Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, en sy vrou Priscilla Chan, het ʼn splinternuwe doelwit: om alle siektes teen die einde van hierdie eeu te genees, te bestuur of uit te roei.
Lees meerAlles vir Donderdag 22 September 2016
Repokoers bly onveranderd op 7%, kospryse styg
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers Donderdag onveranderd op 7% gelaat weens verbeterings in die inflasie-vooruitsig en die swak plaaslike ekonomiese uitsig.
Curriebeker: Dis alles of niks die naweek
Die Curriebeker-puntelys is op die oomblik ʼn deurmekaar gedoente, en in drie van die vier Curriebekerwedstryde die naweek is daar vir ten minste een van die twee spanne ʼn ononderhandelbare oorwinning op die spel.
Oud-SAID-werknemer gevonnis vir bedrog
ʼn Voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wat terugbetalings wat vir belastingbetalers bedoel was, in sy eie rekening inbetaal het, is Donderdag gevonnis.
Nog twee Kaapse polisiebeamptes vas oor korrupsie
Die polisie in die Wes-Kaap het Donderdag gesê nog twee beamptes is in die provinsie in hegtenis geneem as deel van Projek Olifant – om korrupsie onder beamptes aan die lig te bring.
Damvlakke nog kommerwekkend laag
Die gemiddelde damvlakke is nog op ʼn kommerwekkende 51,9%, het die departement van water en sanitasie Donderdag gesê.
ToekomsVenster: Die gebruik van ongewone tale of klanke
My Here en my God, baie dankie vir U Gees se inwonende teenwoordigheid in my lewe.
WP en Leeus gebruik hul Bokke, die Bulle nie
In teenstelling met die Goue Leeus en die Westelike Provinsie, sal die Blou Bulle nie die naweek in hul Curriebekerwedstryd van hul vrygestelde Springbokke gebruik maak nie.
Mynbaas ondersoek vir seksuele teistering
Die Assmang-groep se Black Rock-mangaanertsmyn in die Noord-Kaap ondersoek ʼn interne klagte van seksuele teistering waarby ʼn bestuurder en ʼn vrouewerker betrek word.
Soektog na vermiste Switserse man afgelas
Nadat daar ses dae lank onverpoosd gesoek is na Nick Wiesmann, ʼn Switserse burger wat Saterdagaand in raaiselagtige omstandighede tydens ʼn troue in die Laeveld Nasionale Botaniese Tuin in Nelspruit vermis geraak het, is die soektog vandag afgelas.
Wêreldrenosterdag: Meer mense moet aktief betrokke raak
Wêreldrenosterdag word jaarliks op 22 September gevier en dié dag is ʼn geleentheid om dié uitsonderlike diere se natuurlike skoonheid te vier, maar ook ʼn dag om die publiek opnuut te herinner aan die stropingskrisis waaronder dié diere gebuk gaan.
Die Voortrekkers: Ná 85 jaar steeds relevant
Die Voortrekkers vier vanjaar sy 85ste bestaansjaar en is ná agt dekades steeds ʼn relevante organisasie wat die moderne Afrikaner-jeug bemagtig om suksesvol te wees in sy roeping tot diens. Dié beweging is ʼn plek waar die jongspan waardevolle vaardighede en Christelike waardes aanleer.
Ontploffing lei tot gifwolk oor Pta-buurt
Talle mense moes Donderdag hul werkplekke in die ooste van Pretoria ontruim nadat ʼn ontploffing ʼn giftige gaswolk veroorsaak het.
Bykans 1 700 staatsamptemare afgedank vir korrupsie
ʼn Totaal van 3 570 staatsamptenare is sedert die bekendstelling van die regering se teenkorrupsie-inbellyn 12 jaar gelede vir korrupsie aangekla.
Van webwerf tot steun aan wildreservate met renosters
StopRhinoPoaching.com het onlangs 205 wildbewaarders van die Nasionale Krugerwildtuin toegerus met opleiding in taktiese noodhulpvaardighede.
Raad wil Motsoeneng glo weer aanstel
Die DA het die raad van die SAUK tot Maandag tyd gegee om te reageer op die stand van Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die openbare uitsaaier, se posisie by die korporasie nadat sy aanstelling deur die appèlhof ter syde gestel is.
Solidariteit Beweging gaan verder in krag van gemeenskapmedia belê
Die Solidariteit Beweging, as deel van die Beweging se 2020 Helpmekaarplan, aangekondig dat hy sy strategie ter bevordering van Afrikaanse gemeenskapmedia verder gaan uitbrei.
Tiener tydens huisroof verkrag
ʼn 18-jarige meisie is in haar ouerhuis in Welkom in die Vrystaat verkrag terwyl haar gesin tydens ʼn huisroof aangehou is.
[Foto’s] Wêreld se eerste in vitro-buffelkalf in Limpopo gebore
Pumelelo, die eerste buffelkalf nóg wat met behulp van in vitro-bevrugting voortgebring is, is Donderdag op die Lekkerleef Buffalo Ranch naby Marble Hall in Limpopo bekendgestel.
Vergete ondergrondse Jhb-tonnels word dalk ikoniese wandelpaaie
ʼn Drie kilometer lange versteekte ondergrondse tonnelnetwerk wat onlangs in Johannesburg se middestad ontdek is, kan dalk binnekort tot nuwerwetse wandelpaaie, kompleet met koffiewinkels en parke, omskep word.