Mark Zinde, seun van die voormalige TV-aanbieder, Hope Zinde (50), wat teregstaan vir haar moord, sal ʼn psigiatriese verslag, wat bevind het hy is geskik om verhoor te word, teenstaan.
Lees meerAlles vir Maandag 12 September 2016
GB: Durbell skrum Old Selbornians kis
Vernietigende skrumwerk deur Durbanville-Belville (Westelike Provinsie), die verdedigende Goue Beker-kampioen, het hom Saterdag van `n goeie oorwinning oor Old Selbornians (Grens) verseker.
OG gevra om R100 miljoen vir Zuma-straler te ondersoek
Opposisiepartye het Maandag uitgevaar teen ʼn aankondiging deur Nosisiwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, dat R100 miljoen begroot word vir die huur van ʼn nuwe presidensiële straler vir pres. Jacob Zuma.
‘Huurmoordenaar’ in Bloemfontein vasgetrek
ʼn Man, wat vermoedelik ʼn huurmoordenaar is, is Maandag in hegtenis geneem kort nadat hy na bewering ʼn motoris in die Bloemfonteinse middestad in die kop geskiet het.
Penny Sparrow gaan pleitooreenkoms met staat aan
Penny Sparrow, die KwaZulu-Natalse eiendomsagent wat van crimen injuria aangekla is toe sy swart mense met ape vergelyk het in ʼn Facebook-inskrywing, het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan.
GB: fikser Pretoria Polisie raak Sishen baas
`n Fikser Pretoria Polisiespan het op die ou end Saterdag Sishen baasgeraak in die twee spanne se kragmeting in die reeks om die Goue Beker.
Zuma kry huislening om Nkandla-geld te betaal
Pres. Jacob Zuma moes ʼn huislening aangaan om die R7.8 miljoen terug te betaal wat op nie-veiligheidsopgraderings aan sy privaat Nkandla-woning bestee is.
ToekomsVenster: Operasionele riglyne vir die gawes van die Gees
In 1 Korintiërs 12 gee Paulus aan die gelowiges bepaalde riglyne waarbinne die gawes van die Gees verstaan behoort te word.
Twyfel oor duursame vrede in Sirië
Die Siriese burgeroorlog is basies onoplosbaar. Bowendien is dit die bron vir groot onstabiliteit in die wêreld, onder meer die vlugtelingprobleem in Europa. Waarom kan die mense nie ophou om hul eie land so te vernietig nie? Leopold Scholtz soek na ʼn antwoord.
Man vas na hy glo kollegas met mes steek
ʼn Man is Sondag by sy werkplek in Potchefstroom in hegtenis geneem, nadat hy glo skielik drie van sy kollegas met ʼn mes aangeval het.
Pta-bejaarde verdrink in swembad
ʼn Bejaarde man (73) is dood nadat hy Maandag in ʼn swembad by sy huis in die ooste van Pretoria geval en verdrink het.
UV-taalsaak na appèlhof verwys
’n Volbank regters van die Bloemfonteinse hooggeregshof het vandag beveel dat die Universiteit van die Vrystaat (UV) nie sy nuwe taalbeleid mag implementeer totdat die universiteit se appèl teen ’n vroeëre uitspraak ten gunste van Solidariteit en AfriForum, afgehandel is nie.
Woord van die week: avontuur
Die Woord van die week is “avontuur”. Taaltoffie stel ondersoek in na die herkoms van dié woord.
Zuma betaal glo gedeelte van Nkandla-geld terug
Pres. Jacob Zuma het glo R7.8 miljoen terugbetaal as deel van die bedrag wat aan nie-sekuriteitsopgraderings by sy privaat Nkandla-woning bestee is.
Sleutelbord-krygers op sosiale media maak haar mal
Na my mening het sosiale media voor- en nadele, maar as mens dit op ʼn skaal sou sit, wat sou swaarder weeg?
Die wêreld in foto’s – 12 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Bokke moet eers ons respek verdién
Ons sportminister, Fikile Mbalula, braak gal oor hoe dislojaal ons is jeens die Springbokke en dring daarop aan dat ons agter hulle staan. Jammer, Fikile, maar jy kan my nie wetlik verplig om patrioties te wees as daar duidelik fout is nie.
Helpende Hand leer jou om digitaal ʼn toekoms te bou
Wou jy nog altyd weet hoe om ʼn app te bou? Of ken jy die grondbeginsels, maar kort daai bietjie ekstra om jou app onontbeerlik vir die internetgebruiker te maak? Dan is Solidariteit Helpende Hand se nuwe APPfabriek-kompetisie net vir jou.
GB: PE Polisie klop Bloem in Bobbies-botsing
Don’s Pawn Shop Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) het Saterdaag die eerste kragmeting in die sogenaamde “botsing van die Bobbies” in Groep D gewen deur sy Bloemfonteinse eweknie (Vrystaat) onder te sit.
Nog geen duidelikheid oor reënval vir 2016
Ten spyte daarvan dat die sterk El Niño-weerverskynsel van 2015/2016 reeds weggekwyn het, is dit nog nie duidelikheid of goeie reënval vir die res van die jaar verwag kan word nie.