ʼn Drie 30 sekondes na die afskop en van hulle eie doellyn af het die bal aan die rol gesit en ʼn indrukwekkende, feitlike onkeerbare Goue Leeusspan op die pad na ʼn loesing vir die WP geplaas. Die eindtelling was 58-32.
Lees meerAlles vir Vrydag 9 September 2016
Twee middelmatige spanne soek verligting in Brisbane
ʼn Oorwinning sal nie die probleem van middelmatigheid van die Springbokke oplos wanneer hulle Saterdag (12:05) teen Australië in Brisbane in die Rugbykampioenskap speel nie.
AfriForum Jeug eis skorsing van ‘bazoeka’-student
AfriForum Jeug het ’n memorandum aan die bestuur van die Universiteit van Pretoria (Tuks) oorhandig, waarin die organisasie die skorsing eis van Luvuyo Menziwa, die studenteraadslid wat glo wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodskiet.
Gesin tydens aanval op Pta-plaas aangehou
ʼn Gesin is Vrydag in die vroeë oggendure deur vier mans op ʼn plaas buite Pretoria aangehou en beroof.
All Blacks nie oorgerus oor ‘nuwe Poemas’ nie, maar …
Die dae is verby waar die All Blacks wedstryde teen die Poemas grootliks as voorbereiding vir die belangriker toetse gebruik het. Hulle weet hulle sal Saterdag moet uithaal om die ‘nuwe Poemas’ onder te kry wanneer die Rugbykampioenskap Saterdag in Hamilton voortgesit word.
Boeties brand dood, ma nie tuis
Twee seuns, onderskeidelik een en twee jaar oud, het in hul ouerhuis in Mahikeng, Noordwes, doodgebrand toe hul ma glo nie daar was nie.
Stellenbosch-bylmoorde: Dossier glo gesteel
Twee aktetasse is Vrydag glo uit die motor van Henri van Breda, wat aangekla word van die opspraakwekkende Stellenbosch-bylmoorde, se prokureur se motor gesteel. Daar word wyd bespiegel dat ʼn afskrif van die dossier in een van die aktetasse was.
ToekomsVenster: Ontwikkel jou geestelike ID
Wanneer jy hierdie Skrifgedeelte toelaat om jou identiteit te omvorm, verloor sonde sy mag oor jou!
Pikitup-hoof kry trekpas
Amanda Nair, die omstrede besturende direkteur van Johannesburg se vullisverwyderingsmaatskappy Pikitup, is Vrydag amptelik afgedank.
Rugbymarakkas gee `n mens koue rillings
Daar is `n ou uitdrukking in rugby dat wat op toer gebeur, bly op toer.
Die wêreld in foto’s – 9 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Oud-Proteaspeler rand glo tiener aan
Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van aanranding teen ʼn voormalige Protea-krieketspeler ná ʼn beweerde onderonsie met ʼn tienerseun in Kaapstad vroeër die week.
Mashaba: ‘ANC sit agter onwettige grondbesettings’
Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, het Vrydag die ANC daarvan beskuldig dat hulle grondbesettings oor die hele stad orkestreer om die nuwe administrasie te destabiliseer.
Uitdrukking: Elke voël sing soos hy gebek is
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “Elke voël sing soos hy gebek is” beteken.
Treindrywer kry berading ná tweede aanval by werkplek
Joepie (JD) Joubert, die metro-treindrywer van Kaapstad wat verlede Vrydag ʼn vermeende rower by sy werkplek doodgeskiet het, is met siekverlof totdat hy aan die einde van die maand aftree.
Luister: Begin mense op die verkeerde voet met die huwelik?
Die vraag word gevra of dit alles gebeur omdat mense op ʼn verkeerde voet met die huwelik begin.
Vyfjarige maand ná broer óók deur hond gebyt
“My seuntjie is so sterk, jy sal dit nie kan glo nie. Dit is net ongelooflik hoe dapper hy is.”
Beskerm Afrikaanse universiteite terwyl nuwe instellings gebou word
Sprekers by ʼn konferensie oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse universiteitswese was dit eens dat private hoër onderwysinstellings so gou en goed as moontlik uitgebou word, terwyl geveg word vir die behoud van Suid-Afrika se openbare universiteite.
VSA-ruimtevlugte ‘onwaarskynlik’ teen 2017
Planne dat die VSA, met die hulp van private kontrakteurs, reeds teen 2017 weer bemande ruimtevlugte sal kan onderneem, blyk onwaarskynlik te wees. Dit volg…
Staatskaping, die marxistiese kabaal en SA se verkrummelde orde
Die ANC beleef tans ʼn eksistensiële krisis. In dié ideologiese stryd om Suid-Afrika speel die tesourie en die Reserwebank, as primêre bronne van die staat se finansiële mag, ʼn sleutelrol.