Pirates (Goue Leeus) is heel optimisties oor sy kans in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker wat Saterdag afskop.
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 September 2016
GB: onsekerheid knaag aan Old Georgians
Die onsekerheid van wat om in die oop klubs se reeks om die Goue Beker te verwag, is een van die grootste uitdagings wat die Zimbabwese span Old Georgians in die gesig staar.
Noue ontkoming vir Kaapse grysbokkie
ʼn Kaapse grysbokkie sterk goed aan nadat ʼn motor hom in Table View in Kaapstad gestamp het. Hy is in ʼn natuurreservaat vrygelaat.
AfriForum en SAIRV stel misdaadverslag bekend
Die burgerregte-organisasie AfriForum in samewerking met die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV) het Dinsdag ’n misdaadverslag bekend gestel.
VF Plus verwelkom grondwethof se uitspraak oor McBride
Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag die grondwethof se uitspraak, dat die minister van polisie nie magtiging het om die hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod), Robert McBride, te skors nie, verwelkom.
Allister sal nie meer as net skaaf aan sy span nie
Dit sal volgens baie seker nie naastenby genoeg wees nie, maar dit lyk of die Springbokafrigter Allister Coetzee met die spanaankondiging Woensdagaand darem hier en daar gaan toegee dat op sy span tot dusver verbeter kan word.
17 haweloos ná geweld in die Oos-Kaap
Die Alfred Nzo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap het voortslepende geweld by Nowalala in Ntabankulu veroordeel wat minstens 17 persone haweloos gelaat het.
Johannesburg: Boete as jy water mors
Inwoners van Johannesburg kan binnekort beboet word indien hulle nie aan die waterbeperkings voldoen nie, het die Stad Dinsdag gesê.
Pa gevonnis ná baba se dood
Igshaan Price, ʼn 44-jarige pa van Kaapstad, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op sy drie weke oue babaseuntjie.
ToekomsVenster: Die eeue-oue Woord is ook vandag se Woord
Die Bybel bevat nie slegs beloftes nie, maar ook voorwaardes tot daardie beloftes en voorskrifte vir ’n seëngevulde lewe. Gehoorsaamheid aan God se Woord verseker ’n lewe van oorvloed.
Die wêreld in foto’s – 6 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Heelwat internasionale krieket, maar net drie tuistoetse
Vir diegene wat so effens bek-af was ná die Kiwi’s se kort tweetoets-reeks, is daar by die heelwat goeie nuus oor internasionale krieket ook die ontnugtering dat drie toetse teen Sri Lanka al is wat tot Augustus 2017 op eie bodem gespeel sal word.
Goue driehoek kán misdaad klop
Die goue driehoek van ʼn veilige samelewing is oral ter wêreld ʼn sterk polisiemag, doeltreffende private sekuriteit en ʼn burgery wat betrokke is in strukture soos goedgeorganiseerde buurtwagte. Indien een van hierdie bene nie goed werk nie, vergroot dit die las op die ander twee.
Een dood, vyf beseer ná reuse botsing; N3 gesluit
“Verskeie nooddienste en die brandweer is tans op die toneel. Die pad sal vir ʼn paar uur gesluit wees.”
GB: ‘onbekendheid’ Durban Collegians se bate
Durban Collegians (KwaZulu-Natal) is, met die oog op vanjaar, in sy skik met die feit dat hy nie verlede jaar die uitspeelrondes van die oop klubs se reeks om die Goue Beker gehaal het nie.
Wapenarsenaal in Springs-huis gevind
Beamptes van die polisie en Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het Dinsdag op ʼn arsenaal wapens by ʼn huis in Springs aan die Oos-Rand afgekom.
Geen luukse motors meer vir Tshwane-amptenare
“Ek sal nie toelaat dat openbare geld op luukse motors bestee word, terwyl ons mense met dienslewering, huise en werksgeleenthede sukkel nie. ʼn Hyundai i20 of Toyota Corolla kan presies dieselfde werk vir ʼn politikus doen as ʼn duur sedanmotor.”
15 minute saam met M-Net se uitvoerende hoof
Yolisa Phahle (50), die vrou wat in 2014 as uitvoerende hoof van M-Net Suid-Afrika aangestel is, het vanjaar se Silwerskermfees in Kampsbaai bygewoon. Maroela Media het die geleentheid gekry om met dié indrukwekkende vrou oor haar werk en lewe te gesels.
Aardklop 2016: Musiek vir elke smaak
Hoewel vanjaar se musiekprogram gewilde sangers soos Bobby van Jaarsveld, Karen Zoid en Theuns Jordaan insluit, maak dié program voorsiening vir byna elke musieksmaak onder son met produksies soos intieme teater en klassieke musiek.
Dreyer terug na Ackers heelwat verander vir WP-stryd
Terwyl die WP nog sweet oor wie benewens Scarra Ntubeni die naweek dalk nie op Ellispark sal kan speel nie, het Johan Ackerman-hulle ʼn tikkie goeie nuus gekry en ook die snoeiskêr mildelik ingelê na die Blou Bulle hulle geklop het.