Die Wallaby-afrigter Michael Cheika verwag ʼn taai stryd teen die Poemas in Saterdag se Wêreldkampioenskap-toets en meen dit gaan die Argentyne se agterlyn wees wat sy span probleme sal besorg.
Lees meerAlles vir Vrydag 16 September 2016
Bulle hardloop Griekwas kis op Loftus
Nollis Marais werk al van verlede jaar af aan volkome rugby, en dit is tot dusver hier en daar gesien. Dit was egter Vrydagaand duidelik dat die Blou Bulle hierdie nuwe benadering onder die knie begin kry.
Snaakser dinge het al gebeur, maar …
Swakker spanne as die huidige Springbokspan wat Saterdag teen die All Blacks geen kans gegun word nie het al teen die verwagting in gewen. Maar dit was onder ander omstandighede.
Langlaagte-mynskag binnekort toegemaak
Die departement van minerale hulpbronne het Vrydag bevestig die skag by die ongebruikte myn in Langlaagte, Johannesburg, sal toemaak word nadat drie onwettige myners verlede week dood is toe hulle dae lank ondergronds vasgekeer is.
Hof sê dan oor Afrikaans by Unisa
Regter Roland Sutherland het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria uitspraak voorbehou in die burgerregte-organisasie AfriForum se saak teen die beplande implementering van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se 2017-taalbeleid.
GB: Pretoria wen Polisiestryd op Loftus
Pretoria Polisie (Blou Bulle) het weliswaar sy Goue Bekerwedstryd teen sy Port Elizabethse eweknie redelik ver gewen, maar was nooit juis seker van sy sege nie.
Regsfirma sal bewerings teen Makwakwa ondersoek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag gesê ʼn onafhanklike internasionale regsfirma is aangestel om bewerings teen die geskorste SAID-amptenaar, Jonas Makwakwa, te ondersoek.
Studente beseer tydens protesaksie op US-kampus
Verskeie studente by die Universiteit Stellenbosch (US) het Vrydag beserings opgedoen en een student is in die hospitaal opgeneem, nadat ʼn skermutseling tussen studente en veiligheidspersoneel op die kampus uitgebreek het.
Buffel verkoop vir ongelooflike R168 miljoen
ʼn Buffelbul is Vrydag by ʼn veiling op die Thaba Tholo-wildplaas, buite Thabazimbi in Limpopo, vir ʼn rekordbedrag van R168 miljoen verkoop.
ToekomsVenster: Die gawe van geloof
Julle is inderdaad uit genade gered deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God.
Marius Fransman bedank uit wetgewer
Marius Fransman, voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap en lid van die plaaslike wetgewer, het bedank.
Babalykie op vullisterrein gevind
Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Donderdagoggend by ʼn vullisterrein op Caledon in die Wes-Kaap gevind.
Gewilde sangeres slaan rol in geliefde sepie los
“Sy speel die rol so fantasties, ons kon regtig nie iemand beter gekry het om die karakter te vertolk nie,” het Rosa-Marie Erasmus, 7de Laan se woordvoerder, oor die sangeres se karakter gesê.
Die wêreld in foto’s – 16 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Pa en seun in Pta-huis geskiet
ʼn Pa en seun is Vrydagoggend onder raaiselagtige omstandighede in ʼn huis in Montana, in die noorde van Pretoria, geskiet.
Herrie oor minderjariges wat 200 dae in volwasse gevangenis deurbring
Agt minderjariges is vir meer as 200 dae onwettig én sonder enige besoekregte, in die volwasse afdeling van die Mddantsane-gevangenis aangehou weens swak bestuur en haglike omstandighede by die Bisho-sentrum.
Man vermoor glo polisievrou, pleeg selfmoord
Die Mpumalanga-polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek, nadat ʼn man glo sy vriendin, ʼn konstabel verbonde aan die Lydenburg-polisiestasie, vermoor en toe selfmoord gepleeg het.
Ekonomiese oorsig: Internasionaal bly sake gedemp
Die groeikoers in die VSA skommel van kwartaal tot kwartaal maar neig bestendig opwaarts. Dieselfde patroon is merkbaar ten opsigte van indiensname. Min of meer dieselfde neigings is waarneembaar in die Euro-gebied. In Japan en China is daar egter meer onsekerheid oor groeivooruitsigte.
Uitspeelplekke op die spel
Drie Curriebekerwedstryde word die naweek gespeel en al drie kan in mindere of meerdere mate ʼn invloed op die kwalifisering vir die uitspeelwedstryde hê.
Vrou sterf ná kaping: Verdagte vrygelaat
Die 15-jarige meisie van Port Elizabeth wat vroeër vandeesweek in verband met die kaping en moord van Magda van Vuuren (53) in hegtenis geneem is, is vrygelaat.