Manie behaal reeds groot sukses met hierdie album, en dis maklik om te verstaan hoekom. Dit is een van Manie se beste albums tot dusver en kan baie sterk aanbeveel word.
Alles vir Maandag 29 Augustus 2016
[Foto’s] Blomseisoen: Namakwaland spog met 3 500 spesies
Die blomseisoen is hier vir gebiede soos Namakwaland en die Weskus, en dié seisoen sorg jaarliks vir duisende besoekers wat optrek om na meer as 3 500 blomspesies te gaan kyk.
attooh!: Die pretreis na finansiële welstand
Die finansiëledienste-maatskappy, attooh!, is nie sommer enige onderneming nie. Dié familiebesigheid het ʼn hart vir die gemeenskap en glo daarin om groot pret deel te maak van die reis op pad na finansiële welstand.
Drie ontsnap in Limpopo
Drie verhoorafwagtende mans het Sondag uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo ontsnap.
Woord van die week: orkes
Die Woord van die week is “orkes”. Taaltoffie stel ondersoek in.
ToekomsVenster: Ons lewe moet lekker ruik
Ons word aangetrek deur aangename reuke. Die teenoorgestelde is egter ook waar. Christene moet ʼn aangename geur versprei. Dis uiteraard ʼn metafoor of simbool vir die aard en gehalte van ons dienswerk en optrede.
Wenners van Silwerskermfees-toekennings bekend gemaak
Die wenners van die Silwerskermfees-toekennings is by ʼn glansryke geleentheid Saterdagaand bekend gemaak. kykNET het ook drie belangrike aankondigings gemaak.
Dit was om van te huil
Hoe wen `n mens `n toets met `n skrumskakel op senter, `n plaasvervanger-flank as sy sentermaat, `n stut op slot en `n slot op flank?
Man buite nagklub doodgeskiet
Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 26-jarige man Maandag in die vroeë oggendure buite ʼn nagklub in Pietermaritzburg doodgeskiet is.
Tien beseer toe bakkie rol
Tien mense is beseer nadat ʼn bakkie Maandagoggend op Field’s Hillweg (M13) in Pinetown in KwaZulu-Natal gerol het.
Nuuskommentaar: Objektief oor Zuma?
Is ’n rubriekskrywer wat die ANC en veral pres. Zuma feitlik blindelings veroordeel, en ander partye objektief of positief beoordeel, ’n objektiewe kommentator?
Lily-myn – menslike tragedie teenoor opportunistiese aasvoëls
Vandeesweek, soos elke week, wag ons in spanning om te hoor of die nodige finansiering gevind gaan word, maar ek het ʼn gevoel die uitkoms is naby, want ten spyte van die “aasvoëls” se negatiewe impak, verdien die werkers om beloon te word vir hul onwankelbare geloof waarmee hulle die krisis hanteer.
Entrepreneurskap: Leer uit jou foute
Die beste advies wat die ‘groen’ hotelier Adri Kruger nog ooit gekry het, was van haar man wat vir haar gesê het “cowboys don’t cry”.
Puk-student sterf: ‘Hy het ʼn groot verskil gemaak’
Die vierdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wat Saterdag dood is nadat hy by ʼn bushalte deur ʼn voertuig raakgery is, “het ʼn groot verskil in mense se lewens gemaak”.
Ramaphosa ontken vergadering met Chinese oor ekonomie, politiek
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Sondag ontken dat hy met Chinese regeringsbeamptes byeengekom het weens hul kommer oor ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika.
Polisieman, nog drie vas ná gefnuikte rooftog
Die Bloemfonteinse blitspatrollie het vier mans in hegtenis geneem nadat hulle Sondag ʼn rooftog gefnuik het.
Oom Herrie se kerrie: Om (gekoring) die toekoms in te kan sien
Oom Herrie se kennis van die rooi taal het hom so byna gepootjie. Wat Oom Herrie gedink het hy lees, is dat ’n bekende ontwikkelaar van rekenaarprogramme ’n toestel aan die ontwikkel is waarmee ’n mens in die toekoms in kan koekeloer.
Gedagte vir die dag: Vir altyd
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. (Hebreërs 13:8)