Die JMC Landwind is lekker groot en netjies afgewerk. Die binneruim is egter vir my nie so netjies soos die buitekant nie, skryf Brendon Staniforth.
Alles vir Maandag 12 September 2016
Entrepreneurskap: As die prys reg is, kóóp mense
Hiermee ʼn voorsmakie van Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Jaco Gerrits, eienaar van CrashDetech.
‘Boer soek ʼn vrou’-deelnemer sterf tragies
Johan van Zyl, ‘n bees-en-wildboer van Mokopane in Limpopo, wat in 2011 aan die vierde seisoen van kykNET se werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou deelgeneem het, is die naweek ná ’n motorongeluk oorlede.
Man vas vir verkragting by psigiatriese hospitaal
ʼn 38-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn 41-jarige verstandelik gestremde pasiënt by ʼn psigiatriese hospitaal in Mahikeng in Noordwes.
Familielede wil onwettige myners self red
Die familielede van onwettige mynwerkers wat in ʼn ongebruikte mynskag in Langlaagte in Johannesburg vasgekeer is, het Maandag die polisie gesmeek om hulle toe te laat om ondergrond te gaan om hul geliefdes te red.
GB: Valsbaai wen oortuigend teen Collegians
DirectAxis Valsbaai (Westelike Provinsie) het sy Goue Bekerveldtog met `n oortuigende oorwinning oor Durban Collegians (KwaZulu-Natal) afgeskop
Man 30 keer tydens aanval gesteek
ʼn 26-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn KwaZulu-Natalse hospitaal geneem nadat hy Sondagaand minstens 30 keer met ʼn skerp voorwerp oor sy hele liggaam gesteek is.
Video: Man se danspassies met hond verower harte
ʼn Video van ʼn hondesaloneienaar van Argentinië wat met een van sy kliënte se honde dans terwyl die hond gewas en geknip word, word wyd op sosiale media gedeel.
[Resep] Fillohappies met botterskorsie en geblikte sardientjies
ʼn Oulike idee vir die kosblik as ʼn toebroodjie jou bietjie verveel.
Tannie Evita nou in dokumentêr verewig
Verskeie mense soos Sophia Loren, Charlize Theron, David Kramer, Anna-Mart van der Merwe en FW de Klerk maak hul verskyning in die dokumentêr.
[Foto’s] Ses ‘uiters gevaarlike misdadigers’ ontsnap in Gauteng
Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om inligting te versprei van ses “uiters gevaarlike misdadigers” wat Sondag uit die aanhoudingselle van ʼn Johannesburgse polisiestasie ontsnap het.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 12 September 2016
Joshua na die Reën se “Die wêreld binne my”, wat ook die titel van sy jongste album is, behou vir die tweede week die nommer 1-posisie van die Afrikaanse Top 20.
[Foto’s] Eerste skooldag se vóór- en ná-foto’s laat almal skater
Dit is soms bitter moeilik om te keer dat jou opgewondenheid vinnig kwyn, veral wanneer jy ʼn sewejarige is wat vir die eerste keer skool toe gaan. Die webwerf Bored Panda het onlangs ʼn vóór- en ná-fotoreeks saamgestel van kinders se eerste dag by die skool.
Soektog voortgesit ná Pta-man in dam verdwyn
Die soektog na die 43-jarige man wat Saterdag in die Bon Accord-dam, noord van Pretoria, verdwyn het, is Maandagoggend voortgesit.
[Resensie] Dewald Wasserfall – ‘Jy is die storm’
Dewald hou vas aan die wenresep van sy vorige suksesvolle album en dit sal vir seker ’n paar sterk enkelsnitte oplewer en ’n hele paar gaan nog op die trefferparades pronk.
Talle studente wil gevorderde grade in Afrikaans doen
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is oorval met aansoeke van talle studente wat hulle meesters- en doktorsgrade in Afrikaans wil onderneem, nadat ʼn beursplan hiervoor bekendgestel is.
Gordonsbaai-man en -kind veilig opgespoor
Morne Meiring (32) en sy vyfjarige seun wat Donderdagmiddag uit sy huis in Kaapstad verdwyn het, is veilig opgespoor.
Nuuskommentaar: Word die VSA weer gedesegregeer?
’n Ellelange artikel in die Christian Science Monitor onder die opskrif, “The resegregation of America”, sit ’n waarnemer eerder aan die dink as wat dit leersaam is. Die artikel is verbasend onvolledig vir so ’n lang artikel, maar tog dien dit ’n doel – dit trek die aandag en sit die grysstof aan die werk – iets wat ook meer dikwels objektief in Suid-Afrika gedoen behoort te word.
Gaste by Limpopo-lodge oorval, beroof
Die polisie is steeds op soek na drie gewapende rowers wat Maandag in die vroeë oggendure gaste by ʼn lodge in Tzaneen in Limpopo in hul kamer oorval, vasgebind en beroof het.
Hoeveel swakker kan dit gaan?
Nog `n skok, nog `n lae hou tussen die bene, maar die Suid-Afrikaanse rugbybase is tjoepstil.