Die De Afrikander Handelhuis (D.A.H) is ʼn handelsmerk wat deur ʼn groep jong Afrikaanssprekendes ontwerp is om jongmense op ʼn kreatiewe manier van die geskiedenis te vertel.
Alles vir Woensdag 14 September 2016
Nog ʼn ma voor Centurion-skool beroof
“Hulle het haar op die grond vasgedruk en met ʼn vuurwapen gedreig om stil te bly, terwyl hulle haar juweliersware van haar afgehaal het. Gelukkig het hulle nie haar motor gevat nie, want haar kind was nog daarin.”
Bejaarde man in Krugersdorp-huis aangeval
ʼn Man in sy 80’s in ʼn in kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Woensdagoggend by sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand, met ʼn mes aangeval is.
Pta-man se liggaam in dam gevind
Jacko Badenhorst (43) wat Saterdag in die Bon Accord-dam, noord van Pretoria, verdwyn het, se liggaam is gevind.
Luister: Die regte pad
Halfpad deur die middagete se slaai kom slaan my jongste sy arm liefderyk om my skouer. “Wat doen Ma vanmiddag?” “Hoekom?” vra ek behoedsaam.
Man (19) vas na tiener se gru-moord
ʼn Man het Woensdag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn in verband met die gru-moord op ʼn tienermeisie van Valhalla Park.
Afrikaanse sanger hak die knoop deur met sý liefling
“Die eerste oggend wat ek wakker word as ʼn getroude man en dit met my sielsgenoot. Love you, my baby. Dankie vir elkeen se pragtige gelukwense gister,” het hy geskryf.
Word skatryk en reis na Hollywood met nuwe aanlyn-werklikheidsreeks
Die nasionale selfoondiensverskaffer, Cell C, het Dinsdag ʼn aanlynwerklikheidsreeks, #BreakTheNet, bekendgestel wat van Jan Alleman ʼn internetsensasie, én skatryk, kan maak.
Metropolisie beveel om ‘e-tol teistering’ te staak
Herman Mashaba, die nuutverkose burgemeester van die Johannesburgse Metro, het Dinsdag gesê hy het die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) opdrag gegee om inwoners met agterstallige e-tolrekeninge nie verder te “teister” nie.
Verander die manier waarop jy studeer vir beter resultate
Wat jy ookal doen, moenie jou drome begrawe nie. Party mense blom vroeg in hul lewens en ander later. Die “Koningin van die Andes” is ʼn kleinerige plant, maar wanneer dit uiteindelik blom, groei dit tot 12 meter hoog. Dalk het jy nodig om net ʼn paar dinge te verander om te begin blom.
Boek: Hoe om jou draak te tem-reeks
Kinders wat DreamWorks se fliek How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!
[Resep] Varkfilet met groenpeperkorrels, sampioen en brokkoli
Mari-Louis Guy en Callie Maritz is ʼn gewilde broer-en-suster-span wat hul passie vir kos uitleef in hul kombuis-ateljee in Kaapstad.
Man sterf toe trein kar tref
ʼn Man in sy 40’s is dood toe ʼn trein Woensdagoggend ʼn motor in die weste van Gauteng getref het.
Egpaar, dogter op Vrystaat-plaas oorval
ʼn Bejaarde egpaar en hul dogter is Woensdag in die vroeë oggendure op hul plaas in die Vierfontein-omgewing naby Bothaville in die Vrystaat deur gewapende aanvallers oorval, vasgebind en beroof.
Nuuskommentaar: Mishandelde Zuma kry een uit nege
Die afgelope paar weke toe hy grootliks uit die openbare oog was, het niks gedoen aan die behoefte vir pres. Jacob Zuma om sake in die land, wat met sy presidentskap verband hou, meer objektief te beoordeel nie. Sy optrede in die parlement gister, waar hy vrae moes beantwoord, was by tye weer ʼn verleentheid.
Wat sal gebeur as Allister nie meer kan afrig?
Ordentlike beplanning, of eerder `n gebrek daaraan, is een van die remskoene van Suid-Afrikaanse rugby.
Resensie: ‘Hallelujah SA’ verryk opnuut
Hallelujah SA is ’n nuwe lofprysingsprojek om Suid-Afrikaners opnuut te verryk met lofprysing. Die groep bestaan uit Adam Barnard en Henri Scott.
Paralimpiese Spele 2016: Agtste medalje vir Span SA
Zanele Situ het Dinsdagaand die agtste medalje vir Span Suid-Afrika verower tydens die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië.
Belastingombudsman se ampstermyn verleng
Pravin Gordhan, die minister van finansies, het die periode van die belastingombudsman se ampstermyn Dinsdag verleng.
Nog geen ampsdraers in KZN-munisipaliteit toe EFF hofbevel bring
Die verkiesing van ampsdraers by die Nquthu- plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal moes weer uitgestel word nadat die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) aansoek gedoen het om ʼn hofbevel.