ʼn Video van ʼn Suid-Koraanse groep wat dansmusiek met rubberhoenders maak, het die internet gaande.
Lees meerAlles vir Maandag 5 September 2016
Inhegtenisnemings volg ná gewelddadige betogings
Ses persone is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings en vandalisme in Limpopo.
Gewapende rowers slaan toe op Bloem-vulstasie
Die polisie in die Vrystaat is op soek na gewapende rowers wat Maandagoggend vroeg toegeslaan het op ʼn vulstasie in Fleurdal, Bloemfontein.
Video: Weggooibabas se verlore stryd
Meer as 80% van babas wat ʼn onnatuurlike dood sterf, se ma’s het hulle weggegooi.
EFF ontken hy finansier #OccupyLuthuliHouse-veldtog
Dali Mpofu, voorsitter van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Maandag bewerings deur die ANC-jeugliga ontken dat hy agter die #OccupyLuthuliHouse-veldtog sit en R5 miljoen aan die organiseerders gegee het wat hy van Amerika ontvang het.
Vyfjarige sterf: Onskuldig aan verkragting, skuldig aan moord
Die ma van die vyfjarige Anovuyo Ndamase het haar kop in ongeloof geskud toe die Wes-Kaapse hooggeregshof Bongani Dlamini vrygespreek het op aanklag van verkragting en ontvoering.
Video: ‘Hoë mure help nie teen misdaad’
Hoë grensmure doen dalk meer skade as wat dit inwoners help veilig hou.
Seun (7) verloor hand toe klapper ontplof
ʼn Gebroke enkelma van Polokwane in Limpopo en haar sewejarige seun ontvang berading nadat die seun sy linkerhard verloor het toe ʼn groot klapper Saterdag in sy hande ontplof het.
ToekomsVenster: Die Heilige Gees vernuwe ons
Dis ’n keuse om Hom bo alles te kies en in alles te gehoorsaam. Het jy al die Heilige Gees toegelaat om hierdie opdrag in jou te verlewendig?
Kind sterf toe ‘kapers’ van polisie vlug
ʼn Hoëspoed-jaagtog tussen polisiebeamptes en vermeende kapers in Durban het tragies geëindig toe die verdagtes glo ʼn kind wat langs die pad gestaan het, doodgery het.
Ringe glo in hospitaal van pasiënt se hande af gesteel
“Ek was half by my bewussyn en baie deurmekaar. Al wat ek kan onthou, is hoe verskriklik seer hulle my gemaak het toe hulle my…
Pasgebore baba dood in veld gevind
Die liggaam van ʼn pasgebore babadogtertjie is Maandag in ʼn veld in Ficksburg in die Vrystaat gevind. Russel Meiring, voorvoerder van ER24, het gesê ER24…
Die wêreld in foto’s – 5 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
#OccupyLuthuliHouse-lede oorhandig memorandum
ʼn Gespanne atmosfeer het Maandag voor die ANC se hoofkantoor, Luthuli Huis, in die Johannesburgse middestad geheers waar lede van die #OccupyLuthuliHouse-veldtog saamgetrek het.
Video: Só klink die oudste liedjie wat bestaan
Die oudste liedjie wat aan die mens bekend is, ʼn 3 400 jaar oue Horitiese melodie wat in die laat 1900’s deur wetenskaplikes en musici getoonset is, doen nou weer die ronde op sosiale media.
Jayde Panayiotou-‘skieter’ in ʼn koma
Sizwezakhe Vumazonke, een van die vier verdagtes wat tereg staan vir die moord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jade Panayiotou, is in ʼn koma nadat hy verlede maand in die hospitaal opgeneem is.
Vrou in motor doodgeskiet: ‘My dogter het onskuldig gesterf’
Vanessa Dreyer (27) is verlede week ten aanskoue van haar man in die oprit van ʼn huis in Edenvale doodgeskiet.
‘Gesteelde’ Telkom-kabels in skrootwerf gevind
Lede van die Tshwane-metropolisie het die afgelope naweek ʼn man in Pretoria-Wes in hegtenis geneem nadat gesteelde kragkabels glo in sy besit gevind is.
[Resep] Venessa se Geroosterde Groente
Venessa Schoeman, redakteur van Finesse-tydskrif, deel een van haar gunstelingresepte wat sy gereeld in een van haar Argilla-bakke opdis. Klik op die skakel onderaan die resep om een van Argilla se pragtige bakke te wen.
Nuttige wenke om skuld hok te slaan
Daar word dikwels gepraat oor “goeie” en “slegte” skuld. Die enigste goeie skuld is wanneer ʼn mens geld leen om ʼn bate mee te finansier wat toeneem in waarde. Vir die meeste mense is dit hul woonhuis.