Op Donderdag 8 September het die Centurion Daghospitaal die hele dag sy teaters en geriewe gratis aangebied vir behoeftige pasiënte wat tandheelkundige prosedures nodig het.
Alles vir Vrydag 9 September 2016
Redakteursbrief: Die gewoongeit van mense
Want te midde van die doodgewoongeit van so ʼn kuier met mense wat ek skaars ken, word ek telkens geroer oor die harte wat in doodgewone mense skuil, skryf Susan Lombaard.
Geboue, voertuie deur reuse brand verwoes
Duisende liters gebergde olie, agt voertuie en twee geboue is Donderdagaand in ʼn reusebrand in Kempton Park aan die Oosrand verwoes.
Zimbabwe: Huurgeld kan nie grondvergoedingsfonds befonds nie
Die bankrot Zimbabwiese regering is onder toenemende druk om onteiende wit kommersiële boere te vergoed.
Dagsorg verduidelik ná herrie oor foto
“Ons is baie veiligheidsbewus en neem die voorval ernstig op,” het Bertha Roux, ʼn voormalige onderwyseres en eienaar van ʼn plaaslike dagsorgsentrum in Heidelberg in Gauteng, gesê nadat ʼn foto van ʼn seuntjie, wat agter uit die sentrum se bewegende oop bakkie hang, vandeesweek aan die lig gekom het.
AfriSake doen regstappe oor SEB-regulasies
AfriSake het sy regspan opdrag gegee om Rob Davies, minister van handel en nywerheid, se besluit om nie die openbaredeelnameproses vir die regulasies oor Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) te verleng nie, op hersiening te neem.
Só werk déjà-vu, meen navorsers
Navorsers aan die Universiteit van St. Andrews in die Verenigde Koninkryk het by ʼn internasionale konferensie oor geheue in Julie vanjaar gesê hulle het eindelik ʼn verduideliking vir die déjà-vu-verskynsel gekry.
Nog ʼn Medupi-eenheid by kragnetwerk gevoeg
Eskom het Vrydag aangekondig eenheid nommer vyf van die Medupi-kragstasie is gesinkroniseer en is die tweede van ses 800MW eenhede om aan die nasionale kragnetwerk gekoppel te word.
Stellenbosch-bylmoordsaak uitgestel
Henri van Breda, wat aangekla word van die moorde op sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch, het Vrydag net vir ʼn paar minute in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.
Neem só beheer wanneer jou voertuig gly
Nat paaie is jaarliks die oorsaak van duisende ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie. Dawid Botha, Virseker-woordvoerder, deel ʼn klomp nuttige wenke om in beheer van jou motor te bly op nat paaie in die komende lente- en somerreën.
Apple maak nuwe iPhone 7-modelle bekend
Apple het Woensdag tydens ʼn perskonferensie in San Francisco in Amerika die nuwe iPhone 7-modelle bekend gemaak.
[Resep] Ystervarkies
Ystervarkies laat mens nooit in die steek nie en is ʼn perfekte peuselhappie vir die komende naweek.
Video: Paralimpiese Spele 2016: SA kry eerste goud
Die swemmer Kevin Paul het Suid-Afrika se eerste goue medalje op die eerste dag van die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro ingepalm.
Video: Hoor wat sê dié oupas en oumas oor die huwelik
Om oupa- en oumadag vandag te vier, het ons besluit om met drie paar oupas en oumas te gesels oor die huwelik en wat hulle dink die resep vir ʼn lang, gelukkige huwelik is.
Nuuskommentaar: Werkende demokrasie as teenvoeter vir korrupsie
Hoewel skuldigbevindings nog moet kom, blyk dit uit optrede van nuwe bewindhebbers na die munisipale verkiesing, wat kriminele klagtes indien teen werknemers van die vorige administrasie, hoe belangrik regeringswisselings kan wees in die bekamping van korrupsie. Dit moet nie as heksejag beskou word nie, maar die natuurlike verloop van ʼn demokrasie.
Stellenbosch-bylmoorde: Henri terug in hof
Henri van Breda, wat aangekla word daarvan dat hy sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch met ʼn byl vermoor het, sal vandag in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.
‘Tshwane het ANC-verkiesingsveldtog befonds’
Die EFF het Donderdag aanklagte van korrupsie en wanadministrasie teen Kgosientso Ramokgopa, die voormalige burgemeester van Tshwane, verskeie beamptes van die stad en die ANC, by die Pretoria-Sentraal polisiestasie ingedien.
Finansiële beplanning op jou vingerpunte
Die finansiële beplanningsinstituut (FPI) van Suid-Afrika beskryf finansiële beplanning as die proses om jou finansies te struktureer om jou lewensdoelwitte te bereik.
ANC weier ondersoek na staatskaping
ʼn Mosie deur die DA vir ʼn parlementêre ondersoek na beweerde staatskaping deur die invloedryke Gupta-familie, is Donderdag in die Nasionale Vergadering verwerp nadat ANC LP’s geweier het om ten gunste daarvan te stem.
Goue Beker: voorspellings sal gek wees
Dit sal gek wees om te wil voorspel wie Saterdag die eerste naweek se groepwedstryde in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks tussen die top- oop klubs om die Goue Beker sal wen.