Polisiebeamptes moes Donderdagoggend traangas op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) afvuur terwyl betogende studente die polisie vanuit een van die koshuise met klippe bestook het.
Alles vir Donderdag 22 September 2016
Wynland-tolprojek: Sanral se appèl geweier
Die appèlhof het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aansoek om verlof tot appèl rakende die Wynland-tolprojek van die hand gewys.
Die wêreld in foto’s – 22 September
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Een van twee vas vir aanranding op countrysangeres se pa
Een van die twee mans wat na bewering die countrysangeres Mari Minnaar se pa by ʼn vulstasie buite Rustenburg in Noordwes erg aangerand het, is in hegtenis geneem.
Madonsela dra by tot #FeesMustFall-fonds
Thuli Madonsela, die openbare beskermer, het Woensdag beloof om by te dra tot ʼn fonds wat geld insamel vir arm studente se tersiêre studie in reaksie op die #FeesMustFall-krisis.
Zoid-droom word waar met Kunstekaap-solo
“Om ʼn solovertoning in die Kunstekaap te doen is ’n groot hoogtepunt in my loopbaan. Dit is fantasties om die hele teater vir myself te hê,” het Karen Zoid gesê.
Woede oor Tuks se reses-‘plan’
Personeel en studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) is woedend oor die aankondiging dat toetse en klasse in die Oktober-reses gehou sal word weens die voortslepende studentebetogings.
Stem vir jou SA’ner van die Jaar
Die Suid-Afrikaner van die Jaar-toekenning, ʼn inisiatief deur meesterbraaier en televisiepersoonlikheid Jan Braai en ook die boetie van Nasionale Braaidag, sonder jaarliks op Erfenisdag ʼn enkele Suid-Afrikaner uit vir sy of haar besonderse prestasie.
Video: Bye red boere van olifantskade
Dit is nog ʼn goeie bewys van hoe mense sáám met pleks van téén die natuur kan werk. Die landerye word nou met rus gelaat en die neweproduk is heuning, wat ten duurste aan ʼn gretige mark verkoop word.
Nooi Graham Henry ook uit
Kom ons gooi `n klip in die bos en nooi Graham Henry ook uit na die komende afrigtersberaad.
Drie vas oor wrede piksteel-aanval
Drie mans is in hegtenis geneem nadat twee paartjies vroeër vandeesmaand met pikstele aangerand is toe hulle by Rand Water se terrein visgevang het.
Nuuskommentaar: As Afrikaans sy kop optel …
As die Afrikaner en Afrikaanssprekende toelaat dat Erfenisdag van erfenis gestroop word, word dit gereduseer tot ’n paar rieldanse voor die TV en dat diegene wat nog ’n vleisie kan bekostig, dit Saterdag op die kole gooi.
Motordiefstalsindikaat oopgevlek
Die Limpopo-polisie het Woensdagaand ʼn sindikaat oopgevlek wat gesteelde en gekaapte voertuie van Suid-Afrika na Zimbabwe smokkel.
Goue Beker: etlike sleutelstryde wag Saterdag
Verskeie sleutelkragmetings wag Saterdag in die derde wedstrydronde van die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker.
Video: My Afrikaans is…
Hierdie advertensie in die Afrikaans.com-veldtog raak Afrikaanssprekendes se harte landswyd en word wyd op sosiale media gedeel.
Sol-Tech: ‘n kampus wat werk
Die Solidariteit Beweging se tegniese kollege, Sol-Tech, het in 2013 sy kinderskoene vir grootmensskoene verruil toe hy die huidige groter kampus in gebruik geneem het. Vandag, drie jaar later en in sy tiende bestaansjaar, is dit een van die suksesvolste kampusse in Suid-Afrika, wat met trots kan sê: “Ons kampus werk!”
Steeds geen teken van vermiste toeris
Die soektog na Nick Wiesmann (76), die Switserse toeris wat Saterdagaand in raaiselagtige omstandighede tydens ʼn troue in die Laeveld Nasionale Botaniese Tuin in Nelspruit vermis geraak het, sal vandag met ʼn groter soekspan voortgaan.
[Video] Trokdrywer roskam betogende studente
ʼn Vragmotorbestuurder van Touwsrivier het die internet op hol nadat hy ʼn video op Facebook geplaas het waarin hy betogende studente behoorlik roskam oor hulle gedrag. WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal.
Kommer oor ‘giftige’ hoendervleis
Talle “siek” hoenders is vandeesweek op ʼn Limpopo-plaas gesteel wat glo skadelik vir mense kan wees wat die vleis eet.
[Resensie] Adam – ‘Hoogtevrees’
Die kanse is goed dat hierdie album nie net hul gewildste een tot dusver kan wees nie, maar ook met ʼn paar toekennings kan wegstap.