Die Amerikaanse akteur, Gene Wilder, veral bekend vir sy rol in “Willy Wonka & the Chocolate Factory”, is in die ouderdom van 83 oorlede.
Lees meerAlles vir Maandag 29 Augustus 2016
Witdoodshaaie bedrywig in Kaapstad
Die Stad Kaapstad het swemmers en seegebruikers gewaarsku dat witdoodshaaie se kuslyn-bedrywighede tydens die lente- en somermaande toeneem.
Grayston-brug: Ondersoek na 2017 uitgestel
Die departement van arbeid het Maandag gesê die ondersoek oor die ineenstorting van die tydelike brugstruktuur by die Grayston-afrit op die M1 in Johannesburg, is tot volgende jaar uitgestel.
Man dood aangetref ná kragonderbreking
ʼn 36-jarige man is Maandag dood aangetref onder ʼn hout spantoring wat ʼn kragdraad en transformator opgehou het in Kirkwood in die Oos-Kaap.
Boer baklei terug tydens plaasaanval
Vier verdagtes is in hegtenis geneem ná ʼn plaasaanval vroeg Maandagoggend op ʼn plaas in Brandfort in die Vrystaat.
LA-lughawe hervat vlugte ná bewerings oor skieter
Bedrywighede by die Los Angeles Internasionale Lughawe het weer hervat ná valse berigte oor ʼn skieter wat tot paniekerige ontruimings gelei het.
[Video] Mbalula nooi Sunette om te kom gesels
Fikile Mbalula, die minister van sport, het ‘n uitnodiging gerig aan alle Olimpiese atlete, en ook die uitgesproke spiesgooier Sunette Viljoen.
Onderwyser in hof ná seksvideo
ʼn KwaZulu-Natalse onderwyser, wat geskors is nadat hy na bewering met ʼn minderjarige skolier seks gehad het, het Maandag in die Nqutu-landdroshof verskyn.
Dis gʼn grap toe gewilde omroeper weer pa word
“Baba Cruz is hier. Dit gaan goed met ma en baba. Dankie aan die hele span. Dis ongelooflik!” het hy op sosiale media gesê.
Kry jou gratis ondersoek vir velkanker-bewusmaking
Die Velkankervereniging van Suid-Afrika het ʼn bewusmakingsveldtog van stapel gestuur, wat lede van die publiek op 1 September ʼn gratis ondersoek by deelnemende dermatoloë in Suid-Afrika se grootste stede bied.
Jong man vas vir moord op Limpopo-ouma, versorger
ʼn Jong man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 88-jarige vrou en haar versorger in Limpopo verlede week. Die man word moontlik ook verbind aan die moord op sy eie 82-jarige ouma twee jaar gelede.
Die wêreld in foto’s – 29 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 29 Augustus 2016
Franja du Plessis se “Stad van verlange” bly vir die tweede week in die eerste plek van die Maroela Media Top 20.
Troudag-ongeluk: Hy is nie ‘kwaad vir Liewe Jesus’ nie
Louwrens Geldenhuys (9) is wees gelaat nadat sy ma op haar troudag deur ʼn dronkbestuurder se toedoen gesterf het en sy pa net meer as drie jaar later in sy teenwoordigheid aan ʼn hartaanval dood is.
Video: Alison Botha: 22 jaar ná gru-aanval
Alison Botha, wat in 1994 gruwelik verkrag en aangeval is, het besluit om haar storie in rolprent-formaat te vertel. Maroela Media het met Alison gesels oor die dokumentêr en hoekom sy besluit het om nou, 22 jaar later, ʼn rolprent te maak oor die nag wat haar hele lewe verander het.
Man wat vrou glo met handgranaat gooi weer in hof
Die man wat na bewering sy vrou doodgemaak het deur haar tydens ʼn rusie met ʼn handgranaat te gooi, sal eers in Maart 2017 verhoor word.
Goeie nuus: Behoeftiges ontvang oudio-Bybels
Die eerste Afrikaanse Bybel is 83 jaar gelede op 27 Augustus uitgegee en GROOTfm 90.5 en Kerksondermure-gemeente van Pretoria het Vrydag die verjaardag van dié Bybel gevier deur 185 oudio-Bybels in die stad uit te deel.
‘Skieter’ pleeg glo selfmoord in polisieselle
ʼn 30-jarige man wat oor die naweek in hegtenis geneem is nadat hy glo op sy bure in Mosselbaai in die Wes-Kaap losgebrand het, het vermoedelik in die aanhoudingselle van die dorp se polisiestasie selfmoord gepleeg.
Oos-Kaapse polisiebeampte doodgeskiet
ʼn 33-jarige polisiebeampte van Hofmeyr, noord van Cradock in die Oos-Kaap, is oor die naweek doodgeskiet.
LUR besoek Pretoria skool oor beweerde rassisme
Een van die leerders by die skool het op Twitter beweer dat ʼn onderwyser haar eenkeer in die gang voorgekeer en aangesê het om haar natuurlike afro-kapsel plat te maak.