Dit sal uit die staanspoor die voet op die versneller verg as Bloemfontein Polisie (Vrystaat) goed in vanjaar se internasionale reeks om die Goue Beker wil vaar.
Alles vir Dinsdag 6 September 2016
Vriend in hof oor vrou se moord
Die 45-jarige vriend van die administratiewe klerk van die Limpopo-polisie, wie se liggaam Saterdagoggend deur haar twee dogters in haar huis aangetref is, het Maandag in die hof verskyn.
GB: gedugte taak wag op Old Selbornians
`n Gedugte taak wag op Old Selbornians (Grens) wanneer hy Saterdag die heersende kampioen op die eerste dag van vanjaar se wedstryde in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker in `n wegwedstryd pak.
GB: Rovers glo ‘kleintjies’ kan vanjaar verras
Rovers van Welkom (Griffons) glo die “kleiner” spanne kan vanjaar verras kragtens die nuwe reëls wat in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker geld.
Kleuter verdrink by Jhb-huis
ʼn Driejarige dogtertjie is dood nadat sy Maandag in ‘n swembad by ʼn huis in Johannesburg verdrink het.
Minstens 13 vas ná geweld op UKZN-kampusse
Minstens 13 studente is in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings Maandag die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Pietermaritzburg- en Howard Kollege-kampusse tot stilstand gedwing het.
Hoe meer jy spaar vir aftrede, hoe meer keuses het jy
Wat mense onder aftrede verstaan is vinnig besig om te verander. As gevolg van toenemende lewensverwagting en ekonomiese faktore word dit al hoe moeiliker vir mense om voldoende te spaar om te kan aftree.
Hoenderstories
As ek my weer kom kry, skryf ek oor hoenders. Dis ʼn familieding. My ouma, haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders, my neefs en niggies. Almal het die Maritzding: Ons vrek almal oor hoenders.
Agt vas toe huise brand ná moord
Agt verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn man Saterdag in Barberton, Mpumalanga, dood is nadat hy aangerand is en sy vriende se huise daarna aan die brand gesteek is.
Gedagte vir die dag: Volkome blydskap
‘Maar nou kom ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê.’ (Johannes 17: 13)