagtes, is dood nadat lede van die polisie se misdaad-intelligensie-eenheid, die taakmag en die Valke ʼn transitorooftog naby Secunda gefnuik het.
Mynwerker sterf in ontploffing
Anglo American Platinum (Amplats) het Maandag bevestig dat nog ʼn werker by sy mynkompleks in Rustenburg dood is.
Medelye ná raadslid sterf tydens sitting
ʼn ANC-raadslid is Maandag dood tydens die eerste sitting van die Johannesburgse stadsraad.
Gedagte vir die dag: Voel saam
Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. (Romeine 12:15)