Verbruikers wil graag geld spaar in tye wat ʼn mens die rieme maar moet dun sny. Daarom klink ʼn aanbod om ʼn kontrak vir 24 maande te teken, wat sal verseker dat jou maandelikse betaling nie binne hierdie tydperk sal styg nie, na ʼn goeie idee. Maar sal goedkoop koop nie op die ou end duurkoop word nie?
Alles vir Dinsdag 20 September 2016
Skenk stamselle vir kankerlyertjies, pleit ma
Jordan is tans in remissie, maar weens die aard van sy kanker sal hy vir die res van sy lewe in remissie wees. Daar is ook ʼn kans dat sy kanker kan terugkeer. In so ʼn geval het hy geen ander keuse as om ʼn stamseloorplanting te kry nie.
Twee dood ná motor onder bus beland
Twee mense se liggame moes Dinsdag uit die verfrommelde wrak van ʼn motor gesny word wat tydens ʼn botsing onder ʼn bus beland het.
Ma in hof wat glo kind vasketting
ʼn 24-jarige vrou wat na bewering haar kind met ʼn ketting en slot vasgemaak het, sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Peddie naby King Williams Town in die Oos-Kaap verskyn.
Boek: Wat die hart van vol is
’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers, Peter Veldsman.
Tweede seisoen RSG-Radioteater beloof hope luistergenot
Danksy die groot sukses waarmee RSG vroeër vanjaar die eerste seisoen van Radioteater afgesluit het, het dié radiostasie pas ʼn tweede seisoen, met splinternuwe radiodramas uit die penne van skrywers soos Pirow Bekker en Dolf van Niekerk, aangekondig.
Meeste finaliste nóg vir Pendorings
Vanjaar se Pendoring-beoordelingspaneel moes drie dae lank spook om 108 finaliste, die grootste groep nóg, aan te wys wat om dié gesogte trofee meeding.
Misdaadtreffer soos ‘vuishou in die maag’
“As man verstaan ek nie wat verkragting vir ʼn vrou beteken nie, maar ek probeer dit begryp deur boeke te lees oor vroue wat deur so ʼn ervaring is. Ek probeer op daai manier die inligting deur my boeke oordra, om mense bewus te maak van hierdie kwessie.”
SA man sterf in Ghana kort ná hy pa word
ʼn KwaZulu-Natalse egpaar is in rou gedompel nadat hul seun in Ghana gesterf het, slegs ses weke ná die geboorte van sy eersteling.
Pleitooreenkoms met verdagte in internasionale porno-netwerk verwerp
Die direkteur van openbare vervolging (DOV) het ʼn pleitooreenkoms van ʼn man van Plettenbergbaai in die Wes-Kaap wat moontlik bande het met ʼn internasionale pornografie-netwerk, wat onder meer die verkragting van babas behels, verwerp.
Nuuskommentaar: Student teen student, regering teen regering; en die belastingbetaler hoes
Gaan wet en orde weer selektief toegepas word om die een of ander politieke klimaat te skep, of gaan daar nou op kampusse ingegryp word om studente wat wil studeer, en op staatsbeskerming daartoe geregtig is, nie al wéér vir die wolwe te gooi nie?
Troskie-baba: ‘Sleg dat hy nie in vrede kan rus’
Die surrogaatma van Tereza Troskie-Herbst (47) se seuntjie, Jayden Ben, wat ses dae ná sy geboorte oorlede is, het ʼn geregtelike doodondersoek aangevra.
Renault stel sy splinternuwe Mégane bekend
Renault het sopas sy splinternuwe mediumgrootte luikrug bekend gestel. ʼn Mooi volwasse ontwerp en vier verskillende enjin-ratkaskombinasies is beskikbaar.
[Video en foto’s] Betogings vlam weer op by universiteite
Na aanleiding van die departement van hoër onderwys se aankondiging dat universiteite self kan besluit oor fooiverhogings in studiegeld vir volgende jaar, het betogings weer by verskeie kampusse oor die hele land uitgebreek, hierdie keer onder die vaandel van #FeesMustFallReloaded.
Hoekom bou ons?
Die Solidariteit Beweging is bekend vir die selfdoen-instellings wat deurgaans op die been gebring word. Dié instellings fokus elkeen daarop om ’n spesifieke leemte in die gemeenskap te vul, hetsy dit welsynswerk, burgerregte of arbeidsake is.
Maroela Motors-padtoets: Peugeot 208: prettige buksie vol woema
Die Peugeot 208 GT-Line Outo is ‘n prettige buksie vol woema, meen Brendon Staniforth.
SA atletiek en atlete beur sterk boontoe
Suid-Afrika se atletiek het vanjaar ʼn oplewing getoon wat verder strek as die medaljes wat die atlete op die Olimpiese Spele losgeslaan en het vir die land ʼn skitterende vyfde plek op die medaljelys vir atletiek besorg.
Vrou in voertuig doodgeskiet
ʼn Vrou is dood en minstens vier mense kritiek beseer nadat gewapende mans Dinsdag op ʼn bewegende voertuig op die N12-snelweg aan die Oos-Rand losgebrand het.
Nuwe voorsitter vir Newcastle; Ferrari sy trots
Boschpick Newcastle Highlanders het pas sy jaarvergadering en prysuitdeling vir 2016 afgehandel.
Uitdrukking: Nie by iemand kan kers vashou nie
Taaltoffie ondersoek herkoms van die uitdrukking, “nie by iemand kan kers vashou nie”