Ná sy ouers in 2010 etlike ure ná mekaar oorlede is, sy ma in ʼn rooftog en sy pa aan ʼn hartaanval, moes Nick Adriaans van Zeekoeivlei in die Wes-Kaap die stukke optel om self die pot aan die kook te hou. Nick vertel die gebeure van daardie dag is in sy geheue geëts. Dit was die grootste tragedie van sy lewe, maar ook een wat hom gedwing het om sy drome vlerke te gee.
Alles vir Donderdag 8 September 2016
[Foto’s] Twee vas oor reuse-perlemoenvonds
Twee mans is laat Woensdagaand in Lwandle naby die Strand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat perlemoen ter waarde van R800 000 in hul besit gevind is.
Luister: My musiek moet mense laat droom, sê Chrizaan
Die sangeres Chrizaan stel binnekort haar vierde album bekend, en vertel dié album is gemik op ʼn meer volwasse gehoor. Sy meen ook die album, propvol liefdesliedjies, gaan behoorlik aan die hartsnare pluk.
Video: Nuwe tiener-komedie eersdaags op die silwerdoek
Enige fliekganger wat dol is oor romantiese tiener-komedies kan uitsien na die nuwe Film Factory-produksie, Jou Romeo.
Prinsloo weer op die verhoog met Oskar en die pienk tannie
Die veteraanaktrise, Sandra Prinsloo, is van 7 tot 25 September in die Studio-teater by Montecasino in Johannesburg te sien in die gewilde verhoogproduksie, Oskar en die pienk tannie.
Boek: Willem die Wreedaard
Maar daar kom ’n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem ’n nuwe blaadjie kan omslaan?
Nog drie in hof oor moord op DA-raadslid
Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Johannes Baatjies (49), ʼn DA-raadslid van Daniëlskuil in die Noord-Kaap.
Springs-man in hof oor onsedelike dade met meisies
“Ek het haar die volgende oggend gaan oplaai en agtergekom iets is fout toe ek haar gebad het. Ek is as kind gemolesteer en het die tekens raakgesien en haar daaroor uitgevra”.
Gordhan: ‘Politieke nonsens’ nie in nasionale belang
Pravin Gordhan, die minister van finansies, het Woensdag aan die Nasionale Vergadering gesê die politieke onstuimigheid rondom hom en sy ministerie is nie goed vir Suid-Afrika nie.
Nuuskommentaar: ‘Onder Zuma is land daarmee heen’ – Koning Goodwill
Kan die beledigende opmerking van koning Goodwill van die Zoeloes pres. Zuma se uittog uit die Suid-Afrikaanse politiek verhaas? Ja, maar dis meer waarskynlik dat die koning, soos die spreekwoordelike bodemlose put, ’n ruim meevallertjie gaan kry om van sy probleme met Zuma te vergeet.
Wag ʼn nuwe daeraad op Suid-Afrika?
Koalisieregerings is nie vreemd in Europa nie en dit is maar iets waarmee ons altans voorlopig moet vrede maak. Daar sal toegewings weerskante toe gemaak moet word en dit gaan afhang hoe bereid die DA en Malema se EFF daartoe gaan wees om metro’s ten beste van almal te bestuur.
[Entrepreneurskap] Kreatiwiteit, innovering bied yslike voorsprong
Onthou jy hoe jy as kind ure met droë ys kon speel? Wel, Deon Roux het nooit sy kleintyd-bekoring met droë ys afgeskud nie en bedryf tans Suider-Afrika se grootste droë ys-fabriek in Pretoria. Hy vertel meer van die sakeaspek van dié fenomeen.
NWU-kenner meen skole moet kulturele diversiteit leer omhels
Dit blyk of die proses van transformasie in skole so vinnig moes gebeur dat daar nie genoegsame maatreëls en intervensies gereed was ten einde die proses voldoende te fasiliteer nie.
Kry jou testament in orde
Baie mense in Suid-Afrika het nie ʼn testament nie. ʼn Behoorlik opgestelde (deur ʼn kundige) en geldige testament beteken dat jou bates ná jou dood volgens jou wense verdeel word.
DA veroordeel onwettige grondgryp in Mamelodi
Die Demokratiese Alliansie het ʼn gewelddadige betoging Woensdagoggend in Mamelodi, oos van Pretoria, veroordeel.
Verkope van ru-olie bo verdenking, sê minister
Die minister van energie het Woensdag “skinderstories” verwerp dat lede van die ANC of hul familie voordeel getrek het uit die verkoop van Suid-Afrika se ru-olievoorraad ter waarde van R5 miljard.
Roepingsbewustheid en die onderwys
Dit onderstreep wat gesê is op die beraad, naamlik dat Afrikaanse openbare skole sal moet veg vir groter selfstandigheid sodat hulle nie nodig het om beheer af te staan oor dit waaroor hulle veronderstel is om eiendomsreg te hê nie.
Klaskamers by Noordwes-skool verwoes in brand
Vier klaskamers by Itumeleng Primary School in Letlhabile naby Brits is in ʼn brand verwoes, het die departement van onderwys in Noordwes, Woensdag gesê.
Gedagte vir die dag: Loof God vir alles wat Hy is
Dawid het ’n lofprysing aan die Here in teenwoordigheid van die hele vergadering uitgespreek. Sy woorde was: ‘Geloofd sy U, Here, God van ons voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid. Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe.’ (1 Kronieke 29:10–11)