Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, het bevestig dat die meerderheid van die partye hul samewerking gee in haar kantoor se ondersoek na bewerings van ʼn staatskaping, het DA-leier Mmusi Maimane Sondag gesê.
Lees meerAlles vir Sondag 18 September 2016
Polisieman geskiet toe hy rowers betrap
ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is Sondagoggend geskiet toe hy vyf rowers op heter daad betrap terwyl hulle ʼn motorhandelaar in Pinetown beroof het.
Onderwysdepartement gereed vir matriekeksamens
Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het Sondag gesê die departement is gereed vir die Graad 12 senior sertifikaat-eksamens wat op 26 Oktober afskop.
Ma vertel van ‘wonderwerk’ toe bakkie rol
Verlede Saterdagaand het Maryke le Roux, ʼn vierjarige blondekopdogtertjie van Winburg in die Vrystaat, sommer speel-speel met ʼn rooi pen ʼn kruis op haar keel geteken. Ure later het die bakkie waarin sy en haar gesin gery het verskeie kere oor die N1 gerol en is sy uit die rollende voertuig geslinger – sonder ʼn enkele skrapie.
Bekende kwaito-musikant Mandoza oorlede
Mandoza, die bekende kwaito-musikant, is Sondag in die ouderdom van 38 oorlede.
Geen luukse vlugte meer vir NMB-amptenare
“Onder vorige administrasies is ʼn buitensporige hoeveelheid geld aan luukse reise bestee in plaas van aan dienslewering. Daardie dae is verby.”
Brandstigters teiken nog ʼn skool in Vuwani-gebied
Nog ʼn skool in Limpopo se Malamulele-distrik het onder brandstigters deurgeloop nadat dit Sondag in die vroeë oggendure naby die Mukhomi-nedersetting aan die brand gesteek en heeltemal verwoes is.
Vier sterf toe motor teen boom bots
Vier mense is dood en twee beseer ná ʼn gru-ongeluk Sondag in die vroeë oggendure op Lynnwoodweg in Pretoria.
Vrou steek glo man oor geld dood
Oos-Kaapse polisiebeamptes het Saterdag ʼn 58-jarige vrou in hegtenis geneem nadat sy ʼn 31-jarige man glo tydens ʼn rusie oor geld doodgesteek het.
Man sterf toe bakkie brand
Een persoon is dood toe ʼn bakkie Saterdag op die R54 buite Potchefstroom gerol en langs die pad in vlamme uitgebars het.
Minstens 29 beseer in New York-ontploffing
Minstens 29 mense is beseer nadat ʼn ontploffing Saterdagaand die Chelsea-buurt in Manhattan, New York City, geruk het.
Paralimpiese Spele: Nog twee medaljes vir SA
Die atlete Dyan Buis en Hilton Langenhoven het Saterdag Span SA se medaljetelling by vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, nog ʼn hupstoot gegee deur onderskeidelik met ʼn goue en ʼn silwermedalje weg te stap.
‘Aangename’ SAL-vlug vir Zuma na New York
Pres. Jacob Zuma het Saterdag met ʼn SAL-vlug op die John F Kennedy-lughawe in die stad New York in die VSA geland vir die 71ste algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN).
Gedagte vir die dag: Vrugte vir almal
Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. (Filippense 4:17)