ʼn Drie 30 sekondes na die afskop en van hulle eie doellyn af het die bal aan die rol gesit en ʼn indrukwekkende, feitlike onkeerbare Goue Leeusspan op die pad na ʼn loesing vir die WP geplaas. Die eindtelling was 58-32.
Lees meerAlles vir Saterdag 10 September 2016
Bulle skuif op na die derde plek na oorwinning
Die Curriebeker se puntelys het in die naweek se ronde heelwat geskommel, en na Saterdagaand se 41-14 oorwinning van die Blou Bulle teen die Pumas op Nelspruit is hulle nou derde.
Vrystaat se skrumwerk knak die Sharks in Durban
Die Vrystaat Cheetahs het die Sharks Saterdagmiddag in Durban moedeloos geskrum maar toe amper met swak dissipline hierdie voordeel prysgegee voor hulle die Curriebekerwedstryd in Durban 38-30 gewen het.
Skole betoog teen bendes
Meer as ʼn 100 leerlinge van skole in Khayelitsha in Kaapstad het Vrydag buite die Wes-Kaapse departement van onderwys teen bendebedrywighede in skole betoog.
Kry die huis in orde, of verloor 2019-verkiesing, waarsku SAKP
Die ANC moet sy huis in orde kry of die kans staan om die 2019 algemene verkiesing te verloor, het Thulas Nxesi, adjunkvoorsitter van die SAKP, Saterdag gewaarsku.
UKZN plaas moratorium op tugstappe teen betogers
Die Universiteit van KwaZulu-Natal het Vrydag aangekondig dat hy ʼn moratorium gaan plaas op tugstappe teen studente wat verband hou met onlangse betogings by dié instansie.
Speurders in hof oor sameswering tot roof
Twee polisiespeurders wat na bewering saamgesweer het om transitorooftogte te uit te voer, het Vrydag vlugtig in die Kriel-landdroshof in Mpumalanga verskyn.
Man beseer toe hy met motor in huis vasjaag
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Vrydagaand ernstig beseer toe hy met sy motor in ʼn huis in Westville, Durban, vasgejaag het.
GB: Welkom Rovers verras in openingswedstryd
Welkom Rovers het `n verrassende bonuspuntsege in die openingswedstryd van die reeks om die Goue Beker behaal deur Villagers van Worcester voor dié se makroskare op Bolandpark, Worcester, te klop.
Bokke verloor teen beter Wallabyspan
Vir sowat twintig minute het dit gelyk of die Springbokke hierdie keer wóú rugby speel, maar toe het al die ou swakhede weer kop uitgesteek. Hulle het die toets in Brisbane 17-23 teen Australië verloor.
Baptiste Kerk distansieer homself van homofobiese pastoor
Die Baptiste Unie van Suider-Afrika het homself Vrydag gedistansieer van die omstrede Amerikaanse pastoor, Steven Anderson, en sy Faithful Word Baptist Church en dit ʼn “onafhanklike, fundamentalistiese kerk” genoem.
Poemas wéét nou van All Blacks se hoër rat
Vir 54 minute het dit gelyk of daar ʼn verrassing kan kom, maar toe het Nieu-Seeland na hul oorbekende hoogste rat oorgeskakel en die Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië in Hamilton 57-22 gewen.
VSA, Rusland kondig skietstilstand in Sirië aan
Die Verenigde State van Amerika en Rusland het ʼn deurbraakooreenkoms oor Sirië aangekondig wat ʼn nasionale skietstilstand sal verseker wat Maandag begin, gevolg deur ʼn onverwagse nuwe militêre vennootskap ʼn week later wat die Islamitiese Staat-groep en Al Kaïda-militante teiken.
Minstens 20 sterf toe stoomketel ontplof
Minstens 20 werkers is Saterdag in Dhaka, Bangladesj, dood en talle beseer toe ʼn brand by ʼn verpakkingsfabriek uitgebreek het ná ʼn groot stoomketelontploffing.
Hoe lyk jóú Afrikaans – eerste wenners bekend gemaak
Meer as 800 mense het oor die afgelope drie maande van oraloor aan die ‘Hoe lyk jou Afrikaans?’-kompetisie van Afrikaans.com deelgeneem. Hier is die eerste wenners.
Prasa gee voorkeur aan Chinese bo Transnet
Die United National Transport Union (Untu) het Vrydag gesê hy is besorg oor die besluit deur die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) om ʼn memorandum van verstandhouding te onderteken met China se Communications Construction Company, in plaas van met Transnet.
Jong man help ouma op die roltrap
ʼn Foto van ʼn jong man wat ʼn ouma op ʼn roltrap help, wat te bang was om self op te klim, word wyd op sosiale media gedeel.
Gordhan trek SAL se gordel styf
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Vrydag met die nuwe raad van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vergader en gewaarsku sake gaan nie bloot “normaalweg voort” nie.
Gesogte ATKV-Woordveertjies vir uitblinkers
Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners, is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies Vrydagaand in Kaapstad aangewys.
Kind in die mond geskiet tydens KZN-waterbetogings
ʼn Skoolseun is Vrydag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, met ʼn rubberkoeël in die mond geskiet toe hy in die middel van ʼn onderonsie tussen die polisie en ontstoke inwoners beland het.