Die twee Curriebekerwedstryde Saterdagmiddag het die Sharks en die Westelike Provinsie boontoe sien beur op die puntelys, met eersgenoemde wat nou in tweede plek is en die WP wat bo die Goue Leeus ingeskuif het.
Lees meerAlles vir Saterdag 17 September 2016
Eerste Liga: SWD laat Grens sommer groot skrik
Die Suidwestelike Distrikte (SWD) het die Grens Vrydag in Oos-Londen sommer groot laat skrik in `n verbete poging om vir die halfeindstryd in die Curriebeker- Eerste Liga in aanmerking te kom.
Kommer ná Mashaba Jhb-fietsbane skrap
Johannesburgse fietsryers het Saterdag versoek om Herman Mashaba, die metro se burgemeester, te ontmoet nadat hy ʼn projek om fietsbane regoor die stad aan te bring geskrap het.
GB: kwota verrassings sit fut terug in reeks
Saterdag se kragmetings in die reeks om die Goue Beker het hul kwota verrassings opgelewer en laat die hoop opvlam dat die mededingendheid nie vir verlede jaar sal terugstaan nie.
Twee ‘onwettige myners’ dood; 22 vas
Twee onwettige myners is dood en 22 verdagtes is in hegtenis geneem by die Eland-skag van die Harmony-myn in Welkom in die Vrystaat.
Nog ʼn dubbelmedaljewenner vir Span SA
Ilse Hayes het Saterdag die tweede dubbelmedaljewenner van Span SA op vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, geword.
Polisieman skiet homself in polisiestasie
ʼn Noord-Kaapse polisiebeampte wat onlangs in die hof verskyn het op aanklag van korrupsie, het homself Vrydag in die Kimberley-polisiestasie doodgeskiet.
Man vas vir moord op Anika Smit
Anika Smit is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.
Tutu terug in die hospitaal
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is Saterdag in die hospitaal opgeneem slegs drie dae nadat hy vroeër die week ná ʼn operasie ontslaan is.
Wallabies se begin te goed vir Poemas
Om op toetsvlak binne die eerste twaalf minute drie verdoelde drieë af te staan en steeds te wen is, is nie maklik nie. Dit is presies wat met Argentinië gebeur het en hulle het 36-20 teen Australië verloor.
Vrou tydens rooftog by Pta-kuierplek geskiet
ʼn Jong vrou is Saterdag in die vroeë oggendure tydens ʼn rooftog by ʼn kuierplek in Moreletapark, Pretoria, geskiet.
Gewilde Afrikaanse sangeres verloof
“Ek is baie happy en baie happy om dit met julle te kan deel.”
‘Versorgingsinstansie steeds oop nadat psigiatriese pasiënte sterf’
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Vrydag gesê dat Precious Angels, ʼn nie-regeringsorganisasie in Pretoria wat glo verbind word met die dood van agt psigiatriese pasiënte wat in die organisasie se sorg was, steeds oop is en dienste lewer.
Bankbestuurder, nog 5 vas ná bankroof
Ses verdagtes, insluitende ʼn bankbestuurder, is Vrydag op die Kaapse Vlakte in hegtenis geneem in verband met ʼn bankroof wat in 2014 in Kuilsrivier plaasgevind het.
Jiba en Mrwebi versoek ‘spesiale verlof’
Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi, die twee hooggeplaaste amptenare van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat vroeër vandeesweek van die rol van advokate geskrap is, is op spesiale verlof geplaas.
‘ANC-binnegevegte’ rede vir Fransman se bedanking
Marius Fransman, voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, het Vrydag gesê hy het besluit om uit die provinsiale wetgewer te bedank aangesien faksies en binnegevegte in die ANC dit vir hom onmoontlik gemaak het om sy pligte in die wetgewer uit te voer
Dubbelgoud vir SA se Charl du Toit
Die Suid-Afrikaanse atleet Charl du Toit het Vrydag die land se eerste dubbelmedaljewenner by vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië geword.
Gedagte vir die dag: Goeie vrugte?
Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ’n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ’n slegte boom dra slegte vrugte. (Matteus 7:16)