Regter Thokozile Masipa het Vrydag uitspraak gelewer in die staat se aansoek om verlof tot appèl teen Oscar Pistorius se vonnis.
Alles vir Vrydag 26 Augustus 2016
Rusie eindig dodelik
ʼn Middeljarige man is Donderdagaand in sy huis in die Fauna-woonbuurt in Bloemfontein doodgesteek.
[Video] Bomontploffing dood talle in Turkye
ʼn Vragmotor vol plofstof het Vrydagoggend naby die polisie se hoofkwartier in Cizre, Turkye, ontplof.
[Video] Uitdrukking: Hy dra water in ‘n mandjie aan
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “Hy dra water in ‘n mandjie aan” beteken.
Luister: Sorina ‘Die Flooze’ oor musiek, geloof en projekte
Die sangeres en aktrise Sorina Erasmus, oftewel die Flooze van Witbank, het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier om te gesels oor nuwe musiek, sake van geloof en Maroela Media en Attooh! se Buitebioskoop.
‘Staat het vooroordeel teen Oscar’
“Kan die hof net dink hoe dit moet voel om tronk toe te gaan, jou tyd daar uit te dien en uit te kom en te dink jy het gedoen wat jy moes doen – net om weer teruggestuur te word tronk toe? Die staat dink nie hoe dit moet voel nie.”
Beampte help uitlander glo om land in te kom
Die polisie het ʼn doeanebeampte by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn buitelander gehelp het om onwettig die land in te kom.
Brandstofpryse daal dalk minder
Met die afgelope paar dae se verswakking van die rand, plus die volgehoue oplewing in oliepryse, het die vooruitsig vir ʼn beduidende daling in plaaslike brandstofpryse verminder.
ToekomsVenster: Die brandofferaltaar
Ons het na verskeie items in die tempel verwys. Elkeen daarvan het ʼn spesifieke taak en doel wat deur die optrede en offer van Jesus bevestig en vervul is. Hy is die ewige lig van God. Waar Jesus Homself in en deur die lewe van getroue volgelinge openbaar, wyk die duisternis.
Naskokke tref Italië; dodetal styg
ʼn Groot naskok met ʼn sterke van 4,7 het Italië Vrydagoggend getref terwyl die dodetal steeds styg ná Woensdag se verwoestende aardbewing.
Man sterf in Potch-botsing
ʼn Man in sy 30’s is dood en twee mense is beseer in ʼn botsing tussen twee motors Donderdagaand in Potchefstroom in Noordwes.
Appèl teen Oscar-vonnis vandag aangehoor
Alle oë sal vandag op die hooggeregshof in Johannesburg gevestig wees waar die staat sal aansoek doen om verlof tot appèl teen Oscar Pistorius se ses jaar vonnis vir moord.
Nuuskommentaar: ‘Daar skort iets met wit Afrikanermans se opvoeding’
Daar skort glo iets met die opvoeding van jong Afrikanermans. Prof. Jonathan Jansen, uittredende rektor van Kovsies, sê hy is verkeerd of buite konteks aangehaal. Maar sonder dat hy sê wat hy wel gesê het en wat die regte konteks was, sal hy teen die agtergrond van gereelde wilde uitsprake onder verdenking staan dat hy inderdaad sy voet daarin gesit het.
Etiek-kenner: ‘So lyk die leierskap-fiasko wat SA moet trotseer’
Die krag van Suid-Afrika se leierskap lê nie in die politiek of enige bogemelde sfere nie – nie eens in universiteite “wat te besig is om vure te blus” nie. Dit lê in die burgerlike samelewing.
Die Force en Kings se doppies het dalk geklap
Dis nie die plig van die Suidelike Halfrond om rugby in ander lande te bevorder nie, sy plig is om na sy eie belange om te sien.
SA universiteite in finansiële krisis gedompel, sê DA
Minstens 16 van die 26 Suid-Afrikaanse universiteite word deur ʼn finansiële krisis in die gesig gestaar, het die Demokratiese Alliansie gesê.
Minstens 20 dood in Nepal-busongeluk
Minstens 20 persone is Vrydag dood en 17 beseer toe ʼn bus in Nepal die pad verlaat en in ʼn rivier beland het.
Polisie ondersoek mensehandelsaak in Pretoria
Die polisie in Pretoria ondersoek ʼn saak van mensehandel nadat 22 mense, tussen die ouderdom van 12 maande en 44 jaar, Donderdag by die Irene-afrit in Pretoria gered is.
Pa byna voor skool gekaap
ʼn Man is in ʼn ernstige toestand ná ʼn beweerde poging tot kaping by ʼn skool in Mondeor, in die suide van Johannesburg.
Gedagte vir die dag: ’n Kosbare pêrel
Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy ’n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel. (Matteus 13:45)