Die seun van die voormalige TV-aanbieder, Hope Zinde (50), wat teregstaan vir haar moord, se hofsaak sal na verwagting Maandag hervat word nadat hy psigiatriese evaluering in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria ontvang het.
Alles vir Maandag 12 September 2016
Paralimpiese Spele 2016: 14-jarige se medalje vir Span SA
Die 14-jarige Ntando Mahlangu het Sondag ʼn sesde medalje vir Suid-Afrika verower by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië.
Minstens 16 dood ná aardbewing in Tanzanië
Minstens 16 persone is die afgelope naweek dood ná ʼn aardbewing in Tanzanië.
Oom Herrie se kerrie: Rooi verkeersligte
Oom Herrie hoor deesdae al meer van Suid-Afrikaners, en veral Bloemfonteiners, wat so deur die rooi verkeersligte jaag. En van die gevolge daarvan.
Geskiet tydens betogings: Seun benodig rekonstruktiewe chirurgie
ʼn 10-jarige seun wat met ʼn rubberkoeël in die mond geskiet is terwyl die polisie probeer het om inwoners tydens ʼn betoging in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, te laat verdaag, gaan rekonstruktiewe chirurgie benodig.
Só lyk die arbeidsmark se eis aan Afrikaanse universiteite
Die vierde industriële revolusie vereis dus breedgevormde studente: gespesialiseerde kennis én diepgaande, vormende opvoeding. As ons as gemeenskap daarin slaag om in Afrikaans studente hiervoor toe te rus, hoef daar geen kommer oor ons studente se toekoms in die arbeidsmark te wees nie.
Gedagte vir die dag: Die hele skepping juig
Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! (Psalm 148:1)