Omdat die onderste drie spanne in die Curriebekerreeks feitlik gegewe oorwinnings vir hulle teenstanders beteken, is die huidige puntelys nie ʼn goeie aanduiding van wie in die binnebaan vir die uitspeelwedstryde is nie.
Lees meerAlles vir Sondag 4 September 2016
[Video] Die waarheid agter volstruis in verkeer
ʼn Video van ʼn man van Kazakhstan, wat op ʼn volstruis deur swaar oggendverkeer vleg, het sosialemediagebruikers al dae lank aan die gons.
Oorsaak van treinongeluk ondersoek
Lynne Brown, die minister van openbare betrekkinge, het Sondag gesê die oorsaak van die treinongeluk waarin ʼn Transnet-masjinis en ʼn assistent gesterf het, word ondersoek.
Sokkerwêreldbeker-kontrakteur tronk toe oor belastingontduiking
ʼn Sakeman, wat ʼn kontrak van meer as R2 miljoen gekry het om gasheer te speel tydens die 2010-sokkerwêreldbeker, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir belastingontduiking.
Man se lyk ná oggendstap gevind
Die liggaam van ʼn man, wat Saterdagoggend met sy hond gaan stap het en nie weer teruggekeer het nie, se liggaam is die middag uit die see by Kleinmond in die Wes-Kaap gehaal.
Nog twee renosters in Limpopo doodgemaak
Twee renosters is dood nadat hulle Saterdag in die vroeë oggendure in Rooiberg, Limpopo, deur stropers geskiet is.
Polisie maak gereed vir beplande Luthuli Huis-besetting
Veiligheid is Sondag buite die ANC-hoofkantoor, Luthuli Huis, in die Johannesburgse middestad, opgeskerp voor ʼn beplande besetting van die gebou om pres. Jacob Zuma se bedanking te eis.
Gemeenskap verwoes glo multimiljoenrand brandweerwa
ʼn Brandweerwa ter waarde van miljoene rande is vroeg Sondagoggend aan die brand gesteek as deel van beweerde boendoe-geweld in die Katlehong-nedersetting in Ekurhuleni aan die Oosrand.
Twee sterf toe trein ontspoor
Twee mense is dood nadat ʼn trein Sondagoggend in Hillcrest in KwaZulu-Natal ontspoor het.
Gestorwe polisiebeamptes herdenk
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se jaarlikse Nasionale Herdenkingsdag-verrigtinge word Sondag by die Uniegebou in Pretoria gehou.
Tenker ontplof by petrol-depo
ʼn Brand van “minstens vier verdiepings hoog” het Sondagoggend ontstaan toe ʼn petroltenker by ʼn brandstof-depo in Silverton in Pretoria ontplof het.
Zuma gevra om Zwane te dissiplineer
Die DA het Saterdag ʼn beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om die taakspan te ontbind wat die beëindiging van banke se verhoudings met die polities-verbinde Gupta-familie se maatskappy, Oakbay Investments, ondersoek en Mosebenzi Zwane, die minister van minerale hulpbronne, af te dank.
Sans Souci-leerders ‘vrees viktimisering’
Die skoolhoof van die Sans Souci Girls High School in Newlands, Kaapstad, sal nie Maandag by die skool aanmeld nie, aangesien leerders vrees hulle sal geviktimiseer word na hul protesaksie by die skool die afgelope week.
Vier sterf in grusame trompop-botsing
“Nadat die voertuie gebots het, het die vragmotor die pad verlaat en saam met die motor ongeveer 100 meter deur die nedersetting geploeg en alles in sy pad verwoes.”
Gedagte vir die dag: Meer en meer soos Jesus
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Korintiërs 3:18)