Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die Suid-Afrikaanse regering, sake- en arbeidsektor gelukgewens nadat Statistiek SA aangekondig het die ekonomie het in die tweede kwartaal met ʼn verrassende 3,3% gegroei.
Alles vir Woensdag 7 September 2016
Maroela Motors-padtoets: Volvo veiliger as ooit tevore
Die Volvo V40 wat Maroela Motors getoets het, het Brendon verlede week van ʼn botsing gespaar. Lees sy volledige terugvoer oor dié motor.
Twee vas oor R20 000 se verkeersboetes
KwaZulu-Natalse polisiebeamptes was Dinsdagoggend verbaas om te vind dat ʼn taxibestuurder en taxi-eienaar, wat weens beweerde oortreding van die Padverkeerswet in hegtenis geneem is, ook meer as R20 000 se uitstaande verkeersboetes het.
Video: Marno van der Merwe oor flaters en poetse
Marno vertel in dié video oor die grootste flater wat hy ooit op die verhoog begaan het, die streep wat sy mede-akteurs van Pretville hom getrek het, en wat hy aan sy meisie sê wanneer hy die vrede wil bewaar.
Brexit gevolg deur goue somer, onsekerheid
Met die oog op die uiters komplekse handelsooreenkomste wat voorlê is die opsomming van Rob Wood van Bank of America Merril Lynch gepas: “Dinge lyk beter as wat dit kon gewees het, maar daar is niks wat aandui dat alles voor die wind is met die ekonomie nie.”
Kwaito-sanger veg om lewe ná diagnose
Le Roux het op sy Facebook-blad geskryf oor sy vriend se beproewing. “’n Groot seun van ons Mzansi is in die moeilikheid,” het hy geskryf.
Gedig: Vandag sweer ek jou af
…as jy dus weer aan my deur kom klop sal jy verneem dat Gebroke Hart Edms Bpk – wagtend op ʼn nuwe liefdesubsidie –
gesluit het tot latere kennisgewing… Lees Stephan Bouwer se gedig, “Vandag sweer ek jou af”
Moeder Merkel kry teenstand in Duitsland
Selfs al staan Merkel en wen haar CDU die 2017-verkiesing, is die toekoms van Duitsland onseker. Wat egter seker is, is dat die Moslem-immigrante en moontlike verdere terrorismeaanvalle Duitsland onherroeplik verander het.
Video: Amptelike lokprent van Eintlik nogal baie vrygestel
Die amptelike lokprent vir die nuwe Afrikaanse fliek, Eintlik nogal baie, wat beloof om kykers met die wenresep van romantiese komedie vasgenael te hou, is onlangs bekendgestel.
Jong man sterf ná motorfietsongeluk: ‘Hy was ʼn sagte reus’
“Ek is kwaad en stukkend. My kind was nog so jonk en het sy hele lewe voor hom gehad. Hy is so skielik en so lelik van ons af weggeruk.”
Boek: Verwoerd: Só onthou ons hom
Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier.
Ligloop vir die nommer 6-sensasie
Die onaangename feite oor die diep verdeeldheid moet vierkant in die gesig gestaar word, veral deur Afrikaners.
Twee skoolmeisies doodgery
Twee meisies is Woensdagoggend in twee afsonderlike voorvalle in Johannesburg en Pretoria doodgery.
Sanef veroordeel intimidasie van joernaliste
Die Suid-Afrikaanse redakteursforum (Sanef) het Dinsdag gesê hy is baie bekommerd oor die vyandigheid en intimidasie wat Maandag teenoor joernaliste voor die ANC se hoofkantoor, Luthuli Huis, in Johannesburg getoon is.
Vodacom se goeie nuus vir Gautrain-gebruikers
Vodacom het Dinsdag bekend gemaak dat hy sy hoëspoed-LTE-netwerk (sogenaamde 4G) op meeste Gautrain-roetes kan bedien, en dit sluit 4G+ in die ondergrondse tonnels in – ʼn eerste in Suid-Afrika.
Video: Ma voor kinders by skool beroof
ʼn 37-jarige vrou van Pretoria is Maandag in die parkeergebied buite ʼn laerskool in Centurion, ten aanskouing van twee kinders, beroof.
Parlement stem vandag vir nuwe OB
Die Nasionale Vergadering sal Woensdag stem vir die nuwe openbare beskermer (OB) om by Thuli Madonsela oor te neem.
Nuuskommentaar: Net te wit, of net te swart
Die rollende studente-onluste wat tans van kampus tot kampus voortstu bevat sekere eienskappe wat nou oorsee vanuit ’n ras-oogpunt bestudeer word. Interessante bevindings word gemaak, maar dit verander niks aan die feit dat kulture in transito ook anti-kulture oplewer nie. Daar kan nie ’n soort “kulturele” verdraagsaamheid wees as studenteprotes daartoe lei dat ʼn biblioteek afgebrand word nie.
Jong Wessels sal ‘n towerstaf moet hê
Hoe jonk is oud genoeg?
UKZN-geboue aan die brand gesteek; lesings opgeskort
Die Universiteit van KwaZulu-Natal het lesings opgeskort terwyl studente, kampussekuriteit en die polisie gebots het by die instansie se Howard College, Pietermaritzburg- en Westville-kampusse.