“Ek het daardie oggend my pa gebel en gesê ek het ʼn slegte gevoel.” Geraldine Bennet (29) sê sy wens sy het die dag na haar “sesde sintuig” geluister, want dan was haar woelwaterseuntjie dalk nog hier.
Alles vir Woensdag 24 Augustus 2016
‘Kaper’ geskiet ná jaagtog in Pta-strate
ʼn Vermeende kaper is Woensdagoggend in die ooste van Pretoria geskiet, ná ʼn wilde jaagtog met die polisie en metropolisie.
ANC erken verliese is ‘eie toedoen’
“Die boodskap wat ons mense vir ons gestuur het, was hard en duidelik. Ons sal beslis ons optrede en houding verander, soos die persepsie dat ons afsydig, selfsugtig, selfdienend en arrogant is.”
Wat het daardie dag gebeur?
Ek wonder steeds hoe dit moontlik kon wees.
Die wêreld in foto’s – 24 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
ToekomsVenster: Ontvang die Heilige Gees!
Daar is verskillende beelde (simbole) wat gebruik word om na die Heilige Gees te verwys. Wind, vuur en olie is van die bekendes.
OB-pos: Besluit oor kandidaat vandag
Die ad hoc-komitee, wat op die been gebring is om ʼn nuwe openbare beskermer (OB) aan te wys, sal vandag op ʼn finale kandidaat besluit.
Nuuskommentaar: Woer-woer met “reg om te werk” en “reg om te staak”
ʼn Mens kan maar net hoop die gerugte wat nou in omloop is, soos dat Pravin Gordhan binnekort gearresteer en daarna afgedank gaan word, is nie waar nie. Nogtans is stappe aangekondig wat pres. Jacob Zuma se rol in die ekonomie sterker kan maak, al is dit net om vir oulaas vir hom en sy familie te kan sorg.
Talle dood na aardbewing in Italië
Minstens agt mense is dood nadat ʼn aardbewing Woensdagoggend die sentrale deel van Italië geskud het.
[Resep] Jogurt-en-kondensmelkbeskuit
Dié lekker resep lewer ongeveer 80 stukkies besluit.
Buitebioskoop 2016: Kom fliek saam met ons
Gaan haal weer jou piekniekmandjie en -kombers uit die kas. Dit is uiteindelik weer tyd vir Maroela Media en attooh! se jaarlikse Buitebioskoop!
Skok oor Gordhan glo by Valke moet aanmeld
“Die inhegtenisneming van die minister van finansies sal beleggersvertroue verpletter, kan ʼn kredietstatusafgradering tot gevolg hê en sal ʼn ramp vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees, wat reeds geen groei en werkskepping toon nie.”
Owerhede slaan op onwettige chroommyn toe
Polisiebeamptes en mynhulpbron-owerhede het Dinsdag ʼn winsgewende onwettige chroommyn naby Burgersfort in Limpopo gesluit.
‘SAUK se rol moet ondersoek word’
Die VF Plus het Dinsdag gesê die raadslede en bestuur van die SAUK verstaan die presiese rol van die uitsaaier en hul rol by die SAUK verkeerd.
Gedagte vir die dag: Geniet
Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee. (Prediker 8:15)